PDM gereed vir tussenverkiesings, steun UDF in Kamanjab - June 13, 2025
Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, sê hulle sal die kandidaat van die United Democratic Front in die streekskiesafdeling-tussenverkiesings by Kamanjab, in die Kunene-streek, ondersteun. Alhoewel die party nie ‘n kandidaat vir Kamanjab het nie, neem dit wel deel aan die Sesfontein-, Otjiwarongo- en Grootfontein-tussenverkiesings op 17 Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaringombe […]
LWV verkies nuwe bestuur, voorsitter - June 13, 2025
Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. ‘n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting gee.
Bereik ooreenkoms voor dit te laat is: Trump aan Iran - June 13, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran aangemoedig om ‘n ooreenkoms te bereik en waarsku daar sal meer lewensverlies en verwoesting wees ná Israel se dodelike aanvalle op sy kerngeriewe. Hy het op sy Truth Social-platform geskryf daar is nog tyd om die slagting te beëindig, maar waarsku die volgende aanvalle, wat reeds beplan is, […]
TransUnion-peiling wys bedrog neem net toe - June 13, 2025
In ‘n peiling in Namibië tussen 21 November en 11 Desember deur TransUnion het 31 persent van die respondente gesê dat hulle die afgelope jaar geld verloor het weens e-pos-, aanlyn-, telefoonoproep- of teksboodskapbedrog. Een-derde, 33 persent van diegene wat sê hulle het geld verloor, sê dit was as gevolg van gesteelde kredietkaarte of bedrieglike […]
SA se myne-produksie 7,7% laer in April - June 13, 2025
Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op ‘n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met ‘n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats SA sê alhoewel daar ‘n […]
AU vra selfbeheersing in Israel-Iran krisis - June 13, 2025
Die Afrika-Unie het ernstige kommer uitgespreek nadat Israel bykans 100 teikens in Iran aangeval het, insluitend kern- en militêre persele in Teheran. Voorsitter Mahmoud Ali Youssouf vra die onmiddellike staking van vyandelikhede en dat alle partye uiterste selfbeheersing toepas. Hy sê ook die verwikkelinge is ‘n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid. Rusland het […]
Bulle se Jake White besing Leinster voor VRK-eindstryd - June 13, 2025
Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Jake White, is vol lof vir Leinster voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd in Dublin. Hy sê die Ierse span is strate voor enige ander span. Nie een van die twee kon nog die kompetisie wen nie, en die Bulle is die derde keer in ‘n eindstryd na vier pogings. White […]
Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien - June 13, 2025
Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in ‘n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met ‘n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]
Nog 3 dwelmmuile op OR Tambo-lughawe aangekeer - June 13, 2025
Die polisie in Gauteng het die afgelope week drie verdagtes op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek vir dwelmsmokkelary. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê ‘n Nigeriese burger is met sy aankoms uit São Paolo in Brasilië op pad na Nigerië in hegtenis geneem. Sy sê hulle het ook ‘n burger van Brasilië uit São […]
Teiken indringers om plaaslike spesies te red - June 13, 2025
Geteikende optrede teen uitheemse indringerspesies kan die risiko van uitwissing van spesies in die Europese Unie met tot 16-persent verminder. Altesaam 3 759 spesies regoor die EU is onder druk of bedreig. Hiervan is 579 opgeteken as bedreigde spesies wat van gebiede buite hul natuurlike gebied ingebring is. Navorsers is van mening die Makaronesiese Eilande, […]