Ithete gesels oor plaaslike opwekking om kragtariewe bekostigbaar te hou - June 13, 2025

NamPower se goedgekeurde verhoogde tariewe het die parlement gehaal. Sommige gebruikers beskou die 3,8 persent verhoging wat die Elektrisiteitsbeheerraad goedgekeur het as te veel, siende dat lewenskoste veel vinniger styg as salarisse. Die PDM-parlementslid Diederick Vries het energieminister Natangue Ithete gevra wat die langtermyn plan is om tariewe laag te hou. Ithete het so geantwoord.

Read More

Honger? Hoe lyk dit met ‘n gebraaide insek? - June 13, 2025

Die Departement van Dierkunde en Entomologie van die Universiteit van Pretoria se navorsing oor eetbare insekte ondersoek hoe om hierdie voedsel van die toekoms te teel en te oes. Dit fokus op die ontwikkeling van koste-doeltreffende teeltegnieke, oes- en hanteringsmetodes, waardetoevoeging en wetgewing om die volhoubare gebruik van insekte te verseker. Professor Abdullahi Ahmed Yusuf […]

Read More

IAEA onbeïndruk met Iran - June 13, 2025

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn resolusie aanvaar wat verklaar dat Iran nie sy verpligtinge nakom wat kernwapenverspreiding betref nie. Negentien van die 35 lande op die agentskap se raad het ten gunste van die mosie gestem wat die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland ingedien het. Die resolusie verklaar dat Teheran herhaaldelik nie kon verduidelik en […]

Read More

Verstappen kan nie bekostig om nog ‘n stafpunt by te kry nie - June 13, 2025

Red Bull se Formule Een-kampioen, Max Verstappen, moet waak teen nog strafpunte in die volgende twee Grand Prix-wedrenne in Kanada en Oostenryk. Hy is met 10-sekondes gestraf na die vorige wedren in Spanje nadat hy teen George Russell se Mercedes gebots het, wat gelei het tot nog drie strafpunte op sy F1-superlisensie. Dit het sy […]

Read More

Backyard Tenants wil Farm 37 fondse vir diens van erwe gebruik - June 13, 2025

Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Die munisipaliteit teiken 60 persent voltooiing teen middel September en die res […]

Read More

Uvhungu-vungu boere smeek vir ‘n stroper - June 13, 2025

Boere by die Uvhungu-Vhungu-groenskema wag steeds op ‘n stroper om hulle mielies te oes. Van boere sê aan plaaslike media dat die oes reeds in Mei voltooi moes wees en die mielies droog nou uit en loop deur onder peste. Hulle vrees dat die oes nie gekoop sal word nie. Dit kom na daar vroeër […]

Read More

SA beplan biosekuriteitsraad vir BKS - June 13, 2025

Die Kabinet sê hy het vinnig opgetree teen ‘n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer, met inperkingsmaatreëls wat reeds in plek is. Die Departement van Landbou het meer as 900 000 dosisse entstof bestel, met die eerste besending wat binnekort verwag word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê plase wat geraak is in Gauteng, Mpumalanga […]

Read More

Newsom sê Trump is ‘n liegbek - June 13, 2025

Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het op die New York Times se Daily-potgooi Donald Trump ‘n koue leuenaar genoem en die federale ontplooiing van troepe in Los Angeles veroordeel as teater en waansin. Hy het ook die president se geestesgesondheid bevraagteken. Newsom het Trump se bewering dat hy hom oor die ontplooiing ingelig het ontken en gesê […]

Read More

N$143m vir kragverspreiders toegeken - June 13, 2025

Die lynministerie het 143 miljoen Namibiese dollar toegeken aan die streke se krag-verspreiders. Die befondsing is daarop gemik om elektrisiteitsverbindings regoor die land te versnel. Volgens die uitvoerende direkteur Ben Nangombe sal Stad Windhoek 30 miljoen dollar ontvang. Dit kom na hy verlede jaar 15 miljoen dollar ontvang het wat daartoe gelei het dat meer […]

Read More

SA se moordsyfer hoër as Gaza - June 13, 2025

Action Society sê daar is verlede jaar meer as 26 000 moorde in Suid-Afrika gepleeg, wat meer is as die dodetal in nie Gaza-konflik. Die organisasie het die ‘Dekade van Verval’-veldtog bekendgestel om die stygende misdaad en die regering se mislukking om burgers te beskerm, te beklemtoon. Juanita du Preez van Action Society doen ‘n […]

Read More