NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie - June 12, 2025
Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om ‘n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie onder die invloed te bestuur […]
SMS-inkomste daal in eerste kwartaal - June 12, 2025
Die land se inligting- en kommunikasietegnologie-sektor het in die eerste kwartaal van 2025 bestendige groei aangeteken, met totale data-inkomste wat 831 miljoen Namibiese dollar bereik het. Dit is volgens die jongste verslag van die Kommunikasie-regulerende Owerheid van Namibië, Cran. Stemdienste-inkomste was bestendig op 162 miljoen dollar, terwyl SMS-inkomste tot 35 miljoen dollar geval het, wat […]
DA eis verduideliking van nuwe loterylisensie - June 12, 2025
Die DA sê die handelminister, Parks Tau, en die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, moet die hantering van die nuwe loterylisensie aan die parlement verduidelik. Dit volg op kommer oor die aanstelling van Sizekhaya Holdings as die nuwe lisensiehouer en Ithuba Holdings as ‘n tydelike operateur. Toby Chance van die DA sê inligting […]
Weinstein skuldig bevind in New York - June 12, 2025
Die gevalle filmbaas Harvey Weinstein is skuldig bevind aan seksuele aanranding in New York, nadat ‘n skuldigbevinding aan seksmisdade in die staat verlede jaar omgekeer is. Sewe vroulike en vyf manlike jurielede het vyf dae lank beraadslaag in die ses-weke-lange verhoor voordat hy eenparig aan een van drie aanklagte skuldig bevind is. Hy in onskuldig […]
Brian Wilson van Beach Boys oorlede op 82 - June 12, 2025
Brian Wilson, die legendariese voorsanger en mede-stigter van The Beach Boys, is op 82-jarige ouderdom oorlede. Wilson, wat in 1942 gebore is en in Hawthorne, Kalifornië grootgeword het, het ‘n groep gevorm saam met sy jonger broers Carl en Dennis, neef Mike Love en vriend Al Jardine. Hulle het The Beach Boys geword, een van […]
Oranjemund, só werk doeane vir julle SA inkopies - June 11, 2025
Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het reageer op Oranjemund-inwoners se toenemende kommer oor die 16,5 persent doeane-belasting op kruideniersware en toiletware wat in die naburige Suid-Afrika aangekoop is. Inwoners van die dorp steek gereeld die grens oor om in Springbok inkopies te gaan doen, weens hul beperkte plaaslike kleinhandelopsies. Steven Ndorokaze, NamRA se woordvoerder, het aan […]
Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie - June 11, 2025
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van ‘n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van ‘n kleuter en ‘n beampte is ook gevind. Vyf reddingspanne […]
Palestynse dokter en enigste oorlewende kind na Italië ontruim - June 11, 2025
‘n Palestynse dokter wie se man en nege van haar tien kinders in ‘n Israeliese lugaanval dood is, is uit Gaza ontruim en is met haar enigste oorlewende kind op pad na Italië. Alaa al-Najjar, ‘n pediater, en haar swaar gewonde 11-jarige seun, Adam, is per ambulans met ander pasiënte en familielede na Eilat geneem. […]
Nog 4 lande kwalifiseer vir FIFA Wêreldbeker - June 11, 2025
Sokker: Brasilië, Ecuador, Australië en Oman het hul plekke verseker in volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika. Brasilië het Paraguay 1-0 geklop terwyl Ecuador met ʼn doellose gelykopuitslag teen Peru gekwalifiseer het. Australië het sy sesde agtereenvolgende verskyning beklink deur Saoedi-Arabië 2-1 te klop. Oman het sy plek verseker in die 97ste minuut teen Palestina, […]
Okahandja-munisipaliteit weer in die spervuur - June 11, 2025
Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het weereens klagtes oor die Okahandja munisipaliteit. Die gemeenskap gaan die naweek bymekaarkom om die kwessies te probeer aanspreek. Hierdie keer gaan dit oor die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte. Gariseb verduidelik wat die probleem is.