Vrae oor betalings aan Air Namibia-likwidateurs - June 16, 2025

Plaaslike media berig dat die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni en Ian McClaren, wat tans in die hof poog om die betaling van skeidingspakkette aan die voormalige personeel te keer, self tot dusver 16 miljoen Namibiese dollar betaal is vir die likwidasie dienste. Dit is volgens Namibian Sun, wat ook berig die voormalige werkers […]

Read More

Namibië het nou 25 politieke partye, ontleder sê - June 16, 2025

Namibië het verlede week twee nuwe politieke partye ryker geraak. Die People United for Change en die Namibia Progressive Party is amptelik by die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Dit bring die aantal geregistreerde politieke partye in die land op 25 te staan. Is ‘n verskeidenheid van politieke partye ‘n teken van ‘n gesonde demokrasie? Kosmos […]

Read More

Amper 30% van meisies tussen 13 en 15, rook - June 16, 2025

Die jongste data van die Wêreldgesondheidsorganisasie toon dat net meer as 31 persent van Namibië se jongmense tussen die ouderdom van 13 en 15 gebruik tabakprodukte. Volgens Richard Banda, die plaaslike WGO-verteenwoordiger, is die groter meerderheid, 29,9 persent van die totaal meisies. ‘n Totaal van 11,2 persent van Namibiërs bo die ouderdom van 15 rook. […]

Read More

NamPol bly besig met oorgrens smokkelary - June 16, 2025

Die polisie in die Ohangwena-streek ondersoek twee sake van die besit van onwettige goedere, insluitende brandstof. Vrydagaand het die polisie toegeslaan op drie voertuie in die Ongha-nedersetting met ‘n vrag sigarette, drank, tweedehandse klere en brandstof. Die waarde van die goedere is nog nie vasgestel nie. Die verdagtes het op vlug geslaan toe hulle die […]

Read More

VN se Vigsagentskap waarsku stryd teen siekte is van koers af - June 16, 2025

Die direkteur van die Verenigde Nasies se Vigs-agentskap, Winnie Byanyima, waarsku dat wêreldwye pogings om MIV/Vigs teen 2030 uit te wis, van koers af is as gevolg van die verlies aan lewensreddende befondsing en ontwrigting van dienslewering. Met 8 miljoen mense wat met MIV in Suid-Afrika leef, het Byanyima welvarende lande aangemoedig om op te […]

Read More

Verskeie rampe tref Indië - June 16, 2025

Minstens twee mense is dood en meer as 30 beseer toe ‘n brug Sondag in Indië ineengestort het. Verskeie mense is in die proses vermoedelik ook deur die Indrayani-rivier in die stad Pune meegesleur. Indië se nasionale ramp-reaksiemag is ontplooi om te help. Vroeër Sondag het ‘n helikopter met Hindoe-pelgrims ook in die omgewing van […]

Read More

Welwitschias werk aan dissipline in aanloop tot Puma-kragmeting - June 16, 2025

‘n Taai stryd wag die komende naweek op Namibië se Welwitschia-rugbyspan wanneer hulle teen die Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion in Windhoek uitdraf. Jacques Burger, die direkteur van die Namibiese Rugby-unie, sê die span gaan vandeesweek aan hul dissipline werk ná hulle die afgelope naweek ‘n naelskraapse oorwinning van 22-19 teen Uganda behaal het.

Read More

Krieket: Protea-vroue wen in Barbados  - June 15, 2025

Dis een elk in die reeks van drie eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande nadat die Protea-vroue Saterdag die tweede wedstryd met 40 lopies by die Cave Hill Oval in Barbados gewen het. Die Suid-Afrikaners se kolforde het uitgeblink met 309 vir 9, insluitend Sune Luus se 76 van net 65 balle. Nondumiso Shangase het […]

Read More

Israelse lugaanvalle eis nóg 12 in Gaza  - June 15, 2025

Plaaslike gesondheidsowerhede sê minstens 12 Palestyne is vandag regoor Gaza in Israelse lugaanvalle dood. Ten minste vyf van hulle is naby twee hulpsentrums dood wat deur die VSA-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation bedryf word. Medici by die Al-Awda-hospitaal in die sentrale Gazastrook sê ten minste drie mense is dood en tientalle gewond in Israelse vuur toe hulle probeer […]

Read More

Bosa: Voorgestelde wetwysiging verbloem loonongelykheid  - June 15, 2025

Build One South Africa sê die voorgestelde wysiging van die Wet op Gelyke Indiensneming verbied werkgewers om vorige betaalstrokies te gebruik om salarisse vas te stel. Die partyleier Mmusi Maimane sê dit verskans loonongelykheid en beperk werkers tot lae-inkomste siklusse. Hy versoek deursigtigheid en billike werksadvertensies. Maimane sê dit bevorder waardigheid en ekonomiese deelname, veral vir […]

Read More