Kommer oor oor-toerisme by sensitiewe gebiede - June 11, 2025

Die toerisme-ministerie sal ‘n nuwe meesterplan voorberei wat brandpunte vir toerisme uitwys deur middel van geografiese inligtingstelsels. Die ministerie het kommer oor sogenaamde oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is. Die plan sal ook infrastruktuur tekortkominge uitlig sowel as ander belangrike kwessies soos […]

Read More

Onderwys kort belegging vir werkskepping – Gwarube - June 11, 2025

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in die onderwys-sektor. Sy het in Pretoria gepraat voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die jeug tydens die Presidensiële Jeugwerkverskaffings-ingryping en Werkverskaffing-stimulusprogramme. Ramaphosa sal skole en opleidingsentrums besoek wat openbare-privaat vennootskappe uitbeeld wat vaardighede en werksgeleenthede bied. […]

Read More

Voorbetaling vir Bellingham, 19, beloop N$667m - June 11, 2025

Borussia Dortmund het ʼn kontrak tot 2030 met die 19-jarige Engelse middelveldspeler Jobe Bellingham van Sunderland gesluit, vyf jaar nadat sy ouer broer Jude by die klub aangesluit het. Dortmund het na bewering ‘n fooi van ongeveer 667 miljoen Namibiese dollar betaal om sy dienste te verseker, die grootste voorbetaling wat die klub nog ooit […]

Read More

Vermeende verkragter van seun, 17, verskyn - June 11, 2025

Die Ondangwa-laerhof het borg aan die 39-jarige Andreas Mtula, wat aangekla word van die verkragting van ‘n 17-jarige seun geweier en sy saak tot 11 November uitgestel vir verdere ondersoek. Mtula het blykbaar die kind se stilte probeer koop met 200 Namibiese dollar na hy hom herhaaldelik verkrag het sedert Januarie. Hy het die aantygings in […]

Read More

DA sê oor sy agenda in eenheidsregering - June 11, 2025

Die DA sê hy beywer hom in die regering van nasionale eenheid vir ʼn agenda wat groei eerste plaas en fokus op werkskepping, om beleggings te lok en energiesekerheid. Die party sê egter vordering word belemmer deur diegene wat onwillig is om besluite neem om die ekonomie te moderniseer. Nico Pienaar van die DA sê […]

Read More

Graz-skietery: Dodetal styg tot 11 - June 11, 2025

Die dodetal in die skietvoorval by ʼn Oostenrykse skool het tot elf gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. ʼn Gewapende man het gister op mense by ʼn sekondêre skool in die stad Graz losgebrand en tien mense op die toneel doodgeskiet. Die slagoffers sluit kinders tussen 14 en 18 jaar in. Owerhede […]

Read More

VN-hoof sê gierigheid mag nie toegelaat word om aarde se lot te bepaal nie - June 11, 2025

Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instansies wat die seelewe vernietig met onwettige visvang en platstiekbesoedeling te konfronteer. Die derde Verenigde Nasies Oseaankonferensie, ‘n hoëvlak spitsberaad onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica, word tans in Nice, Frankryk gehou. Meer as 60-persent van see-ekosisteme is verswak of word onvolhoubaar gebruik. Guterres sê […]

Read More

GRN ondersoek suikerproduksie by Kalimbeza  - June 11, 2025

Die regering, terwyl hy nie die Kalimbeza-rysprojek op dreef kan kry nie, voer ‘n lewensvatbaarheidstudie uit om suikerproduksie by die rysaanleg op die been te bring. Terwyl dit nie bekend is wanneer die studie voltooi sal wees nie, kan die uitdagings by Kalimbeza nie geïgnoreer word nie. Die aanleg sukkel met herhaalde diefstal, ook van […]

Read More

Newsom vaar uit teen Trump  - June 11, 2025

Los Angeles se burgemeester, Karen Bass, het ʼn plaaslike noodtoestand afgekondig en ʼn aandklokreël ingestel in dele van dié stad se sakesentrum terwyl plundery en gewelddadige betogings teen immigrasieklopjagte voortduur. Die aandklokreël is van agtuur saans tot sesuur soggens en sal vir ‘n paar dae duur. Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, beskuldig president Donald […]

Read More

Britte stel sanksies in teen Bibi se kabinetslede  - June 11, 2025

Die Verenigde Koninkryk het sanksies teen twee Israeliese ministers ingestel as gevolg van hul uitsprake oor Gaza. Itamar Ben-Gvir en Bezalel Smotrich word verbied om Brittanje te besoek en hul bates in die land word gevries as deel van die maatreëls deur die minister van Buitelandse Sake, David Lammy. Smotrich het ‘n veldtog gevoer teen […]

Read More