Namibië verbind tot gesonde, veilige werksplek - June 15, 2025

Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige werksplek vir almal, het Immanual […]

Read More

N/a’an ku sê ‘n miernes van bedrywighede - June 15, 2025

Die N/a’an ku sê-stigting is besig met verskillende projekte om die natuurlewe in die land te beskerm, en een daarvan is hul eie teen-stropingseenheid. Die stigting het ook ‘n kliniek in Epukiro om gesondheidsorgdienste aan die San-gemeenskap te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, een van die medestigters van N/a’an […]

Read More

Ramaphosa op pad na G7-beraad , wêreldleiers - June 15, 2025

President Cyril Ramaphosa het na Kananaskis, Kanada, vertrek om die 2025 G7-leiersberaad by te woon. Hy sal bilaterale gesprekke voer met die Kanadese premier Mark Carney, die Duitse kanselier Friedrich Merz, en ‘n tweede keer met president Donald Trump ontmoet. Die beraad fokus op energiesekerheid, innovasie en sterk mineraal-voorsieningskettings. Ramaphosa beoog om G7-pogings in ooreenstemming […]

Read More

‘Oorlog is ook ‘n klimaatskrisis’  - June 15, 2025

Die Klimaatgeregtigheidskoalisie sê oorlog is nie net ʼn menseregtekrisis nie, dis ook ʼn klimaatskrisis. Navorsing deur die Klimaat- en Gemeenskapsprojek toon koolstofvrystellings was in die eerste 60 dae van die konflik tussen Israel en Gaza in 2023 meer as die jaarlikse vrystellings van meer as 30 lande. Sonkrag wek sowat ʼn kwart van Gaza se […]

Read More

Sokker: Bafana Bafana pak Angola in Cosafa-eindstryd  - June 15, 2025

Bafana Bafana speel vandag teen die verdedigende kampioen Angola in die 2025 Cosafa-beker-eindstryd in Bloemfontein. Suid-Afrika het hul plek verseker met ‘n 3-1 oorwinning oor die Comore, terwyl Angola Madagaskar met 4-1 geklop het. Afrigter Vela Khumalo het ‘n aggressiewe begin vir Bafana beklemtoon. Suid-Afrika, wat tiende in Afrika is, soek hul vierde titel, terwyl […]

Read More

Planne om meer water in Erongo te ontsout - June 15, 2025

Planne is onderweg om die kapasiteit van die Erongo-ontsoutingsaanleg te vergroot. Volgens die Franse operateur Orano lewer die aanleg tans 22,5 miljoen kubieke meter water jaarliks en word beplan om dit na 25 miljoen kubieke meter te verhoog. Sou die vraag dit regverdig, kan die aanleg se kapasiteit selfs tot 45 miljoen kubieke meter per […]

Read More

Mthatha-dam nie oorsaak van vloede - June 15, 2025

Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê die oorloop was natuurlik en […]

Read More

‘Brittanje nie in oorlog gewikkel’ - June 15, 2025

Brittanje se finansminister, Rachel Reeves, sê hoewel die moontheid die afgelope 24 uur onder meer stralers na die Midde-Ooste gestuur in reaksie op die konflik tussen Israel en Iran, beteken dit nie die Verenigde Koninkryk is in ‘n oorlog betrokke nie. Reeves sê die doel van Brittanje se toenemende teenwoordigheid in die Midde-Ooste is om sy […]

Read More

Gholf: Thriston Lawrence steeds in die veld by Amerikaanse Ope - June 15, 2025

Suid-Afrika se Thriston Lawrence het na die derde ronde gister steeds ‘n kans by die Amerikaanse Ope by Oakmont. Lawrence het ‘n baansyfer 70 gespeel wat hom op 211 gelaat het, drie houe agter die voorloper Sam Burns van die VSA. Die ander Suid-Afrikaner wat steeds in die veld is, Christiaan Bezuidenhout, het die ronde […]

Read More

Veldbrand woed op regeringsplaas in Kunene  - June 15, 2025

‘n Veldbrand woed op die hervestigingsplaas Omutambo Maowe op die grens van die Kunene- en Omusati-streke. Omutambe is deel van die regering se grondhervormingsprogram en is veronderstel om die weidingsdruk van kommunale boere te help verlig. Volgens ‘n bron van Kosmos 94.1 Nuus is daar geen brandpaaie om die plaas nie. Toerusting om brandpaaie te skep, […]

Read More