Seun, 12, ry seun, 14, dood - June 10, 2025
‘n Twaalf-jarige seun wat van strafbare manslag aangekla word nadat hy in Brakpan, Gauteng bo-oor ‘n 14-jarige seun gery het sal op 28 Augustus weer in die hof verskyn. Hy het in die landdroshof in Brakpan verskyn en die Hof sal nou besluit of hy strafregtelik verantwoordelik gehou kan word. Lumka Mahanjana van die Nasionale […]
Navo kort baie meer besteding om te kan verdedig - June 10, 2025
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê die organisasie het ʼn toename van 400 persent nodig in lug- en missielverdediging om ʼn geloofwaardige afskrikfaktor te bly. Dit kom in aanloop tot ʼn beraad in Den Haag later die maand wanneer die alliansie van 32 lande na verwagting sal saamstem oor ʼn voorstel van Donald Trump dat […]
Florida man vandag tereggestel na moord in 1994 - June 10, 2025
‘n Man wat 30 jaar gelede skuldig bevind is aan die verkragting en moord op ‘n vrou nadat hy haar uit ‘n supermark se parkeerterrein in Florida ontvoer het, sal vandag tereggestel word. Anthony Wainwright, 54, sal na verwagting ‘n dodelike inspuiting in die Florida State Prison naby Starke ontvang. Hy is skuldig bevind aan […]
Vermeende verkragte poog om stilte met N$200 te koop - June 10, 2025
Plaaslike media berig dat ‘n 39-jarige man wat oor die naweek gearresteer is vir die herhaaldelike verkragting van ‘n 17-jarige seun, het blykbaar die kind se stilte probeer koop met 200 Namibiese dollar. Die Oshana-polisie sê die eerste geval het reeds in Januarie plaasgevind en die kind is na die man se huis genooi waar […]
Dudula hof toe gesleep oor teistering van buitelanders - June 10, 2025
Belangegroepe, waaronder Kopanang Africa Against Xenophobia en die South African Informal Traders Forum, daag Operasie Dudula en verskeie regeringsdepartemente voor die hof in Johannesburg. Hulle vra ‘n interdik om die teistering, intimidasie en geweld teen buitelandse burgers te stop. Die groepe teken ook protes aan teen die regering se versuim om migrante te beskerm. Itumeleng […]
Pentagon ontplooi 700 seesoldate in LA - June 10, 2025
Die Pentagon het bevestig dat hy 700 aktiewe-diens seesoldate in Los Angeles ontplooi om die federale reaksie op betogings teen immigrasieklopjagte en deportasies by te staan. Hy sê die seesoldate sal naatloos aansluit by sowat 2 100 soldate van die Nasionale Wag wat reeds ontplooi is om federale personeel en eiendom te beskerm. Los Angeles […]
Israel opposisie eis einde aan Gaza-oorlog - June 10, 2025
Israel se linkse opposisieleier, Yair Golan, het ‘n onmiddellike einde aan die oorlog in Gaza geëis en sê premier Benjamin Netanyahu se regering verteenwoordig nie meer die meerderheid Israelse burgers nie. Golan se party, ‘n samevoeging van linkse faksies, besit slegs vier van die 120 setels in Israel se wetgewer, wat dit een van die […]
Kans vir El Niño is gering - June 10, 2025
Dinge vertoon goed vir die komende reënseisoen. Huidige voorspellings dui op ‘n hoë waarskynlikheid dat ENSO-neutrale toestande deur die winter en vroeë somer, dus tot Oktober vanjaar sal voortduur, met ‘n geleidelike verskuiwing na óf ‘n neutrale óf La Niña-fase daarna. La Niña bring reën in Namibië terwyl El Niño droëer toestande veroorsaak. Die onsekerheid […]
Savanna: As alles reg loop, begin verslagtings in Augustus - June 10, 2025
Die beplanning vir die opening van Savannah Beef Namibia is goed op dreef met die eerste toetsverslagting wat in Augustus sal begin. Die droom vir ‘n eie, wêreldklas-abattoir wat deur boere besit en bestuur word, is vyf jaar gelede van stapel gestuur deur die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki Schneider. Ian Collard, die uitvoerende […]
Zambezi bly deel van Namibië, punt - June 10, 2025
Die regering, by monde van die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, Audrin Mathe, sê die Zambezi-streek vorm deel van die land se soewereine grondgebied en dit word as self van sprekend aanvaar. Dit kom na die United Democratic Party op 4 Junie geëis het dat die regering die streek onmiddellik ontruim. Die party, onder leierskap […]