Reuse-dwelmvonds by Ariamsvlei  - October 20, 2025

Daar word berig dat Ariamsvlei-grensbeamptes in die vroeë oggendure van Sondag ‘n reuse-dwelmvonds gemaak het onder die bruggie by die grens. Beamptes het vreemde spore gevind en dit gevolg wat tot die dwelmvonds gelei het. Drie groot bagasie-sakke met 60,5 kilogram dagga en 4 073 Mandrax-tablette is gevind. Die mag sê die waarde word geraam […]

Read More

Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken  - October 20, 2025

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby ‘n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC in ‘n swak lig te […]

Read More

Twee dood na vragvliegtuig aanloopbaan verlaat in Hongkong  - October 20, 2025

Minstens twee mense is dood toe ʼn vragvliegtuig by die Hongkong Internasionale Lughawe van die aanloopbaan geloop en in die see beland het. Die Emirates-vlug van Dubai het tydens landing ʼn voertuig getref en twee lede van die lughawe se grondpersoneel het in die see geval. Hulle is gered, maar het later in die hospitaal […]

Read More

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging  - October 20, 2025

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is ‘n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in te dien wat werklike uitdagings […]

Read More

Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang  - October 20, 2025

Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede beïnvloed steeds skoolbywoning, akademiese prestasie […]

Read More

GRN-aanstellings: Daar’s ander maniere om geld te spaar - October 20, 2025

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag ‘n moratorium ingestel op die werwing van nuwe personeel in alle […]

Read More

Aanklaer by Ondangwa-laerhof geskiet, met suur gegooi - October 20, 2025

‘n Dertigjarige vrou, Justine Shiweda, ‘n aanklaer by die landdroshof op Ondangwa, is Vrydagoggend deur twee onbekende mans met balaklavas aangeval. Hulle het ‘n ruit in haar motor uitgeslaan en haar daarna drie keer met ‘n pistool in haar dy geskiet, voor haar kinders. Daarna het verdagtes suur oor  haar en die hele binnekant van die motor […]

Read More

IPC eis verskoning van ECN, en sê verklaring moet teruggetrek word - October 20, 2025

Die Independent Patriots for Change het uitlatings van die Verkiesingskommissie van Namibië skerp veroordeel wat sê die party se indien van nominasies vir die komende streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing voldoen nie aan die bepalings van die Kieswet nie. Die IPC sê die ECN se aantygings is vals, misleidend en venynig. Die party dring aan op […]

Read More

Louvre, helder oordag, beroof van juwele - October 20, 2025

Die Franse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n bende wat waardevolle juweliersware uit die Apollo-kamer in die Louvre-museum in Parys gesteel het. Dit blyk dat die bende ‘n meganiese leer gebruik het om toegang tot die eerste verdieping te verkry voordat hulle uitstallingskaste gebreek en op bromponies ontsnap het. Dit het in […]

Read More

Saara vra inklusiewe leierskap - October 20, 2025

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens haar toespraak by die 151ste algemene vergadering van die Interparlementêre Unie in Switserland die naweek die belangrikheid van inklusiewe leierskap en geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het ‘n beroep gedoen vir sterker ondersteuningsstelsels, mentorskapinisiatiewe en welstandprogramme.

Read More