Amerikaanse Ope nou voltallig met drie bykomende spelers - June 10, 2025
Nog drie spelers het volle vrystelling gekry vir die week se Amerikaanse Opekampioenskap, terwyl vyf alternatiewe spelers uit die finale kwalifiseringsgroep by die spelersgroep van 156 gevoeg is. Ryan Fox van Nieu-Zeeland het die Kanadese Ope gewen om sy plek in die major-kampioenskap te verseker. Die Amerikaners Cameron Young en Bud Cauley het ook volle […]
NamPower kort miljarde vir elektrifisering - June 10, 2025
NamPower het 3,4 miljard Namibiese dollar nodig om 206 000 huishoudings teen 2030 te elektrifiseer. Volgens nasionale statistieke het Namibië 756 339 huishoudings, waarvan baie steeds geen krag het nie en om die gaping aan te spreek, beplan NamPower om 30 000 huishoudings per jaar te koppel tot 2030. Indien dit uitgevoer word sal 150 […]
KAS bied belangrike gesprek aan vandag - June 10, 2025
Die Konrad-Adenauer-Stiftung bied vandag ‘n belangrike openbare bespreking aan oor digitale hulpmiddels burgerlike opvoeding, toegang tot geregtigheid en menseregte in Namibië kan verbeter. Vooraanstaande regsgeleerde dr. John Nakuta sal praat oor die rol van KI en digitalisering in die bevordering van burgerlike onderwys en menseregte, terwyl ombud Basilius Dyakugha ook ‘n hooftoespraak sal lewer. Kosmos […]
Swaar sneeu in Oos-Kaap - June 10, 2025
Die Oos-Kaapse Vervoerdepartement sê die N2-hoofweg tussen KwaBhaca en Kokstad is die jongste toevoeging tot verskeie paaie wat met ‘n dik sneeukombers bedek is. Die snelweg kan binnekort vir verkeer gesluit word as toestande nie verbeter nie. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê swaar sneeuval kom steeds op die R-58 na Elliot by die […]
Kendrick Lamar maak skoonskip by BET - June 10, 2025
Die kletsrymer Kendrick Lamar was die groot wenner by die BET-toekennings in Los Angeles. Lamar het toekennings ontvang vir beste album van die jaar vir GNX, beste mans-hip-hop-kunstenaar, video van die jaar vir Not Like Us, en beste samewerking saam met SZA vir Luther. Die kletsrymer het ook die prys gewen vir video-regisseur van die […]
Staat moet skoonmaak, hoogste standaarde handhaaf - June 10, 2025
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ‘n institusionele skoonmaakveldtog van stapel gestuur. Dit volg op ‘n kabinetsopdrag dat alle regeringskantore, ministeries en agentskappe die hoogste standaarde vir higiëne moet handhaaf. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao sê dit is die verantwoordelikheid van alle personeel om persele skoon te hou en dat daar geen verskil tussen […]
Steenhuisen moet Trump-belofte oor plaasmoorde nakom - June 10, 2025
AfriForum vra die minister van Landbou, John Steenhuisen, om sy belofte aan die Amerikaanse president, Donald Trump, na te kom om voorkeur te gee aan die voorkoming van plaasaanvalle. Die burgerregtegroep sê Steenhuisen se opmerkings aan Trump, wat plaasaanvalle en veediefstal tot voorkeur-misdade verklaar, moet deur dringende optrede opgevolg word. Jacques Broodryk van AfriForum waarsku […]
Mosambiek bekommerd oor sy kuslyn se bewaring - June 10, 2025
Die Mosambiekse minister van Seehulpbronne en Visserye, Momade Juízo waarsku dat onwettige visvang, wortelboomvernietiging en plastiekafval ernstige bedreigings vir die land se biodiversiteit inhou. Hy benadruk die behoefte aan die beskerming van die kuslyn van 2 700-kilometer. Juízo sê hervormings is op sektorvlak aan die gang vir die versterking van die politieke, wetlike en institusionele […]
Madleen in Israel vasgemeer, aktiviste gedeporteer - June 10, 2025
Die Madleen van die Freedom Flotilla Coalition is in die Israelse hawestad Asdod vasgemeer nadat Israel dit onderskep het. Die boot het humanitêre hulp en menseregte-aktiviste, insluitend die klimaataktivis Greta Thunberg, aan boord. Die Israelse ministerie van Buitelandse Sake sê die passasiers is medies ondersoek en na die Ben Gurion-lughawe geneem om na hul tuislande […]
Ombud kan nie SWATF help met eis nie - June 10, 2025
Die ombudsman Basilius Dyakugha sê daar is geen dokumente wat die eis van 36 miljoen Namibiese dollar van die oud-SWATF troepe ondersteun nie. Die groep meen die Suid-Afrikaanse regering het die fondse aan die Swapo-regering oorgedra om die troepe uit te betaal maar, Swapo het dit gebruik. Dyakugha sê hy het tydens sy vergadering met […]