Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag - June 13, 2025

‘n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.

Read More

Aanval op Iran: Olie styg met 8% - June 13, 2025

Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle sal volgens Israel se premier […]

Read More

Amper twee-derdes plaaslik vir bedrog geteiken - June 13, 2025

Amper twee-derdes, of 63 persent van Namibiërs wat van 21 November tot 11 Desember 2024 deur TransUnion ondervra is, sê dat hulle die afgelope drie maande deur e-pos-, aanlyn-, telefoonoproep- of teksboodskapbedrog geteiken is, met 11 persent wat daarvoor geval het. Die mees algemene skemas is waar bedrieglike oproepers die gebruiker probeer oorreed om data […]

Read More

Namibië moet saam met enige land werk wat goed is vir sy kernkrag-ambisies - June 13, 2025

Die kwessie van ‘n kernkragsentrale en Rusland se Rosatom wat na Namibië kyk as kernkragvennoot bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, voormalige hoof van NamPower, wat sê Namibië moet geen land uitsluit wat goed sal wees vir sy kernkrag-ambisies nie.

Read More

Rassie gaan voort met sy rotasiebeleid - June 13, 2025

Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy sal voortgaan met sy span-rotasiebeleid. In 2024 het hy 50 spelers in 13 toetswedstryde gebruik en 12 nuwelinge ingespan. Erasmus het nege nuwelinge in sy groep van 55 vir die kragmeting teen die Barbarians op 28 Junie en toetse teen Italië en Georgië in Julie. Hy sê hulle wil iets […]

Read More

Jeugraad se media-inligtingsessie ontaard in chaos - June 13, 2025

Die Nasionale Jeugraad is weer in die nuus na die direkteur, Calista Swartz-Gowases, probeer het om ‘n NBC nuusspan te keer om ‘n media-inligtingsessie van die raad se geaffilieerde organisasies en streek-jeugforums by te woon. Die inligtingsessie, wat dringende kwessies in die Jeugraad sou aanspreek, is ontwrig toe Swartz-Gowases gesê het dis nie deur haar […]

Read More

Israel loods reuse aanval op Iran - June 13, 2025

Israel het vroeg vanoggend Iran se hoofstad aangeval en kernfasiliteite geteiken. Die moontlikheid van ‘n volskaalse oorlog tussen die twee lande het skerp verhoog en Israel berei voor vir vergeldingsaanvalle. Teheran is ses keer geteiken en daar is talle ander aanvalle regoor die land. Behalwe vir fasiliteite, is twee leiers van die Rewolusionêre Wag, en twee […]

Read More

Oos-Kaapse dodetal styg verder - June 13, 2025

Die dodetal in die Oos-Kaapse vloede het tot 57 gestyg. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die owerhede verwag dat die syfer verder sal styg. Hy beskryf die situasie in gebiede soos Mthatha as verwoestend en versoek Suid-Afrikaners om nie op gelyk vlaktes te bou nie, aangesien klimaatsverandering rampe sal […]

Read More

Een passasier, in sitplek 11A, oorleef Indiese vlugramp - June 13, 2025

Air India het bevestig dat 241 van die 242 mense op vlug AI-171 wat Donderdag in Ahmedabad neergestort het, dood is. Daar was 230 passasiers en 12 bemanningslede aan boord. Die enigste oorlewende, Britse burger Vishwash Kumar Ramesh, was in sitplek 11A op die Boeing 787-vlug na Londen. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie […]

Read More

Nudo kritiseer N$1,5 miljard lening van Duitsland - June 12, 2025

Die regering het ‘n 1,5 miljard Namibiese dollar lening van Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank gekry om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Finansminister Ericah Shafudah het dit in die Nasionale Vergadering aangekondig, en Vetaruhe Kandorozu van Nudo het die stap gekritiseer. Shafudah het so geantwoord.

Read More