Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglyn - June 10, 2025

Vervoerminister Veikko Nekundi, het ‘n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi’s wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in wetstoepassing te herstel. Nekundi het […]

Read More

Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR - June 10, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike hervorming gebeur wanneer geleenthede uitgebrei […]

Read More

Agt dood in Oostenrykse skool-skietery - June 10, 2025

Die Oostenrykse polisie sê minstens agt mense is dood nadat ‘n gewapende man op ‘n skool in Graz in die suidooste losgebrand het. Die vermeende aanvaller is ook dood. Die openbare uitsaaier ORF berig die skool is daarna ontruim. Verskeie mense, insluitend leerders en onderwysers, is ernstig beseer. ‘n Tiener is in Februarie dood en […]

Read More

Kanadese tiener-swemkampioen stel nog ‘n wêreldrekord op - June 10, 2025

Swem: Die jong Kanadese Olimpiese kampioen Summer McIntosh het haar oorheersing in die swembad voortgesit toe sy die 10-jaar-oue wêreldrekord in die 200-meter individuele wisselslag verbeter het tydens die nasionale proewe. Die 18-jarige het ‘n tyd van twee-minute-5,7-sekondes aangeteken om die vorige rekord te verbeter wat Katinka Hosszu van Hongarye tydens 2015 se Wêreldkampioenskap opgestel […]

Read More

Rundu-inwoners ‘moet help met waterkrisis, rekeninge betaal’ - June 10, 2025

Rundu staar ‘n toenemende waterkrisis in die gesig namate vinnige bevolkingsgroei toenemende druk op verouderde infrastruktuur en beperkte watervoorsieningstelsels plaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het onthul dat die dorp tans slegs 857 kubieke meter water kan voorsien maar daar is 1 400 nodig. Intussen is die konstruksie van ‘n nuwe behandelingsaanleg […]

Read More

Tweede Ongos Vallei Sewestoernooi in hoofstad geloods - June 10, 2025

Ongos Vallei het die tweede uitgawe van die Ongos Vallei Sewestoernooi in die hoofstad geloods. Die toernooi is ‘n hoë-impak rugby-seweskompetisie wat gemeenskappe deur sport verenig en was verlede jaar baie gewild. Dit word in vennootskap met die Namibië Rugby-unie aangebied en beloof om vanjaar groter te wees met beter voorbereide spanne en groter gemeenskapsdeelname. […]

Read More

Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar … - June 10, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder deur konsultasies, opleiding en bewusmakingsprogramme […]

Read More

PDM soek antwoorde in NV oor gratis studies - June 10, 2025

Die Nasionale Vergadering het sy werksaamhede vandag hervat, en die kwessie van gratis hoër-onderwys het ter sprake gekom. Die PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Ttjeundo het vrae gerig aan onderwysminister Sanet Steenkamp, na sy gesê het dit sal gekoppel word aan die behoeftes van sleutel-ekonomiese sektore. Die minister se antwoorde is geskeduleer vir die 19de Junie, as daarby […]

Read More

e-IDs op pad, teen Julie bekend gestel - June 10, 2025

Die binnelandse sake-ministerie het aangekondig dat die bekendstelling van Namibië se eerste elektroniese identiteitskaart geskeduleer is teen Julie vanjaar. Dit sal na verwagting identiteitsbestuur hersien en toegang tot beide openbare en private dienste stroomlyn. Die e-ID-inisiatief is ontwerp om die land se burgerlike registrasiestelsel te moderniseer en uiteindelik te herdefinieer. Dit is ontwikkel in vennootskap […]

Read More

Iran amputeer hande van herhaalde diewe - June 10, 2025

Iranse owerhede het twee mans se hande geamputeer, nadat hulle herhaaldelik aan diefstal skuldig bevind is. Die amputasies is gedoen nadat die vonnisse van ‘n hof in die sentrale provinsie, Isfahan, deur die Hooggeregshof bekragtig is. Isfahan se hoofregter, Asadollah Jafari, sê die regbank sal voortgaan om sterk standpunt in te neem teen misdade wat […]

Read More