VSA en China beklink handelsooreenkoms - June 12, 2025
President Donald Trump van Amerika het na twee dae se samesprekings in Londen ʼn handelsooreenkoms tussen Amerika en China aanvaar. Dit herstel ʼn ooreenkoms wat verlede maand in Genève bereik is, maar misluk het oor geskille oor Chinese skaars aardmineraal-uitvoere en Amerikaanse uitvoerbeheer. Trump het op Truth Social gesê die ooreenkoms sou Amerika in staat […]
Mexiko wikkel om stadion gereed te kry vir Wêreldbeker - June 12, 2025
Die mede-gasheer, Mexiko, is gewikkel in ‘n wedloop teen tyd om die ikoniese Azteca-stadion op te gradeer voor die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi. Mexiko sal die eerste land wees wat die internasionale skouspel vir ‘n derde keer aanbied wanneer die toernooi op 11 Junie volgende jaar begin. Die stadion in die hoofstad, Mexikostad, word vergroot […]
Dit is Fabupharm wat sonder ‘n lisensie vervaardig - June 12, 2025
Kosmos 94.1 Nuus maak ‘n regstelling op die nuus wat in die sewe-uur bulletin gedra is. Nampharm is in volle nakoming van regulasies en die regulerende raad vir medisyne sê dit is Fabupharm wat in stryd is met regulasies en vervaardig medisyne sonder die nodige magtiging sedert Januarie 2024. Die registrateur van die raad, Fransina […]
WHS-skoolhoofsaak in die hof vanoggend - June 12, 2025
In hofstukke wat by die hoërhof ingedien is, vra Windhoek Hoërskool se skoolraad, onder leiding van voorsitter Tertius Stears, die hof om die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof tersyde te stel. Sy aanstelling sou op 6 Mei vanjaar begin. Die raad voer aan dat die proses nie deursigtig was nie en nie die Wet […]
Onluste in Ierland duur voort - June 12, 2025
Ses mense is gearresteer en 32 polisie-beamptes beseer tydens onluste in Ballymena in Noord-Ierland. Die oproer het Maandagaand uitgebreek na twee 14-jarige Roemeense seuns in die hof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding van ‘n tienermeisie in die dorp, 45km vanaf Belfast. Die seuns het skuld ontken. Vier eiendomme wat deur brande beskadig is […]
Bok-vroue wen weer in Madagaskar - June 12, 2025
Die Springbok-vroue het Kenia met 19-12 verslaan en hul tweede agtereenvolgende oorwinning by die Rugby Afrika-vrouebeker in Madagaskar ingepalm. Die verdedigende kampioene wat Uganda met 62-7 verpletter het in hul eerste wedstryd, het drie drieë gedruk en twee verdoel. Suid-Afrika se laaste wedstryd van die toernooi is Sondag teen die gasvrou-nasie, Madagaskar. Die Bok-vroue se […]
Liggaamskenkings aan wetenskap meer ‘aanvaarbaar’ - June 12, 2025
Openbare bewustheid en aanvaarding van liggaamsskenkings aan wetenskap by Unam neem toe, met vier nuwe beloofde skenkings wat tussen Februarie en Mei gemaak is. Die universiteit het onlangs ‘n tekort aan kadawers by sy mediese skool aangekondig. Verskerpte mediadekking en openbare besprekings het belangstelling aangewakker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, Unam se […]
Nuwe riglyne vir houtskoolprodusente - June 12, 2025
Die omgewingsministerie het nuwe maatreëls vir houtskoolprodusente uiteengesit. Alle plase wat produseer moet brandbane van minimum 5 meter en maksimum 15 meter breed hê rondom die kamp waar die sentrale brandplek geleë is. ‘n Gebied van ten minste 30 meter rondom die sentrale brandplek moet skoongemaak word. ‘n Oespermit moet slegs uitgereik word nadat die […]
Geen tydsberekening vir Stad Whk om watertariewe te hersien nie - June 12, 2025
Die sentrale gebied-waterbestuurskomitee het einde Mei vergader om waterbronne vir die gebied te bepaal. Na die verslag voorberei is kan Stad Windhoek bepaal of die droogte-watertariewe nog van krag moet wees. Windhoek is steeds in kategorie D vir waterbesparing en water is uiters duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se […]
Verbod op vervaardiging van alle medisyne by Fabupharm - June 12, 2025
Die regulerende raad vir medisyne sê Fabupharm is in stryd met regulasies en vervaardig medisyne sonder die nodige magtiging sedert Januarie 2024. Die registrateur van die raad, Fransina Nambahu, sê Fabupharm is opdrag gegee om met onmiddellike effek vervaardiging te staak tot die nodige lisensie bekom is. Sy voeg by dat die opdrag in plek […]