Gholf: Storms, weerlig stuit Amerikaanse Ope - June 14, 2025
Die tweede ronde van die Amerikaanse Ope by Oakmont, Pennsilvanië, is weens storms en weerlig opgeskort. Thriston Lawrence van Suid-Afrika was op 4-oor in sy ronde na 17 putjies en 1-oor vir die toernooi toe spel gestaak is. Spel hervat vandag, voor die afsnypunt gefinaliseer word. Sam Burns, wat steeds voorloop, het die oggend 5-onder-65 […]
Cholera-uitbreking op Opuwo vermoed - June 14, 2025
Die gesondheidsministerie het teen ‘n vermoedelike uitbreking van cholera op Opuwo in die Kunene-streek gewaarsku. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood. Die ander een is in ‘n isolasiesaal en herstel. Voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Nóg ‘n kind en […]
Verban ‘Kill the Boer’ op Potch, sê AfriForum - June 14, 2025
AfriForum Jeug kritiseer die Noordwes-Universiteit nadat ‘n vergadering oor die sing van die omstrede ‘Kill the Boer’-dreunsang op die kampus, uitgestel is. Yvonne Gerber van die groep sê die vergadering is nou vir ‘n tweede keer uitgestel terwyl die universiteit versuim het om die lied in die openbaar te veroordeel. Gerber beklemtoon dat studente ‘n […]
Trump mág Nasionale Wag ontplooi, beslis hof - June 14, 2025
President Donald Trump kan voortgaan met die ontplooiing van Nasionale Wag-soldate in Los Angeles. Dit volg na ‘n hofuitspraak terwyl die betogings teen immigrasie-klopjagte na verwagting vir ‘n tweede week gaan voortduur. Dit is die sterkste reaksie teen die president sedert sy terugkeer in Januarie. Trump het gister die uitspraak van die 9de Amerikaanse Rondgaande […]
Rugby: Bulle reg vir Leinster, sê Strauss - June 14, 2025
Min mense dink die Bulle gaan vandag in Dublin hond haaraf maak in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster, onder leiding van die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Die Bulle se afrigter, Jake White, het vroeër gesê die gasheerspan bestaan uit Ierse toetsspelers, die All Black Jordie Barrett op senter, met die dubbele Wêreldbekerwenner RG Snyman en […]
Copps 94.1: Molesvrye aand op Otjiwarongo - June 14, 2025
Die polisie se teenwoordigheid in die strate van Otjiwarongo werp vrugte af, blyk uit ‘n rustige Vrydagaand op dié dorp. Hier en daar is sjebeen-eienaars voor stok gekry omdat hul lisensies nie in orde was nie. Jessica Thomas was deel van die Copps 94.1-span op Otjiwarongo en doen verslag van die toneel:
Operasionele krisis in SA weermag - June 14, 2025
Die DA dring aan op dringende hervorming ná onthullings oor die operasionele krisis in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Chris Hattingh van die DA sê vlootvoertuie lê in die dokke, lugmagvliegtuie mag nie vlieg nie, en kusbewaking is op die rand van ineenstorting. Hattingh waarsku hierdie krisis is die gevolg van jare se verwaarlosing en swak […]
Irak sê Israel skend lugruim in Iran-aanval - June 14, 2025
Irak het ‘n klagte ingedien by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor Israel se beweerde skending van sy lugruim tydens ‘n groot aanval op Iran. Die ministerie van buitelandse sake in Irak sê die praktyk is ‘n blatante skending van Irak se soewereiniteit. Hy vra die Veiligheidsraad om sy verantwoordelikhede na te kom en stappe […]
Krieket: Proteas kort 69 lopies teen Australië - June 14, 2025
Aiden Markram het ‘n onoorwonne 102 aangeteken en ‘n ononderbroke derde paaltjie-vennootskap van 143 met kaptein Temba Bavuma in Suid-Afrika se tweede beurt teen Australië in hul Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd op Lords in Engeland. Bavuma, wat aan ‘n dyspierbesering ly, het 65 lopies nie uit nie, aangeteken. Teen die einde van spel gister het die Proteas 213 […]
Copps 94.1: Man weier om te blaas in hoofstad - June 14, 2025
Drank was Vrydagaand die vernaamste sondaar in Windhoek met die polisie wat twee mans vir beweerde dronkbestuur vasgetrek het. Daar was ook drie ligte motorongelukke in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span was oudergewoonte op die toneel en doen verslag: