Gholf: Warwick Purchase lei by Glendower - October 19, 2025
Die Sonskyntoer-nuweling Warwick Purchase het dinge warm gemaak op ‘n koue dag by die Glendower Gholfklub met ‘n derde rondetelling van 62, 10 onder baansyfer, wat hom ‘n voorsprong van drie houe in die Fortress Invitational gee. Purchase lei die veld op 17 onder na ‘n ronde met altesaam nege voëltjies, ‘n arend en een onder syfer. […]
Nóg renteverligting vanjaar verwag - October 19, 2025
Die Bank van Namibië sal waarskynlik teen jaareinde nóg ‘n rentekoersverlaging aankondig, sê FNB Namibia-ekonoom Helena Mboti. Sy verwag die sentrale bank sal die repokoers weer met 25 basispunte sny, selfs al hou die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy koers onveranderd. Die BoN het vroeër vandeesweek die mark verras deur die repokoers met ‘n kwart basispunt to 6,5 […]
SA regering soek ‘ware hervorming in IKT-sektor’ - October 19, 2025
Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, sê die regering is daartoe verbind om ware hervorming in die IKT-sektor te dryf. Tydens ‘n beleidsvergadering in Pretoria het Malatsi frustrasies oor die gaping tussen potensiaal en lewering erken en gewaarsku dat gefragmenteerde beleid sektorgroei bedreig. Malatsi het die behoefte aan dringende optrede, beleidsbelyning en samewerking met belanghebbendes […]
Miljoene betoog teen Trump in Amerika - October 19, 2025
Groot skares het Saterdag in groot Amerikaanse stede opgeruk, terwyl kleiner byeenkomste regoor die land gehou is vir die “No Kings”-optogte teen president Donald Trump se administrasie. Volgens CNN het die meer as 2 500 geleenthede waarskynlik miljoene gelok. Organiseerders sê Trump lei ‘n toenemend gemilitariseerde en outoritêre regime. Voortdurende ICE-klopjagte en troepe-ontplooiings in Demokraties-geleide state het […]
Rugby: Vier uit vier vir Stormers - October 19, 2025
Nog ‘n kragtige voorspelervertoning gesteun deur die briljantheid van Sacha Feinberg-Mngomezulu in die agterlyn, het dit vier uit vier vir die Stormers gemaak in hul Rugbykampioenskap-veldtog toe hulle Zebre Saterdagaand met 31-13 in Parma geklop het. Dit was die derde van vier wedstryde dat die Stormers daarin geslaag het om ‘n bonuspunt vir vier drieë […]
Amptenare kry trekpas oor onwettige dokumente - October 19, 2025
Die ministerie van binnelandse sake het sedert 2020 altesaam 21 amptenare afgedank weens die onwettige uitreiking van nasionale dokumente en permitte. Volgens minister Lucia Iipumbu is verskeie skuiwergate met die uitreiking van geboortesertifikate gevind en maatreëls is in werking gestel om die stelsel te versterk. Iipumbu het in die parlement oor dié kwessie uitgebrei:
Israel sluit Rafah-kruising - October 19, 2025
Die kantoor van die Israelse eerste minister sê Benjamin Netanyahu het beveel dat die Rafah-kruising tot verdere kennisgewing gesluit moet bly. Die kantoor sê die opening van die kruising sal oorweeg word op grond van Hamas se vordering met die terugbesorging van die oorledene gyselaars en die toepassing van die ooreengekome raamwerk. Die Palestynse ambassade […]
Wind kelder Kaapstad-marathon - October 19, 2025
Die Kaapstad-marathon is vanoggend net ure voor die aanvang gekanselleer weens veiligheidskwessies wat verband hou met sterk wind. Meer as 24 000 deelnemers van regoor die wêreld sou die 42,2-kilometer lange wedloop aanpak. Verslae dui op skade aan die wegspringplek en ontwrigte waterstasies. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê hy is namens die atlete […]
Namibië se finansiële markte onder top-5 in Afrika - October 19, 2025
Namibië het sy posisie as een van die top-5 finansiële markte in Afrika behou, luidens die jongste Absa Africa Financial Markets Index. Dié indeks meet die diepte, deursigtigheid en weerstandigheid van 29 finansiële stelsels op die vasteland. Namibië het vanjaar ‘n algehele punt van 64 uit 100 behaal, ‘n verbetering van 62 in 2024. Hervormings […]
SA polisie neem duisende inhegtenis - October 19, 2025
Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange vonnisse ontvang, terwyl 35 vir […]