Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg - June 11, 2025
Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat ‘n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie ‘n aansoek vir goedkeuring ingedien nie. Dennis Tobias, die […]
Regering kry N$1,5 miljard-lening vir waterinfrastruktuur - June 11, 2025
Finansminister Ericah Shafudah het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die regering ‘n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ontvang het om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Die lening is deur die KfW ontwikkelingsbank in Duitsland toegestaan. Die Gammams herwinningsaanleg is een van die projekte wat hiermee befonds sal word. Die lening kom […]
Namibië, Rosatom bespreek glo kernkragsentrale - June 11, 2025
Business Insider Africa berig besprekings is aan die gang tussen Namibië en Rusland se Rosatom vir die oprigting van ‘n kernkragsentrale. Ryan Collyer, die uitvoerende hoof van Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika, is aangehaal dat hy sê hulle sien Namibië as ‘n belowende vennoot in die kernkrag-veld. Uranium One in Namibië sê hulle is nie […]
Lewendehawe-sektor mark-aktiwiteit styg in April - June 11, 2025
Die lewendehawe-sektor het ‘n 12 persent maand-tot-maand toename in mark-aktiwiteit in April aangeteken, volgens die Namibië Statistiekagentskap. Dit kom na ‘n 9,5 persent daling in Maart. Die sektor bly egter steeds gedemp, met ‘n jaar-tot-jaar afname van 65,2 persent. ‘n Totaal van 79 970 stuks vee is in April bemark, ‘n afname vanaf die 86 […]
Kamanjab kameelmelk, enigiemand? - June 11, 2025
Hier is ‘n interessante boerdery-opsie in ‘n warm, droë klimaat – hoe lyk dit met Kamanjab kameelmelk? Dit is presies waarmee Hans Knoesen van die plaas Koppieskraal duskant Askham in die Kalahari boer. Knoesen het Camel Milk South Africa in Maart 2015 gevestig. Dit was droogte en hy het opsies oorweeg vir sy kameelkudde wat […]
TechHuddle-konferensie hoor van Innovasiesentrum se belangrikheid - June 11, 2025
Die TechHuddle-konferensie is aan die gang in die hoofstad. Die program sluit in ‘n volle dag van insigte en denkleierskap deur ervare bedryfskundiges wat hul kennis, ervaring en strategieë vir die toekoms sal deel. Tydens sy hoofrede het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die belangrikheid van die Innovasiesentrum onder die lynministerie beklemtoon. […]
Vierde Industriële Rewolusie? Wat van lees en skryf: VF-Plus - June 11, 2025
Die Vryheidsfront-Plus sê dis ironies dat Suid-Afrika die bemagtiging van die jeug vir die Vierde Industriële Rewolusie debatteer terwyl baie leerders steeds sukkel om die basiese vaardighede van lees, skryf en begrip te bemeester. Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ‘n debat met die titel Vaardighede in die konteks van die Vierde Industriële Rewolusie: Bemagtiging van […]
Keke Palmer, Don Lemon vereer op Hollywood Unlocked Impact-toekennings - June 11, 2025
Die aktrise en vervaardiger Keke Palmer en joernalis Don Lemon gaan by die komende Hollywood Unlocked Impact-toekennings vereer word. Dit vier mense wat ʼn blywende uitwerking op swart kultuur het. Palmer ontvang die Spirit Award, wat toegeken word aan iemand wat die gevoel van trots en inspirasie beliggaam deur hul bydrae in die vermaaklikheid- en […]
Proteas laat vier Aussie-paaltjies spat op eerste oggend - June 11, 2025
Krieket: Die eerste skof van die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië op Lord’s in Londen het beslis aan Suid-Afrika behoort. Kaptein Temba Bavuma het die loot gewen en besluit om te boul. Kagiso Rabada het die beste van die bewolkte toestande gemaak en die paaltjies van Usman Khawaja en Cameron Green in die sewende […]
Man wat in asdromme krap vind gestorte baba - June 11, 2025
Die liggaam van ‘n pasgebore baba is gevind in ‘n vullisdrom, weereens deur ‘n man wat die vullis deursoek het. Die gru-vonds is vanoggend in die koue tussen 7-uur en 8-uur gemaak in Ipumbastraat in Windhoek se Ombili-area. Die polisie sê die man was op soek na leë blikke toe hy op die gestorte lykie afgekom het. […]