DA eis Veiligheidsgroep-aksieplan om mafia-staat te beëindig - October 20, 2025
Die DA het sy oproep herhaal dat die Veiligheidsgroep teen 31 Oktober ‘n gesamentlike aksieplan moet indien om die ineenstorting van Suid-Afrika se strafregstelsel aan te spreek. DA-woordvoerder vir Justisie, Glynnis Breytenbach, sê korrupsie en ondoeltreffendheid het misdadigers toegelaat om straffeloos op te tree, wat groei en werkgeleenthede verlam. Sy sê die ministers van Justisie, […]
Gevegte breek uit in suidelike Gaza - October 20, 2025
Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die skietstilstand-ooreenkoms wat Amerika bewerkstellig het. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel het ook humanitêre hulp aan Gaza gestaak. Die Israelse […]
Verstappen vat vyfde wen in VSA - October 20, 2025
Red Bull-renjaer, Max Verstappen, het ʼn oorheersende vertoning gelewer en spog ná die Amerikaanse Grand Prix met sy vyfde sege van die seisoen. Lando Norris van McLaren is tweede en Charles Leclerc van Ferrari is derde. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri van McLaren, was vyfde. Verstappen, wat strewe na ʼn vyfde agtereenvolgende bestuurderstitel, […]
Skietery in Philippi-Oos eis sewe - October 19, 2025
Die African Transformation Movement het die gewelddadige skietery in Philippi-Oos wat Vrydagaand sewe lewens geëis het veroordeel. Die party het hartseer en verontwaardiging uitgespreek en gevra vir vinnige geregtigheid en sterker optrede teen geweldsmisdaad. Die ATM het wetstoepassers aangespoor om beslissend op te tree terwyl hulle pleit vir langtermynoplossings vir armoede, werkloosheid en geweerbeheer. Die party het […]
Madeleine McCann-verdagte nêrens welkom - October 19, 2025
Betogers het Saterdag in Noord-Duitsland saamgetrek en geëis dat die hoofverdagte in die verdwyning van Madeleine McCann uit sy woonplek moet padgee. Meer as 150 betogers het byeengekom oor die verblyfplek van die 48-jarige veroordeelde pedofiel en verkragter Christian B. Hy word deur die Duitse polisie daarvan verdink dat hy die driejarige Madeleine in 2007 uit […]
Grand Prix: Verstappen wen in die VSA - October 19, 2025
Max Verstappen het die beste gemaak van ‘n botsing tussen die twee McLaren-jaers in die eerste draai om Saterdag se snelren by die Verenigde State se Grand Prix te wen en Oscar Piastri se voorsprong met agt punte te verminder. Die viermalige wêreldkampioen het sy voorste wegspringplek in die snelren by die Circuit of the Americas in […]
Ithindi tevrede met vordering van gesondheidsprojekte - October 19, 2025
Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Penda Ithindi, het die vordering met belangrike gesondheidsprojekte in die Oshana-streek geprys, insluitend ‘n nuwe waakeenheid by die Oshakati Intermediêre Hospitaal. Tydens ‘n besoek het hy die dringende behoefte aan tydige voltooiing beklemtoon om pasiëntoorplasings na Windhoek te verminder en lewens te red. Ithindi het meer.
Motorverkope tel mooi spoed op - October 19, 2025
Die plaaslike motorbedryf het verlede maand sy sterkste vertoning tot dusver vanjaar gelewer, met 1 303 nuwe voertuie wat verkoop is. Vergeleke met September 2024, was verkope by 32 persent hoër, sê IJG Securities. Beide die passasiers- en kommersiële vraag het toegeneem. IJG sê die langtermyn vooruitsigte lyk rooskleurig, gegewe kumulatiewe syfers vir die afgelope […]
Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie - October 19, 2025
Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie ‘n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy sê die presidentskap is ‘n […]
Lugdiens vra om verskoning ná papierwerkblaps - October 19, 2025
‘n Taiwanese lugredery het om verskoning gevra nadat hulle dokumente aangevra het van ‘n werknemer wat reeds dood is. ‘n Vier-en-dertigjarige lugwaardin van Eva Air is in die hospitaal dood nadat sy tydens ‘n vlug siek geword het. Die lugredery het ‘n boodskap na haar foon gestuur waarin hulle vra vir dokumente wat bewys dat […]