Indiese vlugramp: Dodetal staan op 270 - June 16, 2025

Dokters in Indië sê 270 liggame is op die toneel van Donderdag se Air India-vliegramp in Ahmedabad gevind. Die vliegtuig was op pad na Londen toe dit kort na opstyging in ‘n bewoonde gebied neergestort het. Net een persoon het oorleef, met die res van die 242 passasiers en bemanningslede aan boord wat almal dood […]

Read More

Rayno raap nog ‘n titel op - June 16, 2025

Die Suid-Afrikaanse gewigopteller Rayno Nel is die wenner van die Sterkman Kampioenskap Wêreldtoer in Nederland waar hy 14 kragmanne van oor die wêreld uitgestof het. Dis sy derde agtereenvolgende titel. Die Hollander Kevin Hazeleger was tweede, met Adam Roszkowski van Pole in die derde plek. Nel het in Mei geskiedenis gemaak toe hy die eerste […]

Read More

Drie moorde die naweek, sê NamPol - June 16, 2025

Twee mense is vermoedelik die afgelope naweek in Windhoek vermoor. Saterdagoggend omstreeks 03:00 is ‘n 21-jarige vrou naby die Havana-stortingsterrein dood nadat drie onbekendes haar en haar kêrel na bewering aangeval het. Die kêrel het glo weggehardloop. Met sy terugkeer het hy die oorledene huis toe gedra. Sy was egter reeds dood toe die ambulans […]

Read More

Landbou waarsku oor Facebook-slenter - June 16, 2025

‘n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die landbouministerie ‘n inisiatief geloods het vir klein- en korttermyn besighede. Volgens die plasing kan die publiek aansoek doen vir befondsing. Dit dui ook aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry. Die plasing vat die publiek na ‘n skakel om persoonlike inligting in te vul. Dit […]

Read More

R700m vir Nasionale Dialoog is roekeloos – Cosatu - June 16, 2025

Cosatu het die voorgestelde begroting van 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nasionale Dialoog as roekeloos en uit voeling verwerp. Matthew Parks van die vakverbond sê die voorstel is ‘n belediging vir sukkelende Suid-Afrikaners wat moet besuinig en die hoë lewenskoste in die gesig staar. Terwyl Cosatu die doelwitte van die dialoog ondersteun, het Parks […]

Read More

Hamilton verpletter na hy marmot doodry - June 16, 2025

Lewis Hamilton sê hy is geskok nadat hy gehoor het dat hy ‘n marmot in die Kanadese Grand Prix doodgery het. Die slag het vloer van sy Ferrari aansienlik beskadig en sy wedrenprestasie geaffekteer. Hamilton se Franse bulhond genaamd Roscoe word gereeld saam met hom by wedrenne gesien. Hy sê hy het nie die marmot […]

Read More

Uitspraak vandag verwag in DRK-generaal se saak - June 16, 2025

Uitspraak is vir vandag neergelê in die saak van die DRK se afgetrede generaal, François Olenga, teen die Bank van Namibië oor meer as 40 miljoen Namibiese dollar in ‘n plaaslike bankrekening, nadat die sentrale bank besluit het om die fondse in die rekening aan die staat te verbeur. Die bank sê die Finansiële Intelligensiesentrum […]

Read More

Talle kiesafdelings stem môre - June 16, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië is besig om 845 kiesbeamptes op te lei vir die tussenverkiesings wat môre in die Grootfontein, Kabbe Suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein kiesafdelings gehou sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat meer vertel oor die tussenverkiesings.

Read More

Mashatile lei Jeugdag-vieringe in SA - June 16, 2025

Die adjunkpresident, Paul Mashatile, is die hoofspreker by die 49ste Nasionale Jeugdag-herdenking by die Noordwes-Universiteit se Joolplaas-stadion in Potchefstroom. Hy neem waar vir president Cyril Ramaphosa, wat die G7-beraad in Kanada bywoon. Die geleentheid, onder die tema “Vaardighede vir die Veranderende Wêreld – Bemagtiging van die Jeug vir Betekenisvolle Ekonomiese Deelname” vereer die Soweto-opstand van […]

Read More

Daar sal vrede wees as Iran uitgewis word – Bibi - June 16, 2025

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê Arabiese state kan vir hulself praat, maar hy glo daar is ‘n wonderlike toekoms as Iran uitgeskakel word. Hy sê Die Abraham-ooreenkomste het vrede tussen Israel en vier Arabiese state bewerkstellig en sonder Iran, behoort vrede te hou. Intussen het ‘n Iranse missiel die Amerikaanse ambassade in Israel beskadig […]

Read More