Cran opdateer Universele Diensfonds-vordering - June 10, 2025
Tydens die regering se inligtingsessie het Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, ‘n opdatering gegee oor die Universele Diensfonds wat op 19 Maart van stapel gestuur is. Die inisiatief is daarop gemik om internetdienste aan gemarginaliseerde gemeenskappe te verskaf. Nghikembua het meer.
Madleen-deportasies fokus aandag op Gaza-krisis: GOOD - June 10, 2025
Die GOOD-party sê die deportasie van die klimaatsaktivis Greta Thunberg en ander aan boord van die Madleen het dalk onbedoeld aandag getrek na die humanitêre krisis in Gaza. Die boot met 12 mense aan boord wat volgens berigte humanitêre hulp na Gaza wou neem, is na die Israelse hawestad Asdod gesleep nadat dié land se […]
Aandele styg terwyl VSA, China oor handel praat - June 10, 2025
Aandele het gestyg op die tweede dag van die jongste ronde handelsgesprekke tussen China en die VSA, met een van president Donald Trump se topraadgewers wat sê hy verwag ‘n ooreenkoms. Daar is optimisme dat die onderhandelings markte sal kalmeer en spanning tussen die ekonomiese supermoondhede sal verlig, nadat Trump verlede week sy Chinese eweknie, […]
VRK-eindstryd op Crokepark dalk in Bulle se guns - June 10, 2025
Rugby: Die Bulle kan moontlik bevoordeel word nadat die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap verskuif is vanaf Leinster se tuisveld, die Aviva-stadion in Dublin, Ierland. Die wedstryd sal op die Crokepark-sokkerstadion gepeel word, want Aviva is nie beskikbaar nie. Croke, met sitplek vir meer as 82 000 toeskouers, sal na verwagting slegs halfvol wees. Kaartjieverkope […]
Lilo and Stitch steeds die loket-gunsteling - June 10, 2025
Disney se Lilo and Stitch met Maia Kealoha en Hanna Waddingham in die hoofrolle is vir die derde agtereenvolgende naweek bo aan die lokettrefferlys. In die tweede plek is Lionsgate se Ballerina, ‘n rolprent van John Wick met Ana de Armas in die hoofrol as ‘n danser wat ‘n kontrakmoordenaar word. Mission: Impossible – The […]
SABC TV weer in spervuur oor Afrikaanse nuus - June 10, 2025
AfriForum sê die jongste herskedulering van Afrikaanse nuus op SABC TV is swak beplan en loop die risiko om kykers te verloor. Die organisasie waarsku dat die nuwe tyd om 5.30 nm op weeksdae en 8 nm oor naweke op S3 landelike kykers kan vervreem en toegang tot belangrike nuus kan verminder. Alana Bailey van […]
Lughawensmaatskappy reg vir Avia Dev-beraad - June 10, 2025
Die Avia Dev-beraad vind hierdie week plaas. Dit sal die derde agtereenvolgende keer wees dat die Lughawensmaatskappy deelneem. Daar word 36 lugdienste, 408 verteenwoordigers van 46 lande en meer as 1 200 vergaderings verwag. Die beraad bied ‘n platform vir Namibië om sy samewerking te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder, […]
F1: Spaanse GP vervang Emilia Romagna in 2026 - June 10, 2025
Motorsport: Formule Een het bevestig dat 2026 se seisoen net soos vanjaar 24 wedrenne sal hê, terwyl nuwe tegniese regulasies ingestel word. Madrid is die nuwe gasheerstad van die Spaanse Grand Prix, en vervang die Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. In nog ʼn verandering, vind die Kanadese wedren die eerste keer in […]
Sankwasa vra oor Noa se uiters lang termyn by ACC - June 10, 2025
Die Teenkorrupsie-kommissie gaan nie ‘n transaksie van die dorpsraad van Katima Mulilo ondersoek waarin ‘n motor glo vir munisipale grond verruil is nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is tydens ‘n onderhoud met die Agenda van Namibian Sun gevra of die verlenging van Paulus Noa se termyn as direkteur-generaal van die […]
SA-rooivleisbedryf stel fase een op BKS-reaksie in - June 10, 2025
Die Rooivleis-bedryfsdienste sê ná die aktivering van sy gesentraliseerde operasionele sentrum, het hy fase een van sy gekoördineerde reaksie op die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking in die land ingestel. Gevalle van die siekte is in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga aangemeld. Die diens se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê hulle fokus sterk daarop om rolspelers in […]