Polisie gryp Mosambieker in Kruger Park - June 15, 2025
‘n Mosambiekse burger is gearresteer vir onwettige vuurwapenbesit en betreding in die Kruger Nasionale Park se Satara-gebied. Veldwagters het Saterdag drie verdagtes naby die Ngotso-dam teëgekom. Een het losgebrand en ‘n skietgeveg het uitgebreek waartydens twee verdagtes gewond is. Een het later beswyk. Die derde verdagte het gevlug. Daar is beslag gelê op onder meer […]
Dodetal styg in Air India-vlugramp - June 15, 2025
Die dodetal in Donderdag se Air India-vliegtuigramp het tot 279 gestyg. Dié syfer sluit 38 mense in wat dood is toe ‘n Boeing 787-8 Dreamliner onderweg na Londen, naby Ahmedabad se lughawe in Indië op ‘n woongebied neergestort het. Die owerhede het die liggame van 12 slagoffers reeds aan hul families oorhandig. Intussen het DNS-toetse […]
Proteas het SA trots gemaak, sê Ramaphosa - June 15, 2025
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se krieketspan gelukgewens met die oorwinning van die IKR Wêreldtoetskampioenskap teen Australië gister op Lords in Londen. Die Proteas het op die vierde dag met vyf paaltjies gewen. Die bydraes van kaptein Temba Bavuma en kolwer Aiden Markram het die knoop deurgehaak. Hulle het onderskeidelik 69 en 136 in hul […]
Twee betrap met vermoedelik N$6m se dagga - June 15, 2025
Twee mans sal na verwagting môre in die landdroshof op Karasburg verskyn ná hulle met dwelms ter waarde van bykans ses miljoen Namibiese dollar in hul besit betrap is. Die verdagtes, een van Tanzanië en die ander van Eswatini, is Donderdagnag tussen die grensposte op Ariamsvlei en Nakop vasgetrek. Hulle het na bewering bykans 117,4 kg […]
SA-vloede: Strenger wetstoepassing teen onwettige konstruksie nodig - June 15, 2025
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê wette moet afgedwing word om te keer dat mense in vloedgebiede bou. Ten minste 86 mense het die afgelope week in die Oos-Kaap omgekom. In reaksie op die 2022-oorstromings in KwaZulu-Natal, wat 443 lewens geëis het, het Ntuli gesê mense wat wins maak uit onwettige ontwikkelings vererger die […]
Honderdduisende betoog teen Trump - June 15, 2025
President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur ‘n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade begin het, het honderdduisende Amerikaners […]
Grand Prix: Russell troef Verstappen in Montreal - June 15, 2025
Die Mercedes-jaer George Russell het Red Bull se Max Verstappen getroef om in die voorste posisie weg te spring in vandag se Kanadese Grand Prix in Montreal. Russell het Saterdag die beste tyd in die laaste kwalifiserende ronde aangeteken. Die kampioenskapsvoorloper, Oscar Piastri, sal van die derde plek af wegspring, terwyl sy titelmededinger en McLaren-spanmaat, […]
Besproeiingskemaprojek by Neckertal hopelik binnekort hervat - June 15, 2025
‘n Beswaar wat onlangs ingedien is teen ‘n suksesvolle bieër vir die ontwerp van die tweede fase van die Neckartal-dambesproeiingskema het die projek se langverwagte implementering vertraag. Die beswaar word tans deur die beoordelingsraad hersien, wat na verwagting binnekort ‘n besluit sal neem, sê die waarnemende adjunk-uitvoerende direkteur van die landbouministerie, Ben Haraseb. Volgens Haraseb […]
Trump-tariewe skeur klerebedryf in Lesotho - June 15, 2025
Duisende werkers is in Lesotho se klerebedryf afgelê weens ‘n dreigende 50-persent Amerikaanse invoertarief. Fabrieke in Maseru se Thetsane-nywerheidsgebied het bedrywighede vir minstens drie maande opgeskort weens bestellings wat opgedroog het. Vakbonde waarsku dat tot 20 000 werksgeleenthede in gevaar is. Die regering het nog nie sy steun aangebied nie, terwyl fabriekseienaars skarrel om Suid-Afrikaanse […]
FBI-soektog ná sluipmoord in Minnesota - June 15, 2025
‘n Gewapende man wat hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het, het Saterdag ‘n senior Demokratiese wetgewerslid en haar man in ‘n oënskynlike polities gemotiveerde sluipmoord vermoor. Die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, sê die gewapende man het ook ‘n tweede wetgewerslid en sy eggenoot gewond. Die polisie en FBI is op soek na die verdagte […]