Afrika moet eie groenwaterstof bestuur, sê Cyril - June 12, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors om beleggings en handel te […]
Pro-Palestynse aktiviste in Kaïro aangekeer - June 12, 2025
Egiptiese owerhede het talle pro-Palestynse aktiviste in Kaïro aangekeer voor ‘n beplande internasionale optog om deur Israel se blokkade van Gaza te breek. Die optog se woordvoerder, Saif Abukeshek, sê meer as 200 deelnemers word aangehou op die lughawe of ondervra in hotelle in die hoofstad. Dit sluit burgers van Amerika, Australië, Nederland, Frankryk, Spanje, […]
Sterk Fidji-groep sluit 10 spelers van Frankryk, 5 van Engeland in - June 12, 2025
Rugby: Fidji het ‘n sterk groep, met tien spelers wat in Frankryk en vyf wat in Engeland speel, gekies om volgende maand teen Skotland en die Wallabies te speel. Dit is Australië se enigste internasionale wedstryd voor hulle die Britse en Ierse Leeus in Australië verwelkom. Afrigter Mick Byrne se groep van 32-spelers sluit spelers […]
Sopkombuis vra hulp met komberse, voorraad - June 12, 2025
Martha Festus bedryf al sewe jaar lank ‘n sopkombuis in Havana in Windhoek. Met die winter op hande vra die gemeenskap haar ook vir komberse. Festus versoek hulp van die publiek en sy kan op 081 7435 442 geskakel word vir skenkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gepraat wat meer verduidelik.
Desert Jewels wil Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker wen - June 12, 2025
Namibië se Debmarine Desert Jewels het vandag vertrek na die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker-toernooi in Dubai, met een doel voor oë: hulle wil die beker wen. Dit sal volgens afrigter Julene Meyer hul kanse om vir die Glasgow 2026 Statebondspele in Skotland te kwalifiseer verbeter. Die Jewels is tans 18de op die wêreldranglys, die hoogste […]
Gemeenskapslede herstel Etosha grensdraad, hoor NV - June 12, 2025
Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering duidelikheid by omgewingminister Indileni Daniel gevra oor verskeie kwessies. Dit kom na sy vroeër ‘n opdatering gegee van die werk wat aan die Etosha Nasionale Park se 824 kilometer-lange grensdraad gedoen word. Venaani wou weet wie die grensdraad herstel en opgradeer. Volgens Daniel is dit meer […]
Handelstekort daal goed in April - June 12, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap het sy handelsbulletin vir April 2025 vrygestel. China was Namibië se belangrikste uitvoerbestemming, terwyl Suid-Afrika die hoofinvoerbron gebly het. Uitvoere is gedryf deur uraan, goud, diamante en basismetaalerts, met vis as die enigste belangrikste nie-minerale uitvoer. Heruitvoere het met 9,3 persent maand-tot-maand gedaal. Koffie, die kommoditeit van die maand, het invoere van […]
Sekuriteitswerk Forum eis afdwinging van minimumloon - June 12, 2025
Die Namibië Sekuriteitswerk Forum eis saam met werknemers- en werkgewers-verteenwoordigers in die sektor dat die nuwe minimumloon onmiddellik afgedwing word. Hulle vra ook vir regulering van die bedryf, wat lankal moes gebeur het en volgens hulle te lank verwaarloos is. Die forum se verteenwoordiger en hoof van sekuriteit by die Staatwerkersvakbond, Andreas Hausiku, benadruk dat […]
SA se kota onder wêreld se 25 beste toebroodjies - June 12, 2025
Suid-Afrika se spatlo-toebroodjie, ook bekend as kota, het CNN Travel se lys van die wêreld se 25 beste toebroodjies gehaal. Dis ʼn kwart brood wat uitgehol en met ʼn verskeidenheid bestanddele soos vleis, skyfies, eier, polonie en atjar gevul word. Nommer een kom uit Spanje: Bocadillo de jamón Ibérico, bestaande uit dungesnyde vleis en kaas […]
Kuberaanvalle neem skrikwekkend toe - June 12, 2025
Meer inligting is bekend oor die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se kwartaallikse statistiekbulletin vir die tydperk Januarie tot Maart 2025. Die bulletin bied ‘n omvattende oorsig van sleutelaanwysers binne die telekommunikasie-, kuberveiligheid-, uitsaai- en possektore. Kosmos 94.1 Nuus het by Mufaro Nesongano, die segsman by Cran aangeklop vir ‘n oorsig van die verslag. Die toename […]