Dodetal in Oos-Kaapse oorstromings styg tot nege - June 11, 2025
Die dodetal na stortreën en gure weer in die Oos-Kaap het tot nege gestyg. Ses liggame is naby die dorpie, Decoligny, gevind en ʼn sewende liggaam by Tsolo. Gisteraand is nog twee liggame in die Mthatha-area gevind. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê owerhede soek nog na vermiste leerders nadat die skoolbus […]
Rwanda verwelkom 70 witrenosters uit SA - June 11, 2025
Sewentig suidelike witrenosters van die Munywana-bewaringsgebied in Suid-Afrika is suksesvol hervestig in die Akagera Nasionale Park in Rwanda. Dis deel van ‘n strategiese tienjaarplan om renosters in veilige, geskikte en goed bestuurde beskermde gebiede in Afrika te hervestig. Die renosters maak ongeveer 15-persent uit van die wêreld se algehele witrenoster-bevolking. Die veldtog van Afrika Parke […]
McIlroy, Lowry en Rose speel saam in Amerikaanse Ope - June 11, 2025
Gholf: Die verdedigende kampioen, Bryson DeChambeau, slaan saam met Xander Schauffele en José Luis Ballester af in die eerste twee rondes van die Amerikaanse Ope, wat môre begin. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat agtereenvolgende groot titels jaag, is saam met Collin Morikawa en Viktor Hovland in ‘n groep. Rory McIlroy speel saam met sy Ryderbeker-spanmaats […]
TotalEnergies se Venus sal 600 poste skep, meeste geskool - June 11, 2025
TotalEnergies se voorgestelde olie-ontwikkeling by sy aflandige Venus-blok sal na verwagting ongeveer 600 direkte werksgeleenthede gedurende die produksiefase skep, met die meeste poste wat gevul sal word deur hoogs geskoolde personeel wat aan fasiliteite op see en aan land werk. Namibia Mining and Energy berig die grootste deel van die werksmag sal gebaseer wees op […]
BOSA sê GNU manipuleer jeug - June 11, 2025
Build One South Africa sê die regering moet ophou om jongmense sielkundig te manipuleer en dringend optree om jeugwerkloosheid aan te spreek. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, het tydens die Jeugdag-debat in die Parlement gevra dat alle townships as Spesiale Ekonomiese Sones verklaar word om beleggings te lok en werk te skep. Hlazo-Webster het ook […]
Trump se aanslag in Oekraïne is naïef, ongesofistikeerd - June 11, 2025
President Donald Trump se plan in die Oekraïne is volgens die oud-CIA-direkteur John Brennan naïef en ongesofistikeerd. In ‘n gesprek met SkyNews meen Brennan Trump het geen werklike plan om vrede te bewerkstellig nie.
Uber gaan selfbestuur-taxi’s in Londen toets - June 11, 2025
Uber gaan volgende jaar selfbestuur-taxi’s in Londen bekendstel wanneer Engeland nuwe bestuurderlose dienste toets. Tydens die Uber-toetsprojek sal dienste aanvanklik ‘n lewendige mens in die bestuurdersitplek hê wat in ‘n noodgeval beheer oor die voertuig kan neem, maar die toetse sal uiteindelik bestuurders uitskakel. Die aankondiging deur die regering sal maatskappye soos Uber, vir die […]
Yona, ons eie jeugorkeste hou binnekort fees by NTN - June 11, 2025
Die Jeugorkeste van Namibië, Yona, berei hulle voor vir die Nasionale Jeugorkes-fees wat vanaf 13 tot 21 Junie by die Nasionale Teater van Namibië sal plaasvind. Die geleentheid word afgesluit met die wêreld-première van “Otjihambarere – A Namibian Fairytale” deur Eslon Hindundu by twee gala-konserte op 20 en 21 Julie. Afrigting word aangebied vir jeug […]
Weiding is bogemiddeld as gevolg van meer as net reën - June 11, 2025
Dr. Cornelis van der Waal, die weidingspesialis van Agri-Ecological Services sê weiding se benutting van reënval was uitsonderlik hoog vanjaar. Volgens hom is dit ‘n aanduiding dat die natuurlike saadbank selfs ná droogte steeds lewend is. Hy sê die redes hiervoor is waarskynlik die gunstige temperature en goeie opvolgbuie, sowel as die baie voedingstowwe wat […]
Bitcoin bly gewild, en uiters hoog - June 11, 2025
Bitcoin verhandel tans net onder 110 000 Amerikaanse dollar het in Dinsdag se handel met meer as 5 persent gestyg. Analiste meen dit is aangedryf deur verwagtinge vir ‘n handelsooreenkoms tussen China en die VSA. Die kripto-eenheid is steeds laer as die Mei-rekord van 112 000 dollar maar, vraag daarvoor bly hoog. Nikolai Tjongarero van […]