SA kry klimaathulp by Wêreldbank  - June 14, 2025

Suid-Afrika is een van sewe ontwikkelende lande wat gekies is vir ‘n 17-miljard-rand program van die Wêreldbank om industriële kweekhuisgasvrystellings te verminder. Die inisiatief deur die Klimaatsbeleggingsfonds sluit Brasilië, Egipte, Mexiko, Namibië, Turkye en Oesbekistan in. Die lande is gekies vir hulle sterk privaat sektor-deelname en gereedheid vir industriële ontkoling. Projekte moetfokus op groenwaterstof, lae-koolstofmateriaal […]

Read More

EU verleng beskerming aan Oekraïense vlugtelinge  - June 14, 2025

Europese Unie-lande het ‘n een-jaar-verlenging van die tydelike beskerming wat aan Oekraïense vlugtelinge vanuit Rusland gebied word, goedgekeur, wat hulle toelaat om tot Maart 2027 aan te bly. Bykans 4,3 miljoen Oekraïners is as vlugtelinge geregistreer in die Europese Unie, met Duitsland, Pole en die Tsjeggiese Republiek wat die grootste gemeenskappe huisves. Die 27-nasie-blok het […]

Read More

Motorsport: 19 F1-jaers pak Le Mans aan  - June 14, 2025

Negentien voormalige Formule Een-renjaers neem deel aan die 93ste Le Mans 24-uur uithouwedren wat vanmiddag in Frankryk begin. Hulle sluit in Kevin Magnussen van Denemarke wat vir BMW jaag, Alpine se Duitse jaer, Mick Schumacher, die Britse bestuurder Jenson Button van die Cadillac Hertz-span Jota, en die Pool Robert Kubica vir AF Corse. Ferrari het […]

Read More

Ministerie opdateer efundja-skoolsluitings, het plan vir volgendes - June 13, 2025

Die ministerie van onderwys het ‘n opdatering gegee oor skole wat gesluit was gedurende die efundja. Volgens lynminister Sanet Steenkamp, is geen leerling agter nie omdat skole die verlore tyd inhaal. Steenkamp het meer oor beplanning vir die volgende efundja.

Read More

Vermiste ankerboei het Hentiesbaai op hol - June 13, 2025

Inwoners van Hentiesbaai was vandag bekommerd oor ‘n oranje-kleurige objek wat in die see gesien is, wat ‘n reddingsboot kon wees. Dit was te ver die see in om selfs met sterk verkykers uit te maak presies wat dit is. Frank Stein van Bay Air Aviation in Swakopmund het aangebied om te gaan kyk, terwyl […]

Read More

Oos-Kaap sterftesyfer nou 79, Cyril sê vloede is klimaatsverandering - June 13, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die dodelike vloede in die Oos-Kaap is ‘n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Die sterftesyfer in die provinsie het gestyg tot 79. Ramaphosa het tydens ‘n besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is ‘n teken van hoe klimaatsverandering weerpatrone ontwrig. Ramaphosa waarsku gure […]

Read More

Bayer Leverkusen se Florian Wirtz kry rekord-kontrak by Liverpool - June 13, 2025

Sokker: Liverpool het ‘n rekordhoë kontrak geteken vir voorspeler Florian Wirtz van Bayer Leverkusen wat soveel as 2,8-miljard Namibiese dollar kan beloop. Berigte dui aan dat die Premierliga-kampioen 2,4-miljard dollar gaan betaal wat loshande hulle hoogste aanvanklike betaling sover is, maar wanneer prestasiegekoppelde voordele bykom, kan dit ‘n Britse rekord wees. Die bedrag wat Liverpool […]

Read More

Aktiviste stil oor transgender-moordsaak, ‘moeg baklei’ - June 13, 2025

Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van die moord, maar het stil […]

Read More

Namibië in sterk groep vir Hokkie Vroue Junior-wêreldbeker - June 13, 2025

Namibië is in die sterk Groep C geloot vir die Hokkie Vroue Junior-wêreldbeker wat in Santiago, Chile gespeel gaan word. Die ander groepslede is Duitsland, Indië en Ierland. Die loting het Donderdagaand in Santiago plaasgevind. Ses groepe van vier spanne elk is gefinaliseer vir die uitgebreide toernooi, wat vir die eerste keer 24 spanne in […]

Read More

Namibië vorder uitstekend met gryslys-verwyderingspogings - June 13, 2025

Namibië is deur die Finansiële Aksie-taakmag geprys op sy plenêre vergadering wat in Straatsburg, Frankryk, aan die gang is, omdat meeste van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan aangespreek is. Dit kom net 13 maande na die land op die gryslys geplaas is. Namibië het reeds agt uit die 13 strategiese tekortkominge reggestel, […]

Read More