Niks vreemd aan nuwe reisadvies vir Amerikaanse besoekers nie - June 11, 2025
Die Amerikaanse ambassade sê daar is niks vreemds aan die nuwe vlak 2 reisadvies wat deur die Trump-administrasie vir Namibië uitgereik is nie. Die Amerikaanse regering reik elke jaar nuwe reisadvies uit vir elke land in die wêreld en Namibië s’n het sedert 2023 onveranderd gebly. Dit raai reisigers aan om verhoogde versigtigheid uit te oefen […]
Welwitschias sien uit na die volgende drie naweke - June 11, 2025
Die Welwitschias het drie belangrike naweke wat voorlê. Hulle takel Uganda Saterdag op Walvisbaai, die Airlink Pumas volgende naweek in die hoofstad en dan Italië daarna, alles ter voorbereiding vir die kwalifiserende reeks vir die 2027 Wêreldbeker. Alcino Izaaks, wat vleuel of heelagter kan speel, sien uit na die kragmetings.
Konsepbeleid oor handel in koolstofmarkte voltooi - June 11, 2025
Die omgewingsministerie berei voor om ‘n konsep Koolstofmarke en –handelsbeleid aan die Kabinet voor te lê, na konsultasies en belanghebbervalidering voltooi is. Lynminister Indileni Daniel sê die beleid beskryf Namibië se strategie vir koolstofhandel onder die Parys-ooreenkoms en vestig die nodige regulatoriese raamwerk vir koolstofkredietstandaarde, meting, verslagdoening, verifikasiestelsels en handel met internasionale markte. Volgens Daniel […]
Afname in vervaardiging aangedryf deur swak werksomstandighede - June 11, 2025
Die senior ekonoom van FNB, Thanda Sithole, sê werksomstandighede vir plaaslike vervaardigers bly ongunstig soos gesien kan word in die voortgesette afname in die vervaardigings aankope se bestuursindeks. Die vervaardigingsektor toon sy skerpste jaarlikse agteruitgang in meer as ‘n jaar met produksie wat in April jaar na jaar met 6,3-persent daal. Sithole sê in die […]
EU stel 18de ronde van sanksies teen Rusland bekend - June 11, 2025
Die Europese Unie het sy 18de sanksiepakket teen Rusland bekendgemaak met die Kremlin se vermoë om geld te maak uit olie- en gasproduksie in die visier. Dit sluit ʼn verbod in op die gebruik van die Nord Stream-pypleiding om gas tussen Rusland en Duitsland te vervoer en die verlaging van die prysplafon op Russiese olie-uitvoere. […]
Musk ‘betreur’ twiets oor Trump - June 11, 2025
Elon Musk sê hy betreur sommige van sy X-plasings oor president Donald Trump, wat internasionale media as ‘n dramatiese ommekeer beskryf na die dae lange openbare geveg tussen die twee. Op X skryf Musk hy het te ver gegaan, veral met die twiet oor Trump se betrokkenheid met Jeffrey Epstein en dat hy in ‘n […]
Medisyne-inspekteurs moet by grense ontplooi word - June 11, 2025
Affirmative Respositioning-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette het in die parlement gedraai. Amupanda sê tablette is by die Ngoma-grens onderskep. Een pakkie kos volgens ‘n verkrygingsbestelling 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal en ‘n middelman maak glo 920 dollar per pakkie wins. Gesondheidsminister […]
Musk moet in swart besighede belê – Malatsi - June 11, 2025
Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê die besluit om aan die miljardêr Elon Musk se organisasie, Starlink, ‘n bedryfslisensie in Suid-Afrika toe te ken, berus uitsluitlik by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika. Terwyl Musk weerstand bied teen die nakoming van swart bemagtigingsreëls, stel Malatsi voor dat hy belê in sake-ondernemings in […]
Soldate sal in LA bly tot daar vrede is – Trump - June 11, 2025
President Donald Trump het nie ʼn sperdatum gestel vir die onttrekking van die Nasionale Wag en seesoldate in Los Angeles nie. Dit volg terwyl betogings oor sy administrasie se optrede teen immigrasie voortgaan. Trump het Saterdagaand tydens toenemende betogings opdrag gegee dat 2 000 lede van die Nasionale Wag ontplooi word. Hy het die getal […]
Konvooi op pad om Gaza-blokkade te breek - June 11, 2025
‘n Konvooi met honderde pro-Palestynse aktiviste het Tunisië se grens met Libië oorgesteek om ooswaarts te beweeg totdat hulle deur Israel se versperring van die Palestynse gebied kan breek. Dit volg nadat Israel ‘n skip met 12 mense, insluitend die aktivis Greta Thunberg en die Frans-Palestynse lid van die Europese Parlement, Rima Hassan, onderskep het […]