Rykes skep SEB-miljarde in SA, nie gewone mense - June 12, 2025

Professor William Gumede van Wits Universiteit het onlangs ‘n onderhoud gevoer met State of the Nation, ‘n Suid Afrikaanse potgooi wat handel oor die land se politiek. Gumede het oor sy 2009-navorsing, om uit te vind of Swart Ekonomiese Bemagtiging enigsins goed aangewend was in die land, gesels. Sy navorsing het bevind dat om en […]

Read More

Air India-Boeing op pad na Londen stort neer - June 12, 2025

‘n Air India Boeing 787-8 Dreamliner het neergestort minute nadat dit van Ahmedabad in die weste van Indië opgestyg het onderweg na die Gatwick-lughawe in Londen. Daar was 242 mense aan boord, insluitend 11 kinders. Die passasiers sluit 169 Indiese burgers, 53 Britte, sewe Portugese en ‘n Kanadees in. Dit het teen ‘n hostel vir […]

Read More

Switser verbeter rekord vir langste tyd onder sneeu - June 12, 2025

ʼn Switserse man het die Guinness-wêreldrekord verbeter deur langer as twee uur onder sneeu begrawe te bly. Die mededingende kragopteller Elias Meyer het die uitdaging aanvaar om die langste tyd met sy hele liggaam in kontak met sneeu deur te bring met net ʼn swembroek aan. Die Pool Valerjan Romanvoski het in 2022 een-uur-45-minute-en twee-sekondes […]

Read More

Wetgewing moet inhaal by nuwe tegnologië - June 12, 2025

Die Konrad-Adenauer-Stiftung het ‘n openbare bespreking aangebied oor hoe digitale hulpmiddels burgerlike opvoeding, toegang tot geregtigheid en menseregte in die land kan verbeter. Die regsgeleerde dr. John Nakuta het die rol van KI en digitalisering in die bevordering van burgerlike onderwys en menseregte bespreek. Nakuta sê Namibië is ver agter met wetgewing wanneer dit kom […]

Read More

Eerste SA soldate op pad terug van DRK - June 12, 2025

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die eerste groep soldate, wat na die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, sal môre na die land terugkeer. Hulle was deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die DRK. Hul terugkeer volg op die repatriasie van die oorskot van 14 soldate vroeër die jaar, wat tydens botsings […]

Read More

Ongevalle onder Oekraïnse burgerlikes gaan voort: VN verslag - June 12, 2025

Burgerlike sterftes en beserings was die eerste vyf maande van die jaar 50-persent hoër in Oekraïne as dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is volgens ʼn verslag deur ʼn moniteringskommissie van die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte. April het van die hoogste sterftesyfers gehad, met 1 389. Russiese langafstandmissiel- en hommeltuigaanvalle veroorsaak die meeste burgerlike […]

Read More

Lance Stroll fiks vir Kanadese Grand Prix - June 12, 2025

Motorsport: Lance Stroll van Aston Martin is die naweek weer in aksie in die Kanadese Grand Prix. Die 26-jarige renjaer het aan die vorige wedren in Spanje onttrek om ʼn mediese prosedure te ondergaan ná pyn in sy hand en gewrig. Die span sê die pyn het verband gehou met ʼn prosedure wat hy voor […]

Read More

Namibië praat oor oorgrens waterbronne in Nice - June 12, 2025

Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, ‘n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Oranje-Senqu-rivierkomme.

Read More

Massiewe vragskip maak noodbesoek aan Durban - June 12, 2025

Die Durbanse hawe het sy grootste houerskip ooit hanteer. Die MSC Rifaya is 400-meter lank en het ‘n dravermoë van 19 437 houers. Die ongeskeduleerde besoek het die gebruik van vier sleepbote behels. Die waarnemende hawemeester, Nkumbuzi Ben-Mazi, sê die gebeure bewys Durban se gereedheid en vermoë om mega-vaartuie te hanteer. Hy sê die hawe […]

Read More

Iran behou sy reg op uraanverryking - June 12, 2025

Iran sê hy sal nie sy reg op uraanverryking prysgee weens toenemende wrywing in die streek nie en voeg by dat hy reeds deur ‘n Midde-Oosterse bondgenoot gewaarsku is oor ‘n moontlike militêre aanval deur Israel. Reuters berig Iran se regering is van mening dat die spanning bedoel is om Teheran te beïnvloed om sy […]

Read More