SA polisie lê beslag op vuurwapens, militêre toerusting - June 14, 2025
Drie verdagtes is in Port St. Johns, Oos-Kaap, gearresteer in ‘n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie. Die polisie het beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens en militêre toerusting. ‘n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê taktiese reaksie- en gevegspanne het twee huise in Tombo en Mthumbane deursoek en op gewere, pistole, ammunisie en AK-47’s afgekom. Die verdagtes gaan van verskeie […]
Australië voorloper as COP31-gasheerland - June 14, 2025
Australië is tans die voorloper om volgende jaar die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingkonferensie, COP31, aan te bied. Die land het egter nie sy teiken van ʼn 43-persent-verlaging in vrystellings volgens die Parys-verdrag gehaal nie, wat aardverwarming laer as 1,5-grade Celsius wil hou. Die regering moet ook nog sy verminderingsteiken vir 2035 aankondig, terwyl die sperdatum […]
Rugby: Rassie gaan voort met rotasiebeleid - June 14, 2025
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy sal voortgaan met sy span-rotasiebeleid. In 2024 het hy 50 spelers in 13 toetswedstryde gebruik en 12 nuwelinge ingespan. Erasmus het nege nuwelinge in sy groep van 55 vir die kragmeting teen die Barbarians op 28 Junie en toetse teen Italië en Georgië in Julie. Hy sê hulle wil iets […]
Droogtehulp: Meer as N$101m se eise uitbetaal - June 14, 2025
Die regering het meer as 101 miljoen Namibiese dollar in totaal aan sowat 23 200 boere uitbetaal as deel van die aansporingsprogram vir die bemarking van lewendehawe. Meer as 25 400 subsidie-eise is sedert Oktober 2023 ingedien, sê eerste minister Elijah Ngurare. Eise van bykans nege miljoen dollar in totaal word nog verwerk, sê Ngurare. […]
Oos-Kaap rou oor vloedslagoffers - June 14, 2025
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as ‘n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families te ondersteun. Nadoodse ondersoeke is […]
Iranse missiele reën neer op Israel - June 14, 2025
Iran en Israel het mekaar vroeg vanoggend met missiele en lugaanvalle bestook nadat Israel sy grootste lugoffensief ooit teen sy langdurige vyand van stapel gestuur het. Israel hou vol dit is ‘n poging om te verhoed dat Iran ‘n kernwapen ontwikkel. Lugaanvalsirenes het oor Israel afgegaan, insluitend Tel Aviv en Jerusalem, waar inwoners na skuilings […]
Sokker: Real Madrid tienerster ryker - June 14, 2025
Real Madrid het ‘n sesjaarkontrak met die tiener-spelmaker Franco Mastantuono van River Plate gesluit. Volgens die Spaanse media sal die 17-jarige aanvallende middelveldspeler Madrid 933 miljoen rand kos, terwyl Argentynse berigte spekuleer dat die bedrag selfs 1,2 miljard rand kan beloop. Mastantuono sal hierdie somer nog vir River Plate in die Klubwêreldbeker in Amerika speel […]
Passasiersyfers na Namibië koers opwaarts - June 14, 2025
Meer as 102 400 passasiers het in April op lughawens in Namibië geland en vertrek, toon die jongste data van die Namibiese Statistiekagentskap. Dit is beduidend meer as die syfer van Maart én van April 2024, wat beide minder as 100 000 was. Meer as 80 persent van passasiers het deur die Hosea Kutako Internasionale […]
SA verwelkom eerste soldate uit DRK - June 14, 2025
Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat Vrydagaand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga het hul toewyding aan vrede […]
Israel-, Iran-aanvalle ontwrig lugverkeer - June 14, 2025
Internasionale lugverkeer is ontwrig ná Israel se aanvalle op Iran Vrydag, met verskeie groot lugdienste wat vlugte na en van plekke in die Midde-Ooste opgeskort en hul vliegtuie herlei het om die streek se lugruim te vermy. Kommersiële vlugte het Vrydag onttrek uit die lugruim bo Iran en Israel, sowel as Jordanië, Sirië en Irak. Volgens […]