Stygende voedselpryse beperk inflasie inkrimping - June 16, 2025
Hooflyninflasie in Mei was 3,5 persent, effe laer as die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Voedselpryse styg steeds, met vrugte wat op ‘n jaargrondslag 15,5 persent duurder was, olie en vette en vis 9,1 persent duurder, terwyl vleis jou 8,8 persent meer uit die sak gejaag het. Jou koppie koffie of tee het […]
Vier selfmoorde oor die naweek - June 16, 2025
Vier mans het die afgelope naweek in afsonderlike voorvalle selfdood gepleeg. Vrydag het die polisie op liggame in die Okapya- en Oshaakondwa-nedersettings, asook op Gibeon afgekom. Al drie mans het hulself gehang. Saterdagoggend is ‘n selfdood ook op Leonardville aangemeld. Ook dié oorledene het homself gehang. Die ouderdomme van die mans wissel van 18 tot […]
Sadou eis dat Bela-riglyne teruggetrek word - June 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se riglyne oor die Bela-wet veroordeel en sê haar optrede is onwettig en ongrondwetlik. Sadou-woordvoerder Nomusa Cembi sê die wet laat slegs regulasies toe en nie riglyne nie. Sy het die minister van politieke inmenging beskuldig. Sy sê die vakbond eis die terugtrekking […]
Israel se nasionale redery verleng opskorting van vlugte - June 16, 2025
Israel se nasionale lugredery El Al het weens die voortslepende konflik tussen Israel en Iran alle vlugte tot ten minste 19 Junie opgeskort, met bykomende kansellasies na baie Europese stede tot 23 Junie. Die lugdiens het vroeër alle vlugte tot 17 Junie gekanselleer, met die land se lugruim wat steeds gesluit is. El Al sê […]
Dwelms bly ‘n kopseer vir NamPol - June 16, 2025
Vier verdagtes is die afgelope naweek in afsonderlike dwelmverwante voorvalle in hegtenis geneem. Twee van die arrestasies was op Walvisbaai. Die polisie het Vrydagaand ‘n vrou in Narraville in hegtenis geneem omdat sy na bewering in besit van dagga ter waarde van 850 Namibiese dollar was. Dieselfde aand is ‘n man in Kuisebmund in boeie […]
RISE herdenk Jeugdag te midde van verskeie oproepe - June 16, 2025
Die leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, beklemtoon die noodsaaklikheid om die nalatenskap van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 te eerbiedig, ter ere van die jeug wat teen apartheid se onderwysbeleid gestaan het. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Mabine Seabe, sê Zibi doen ‘n beroep op die stryd teen misdaad, korrupsie, honger en probleemdobbelary, […]
Iran het ‘n reg tot self-verdediging - June 16, 2025
Iran se ambassadeur na Brittanje, Seyed Ali Mousavi, sê Iran het ook ‘n reg tot selfverdediging. Hy sê verder, in sy woorde, dat die barbaarse Israeliese regime oortree internasionale reg. Hy beskryf Israel se optrede in onlangse dae as ‘n daad van aggressie teen die Iranse volk. Hy het met SkyNews gepraat. Sy aanmerkings kom […]
Fritz palm eerste ATP titel in Stuttgart in - June 16, 2025
Taylor Fritz het Alexander Zverev in Stuttgart in skoon stelle verslaan en sy eerste ATP-titel van die seisoen gewen. Die Amerikaner het ‘n maklike oorwinning van 6-3, 7-6 behaal ten spyte van ‘n reënonderbreking vroeg in die tweede stel. Fritz het nou sy laaste vyf wedstryde teen Zverev gewen en opgeskuif na die vierde plek […]
Dis die Afrika-kind se dag - June 16, 2025
Vandag word die Dag van die Afrika-kind gevier. Die tema vanjaar is die beplanning van en begroting vir kinderregte en die vordering wat sedert 2010 hiermee gemaak is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rivaldo Kavanga, ‘n plaaslike aktivis vir kinders, gepraat.
Oorlog in die Midde-Ooste dryf olie op met 14% - June 16, 2025
Midde toenemende konflik tussen Israel en Iran het Brent-oliepryse Vrydag 7 persent hoër as die vorige dag gesluit ná dit vroeër die dag die hoogste vlak sedert 27 Januarie vanjaar bereik het. Brent het vanoggend handel net onder 75 Amerikaanse dollar per vat oopgemaak, meer as 14 persent hoër as die vorige week. Beleggers is […]