David Attenborough breek Emmy-rekord - October 19, 2025

Sir David Attenborough het die rekord vir die oudste wenner van ‘n Daytime Emmy-toekenning gebreek vir sy werk aan die dokumentêr Secret Lives of Orangutans. Die 99-jarige het in die kategorie vir uitstaande dagpersoonlikheid gewen met die Netflix-film, wat ‘n groep ape volg wat in die oerwoude van Sumatra, Indonesië, woon. Attenborough het die rekord gebreek wat voorheen […]

Read More

Rugby: Leeus klop Scarlets op sopnat Ellispark - October 19, 2025

Die Leeus is uiteindelik op ‘n wenpad nadat twee laat drieë deur plaasvervanger Morne Brandon hulle ‘n 29-18 oorwinning besorg het oor die Scarlets in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd Saterdag op Ellispark. Die wedstryd is in aanhoudende reën gespeel en was geensins ‘n klassieke sege nie, maar ‘n desperate oorwinning deur ‘n span onder druk. Die […]

Read More

IPC sê ECN-verklaring is vals, eis verskoning - October 19, 2025

Die Independent Patriots for Change het uitlatings van die Verkiesingskommissie van Namibië skerp veroordeel wat sê die party se indien van nominasies vir die komende streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing voldoen nie aan die bepalings van die Kieswet nie. Die IPC sê die ECN se aantygings is vals, misleidend en venynig. Die party dring aan op […]

Read More

Forum versoek ondersoek na Ramaphosa-bewerings - October 19, 2025

Die Activists and Citizens Forum het ‘n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem. Die forum se woordvoerder Dennis […]

Read More

Gesin van elf in Gaza uitgewis - October 19, 2025

Gaza se Hamas-beheerde burgerlike verdediging sê 11 mense is dood, almal van dieselfde familie, nadat ‘n Israelse tenkgranaat die bus waarin hulle was in die noorde van Gaza getref het. Die Abu Shaaban-gesin het probeer om hul huis te bereik om dit te inspekteer toe die voorval Vrydagaand in die Zeitoun-woonbuurt van Gazastad plaasgevind het. […]

Read More

Rugby: Ulster klop kragtige Haai-span in Durban - October 19, 2025

‘n Triomfantlike Ulster-span het die Haaie met 34-26 in Durban geklop om slegs hul derde Verenigde Rugbykampioenskap-oorwinning op toer die afgelope jaar te behaal. Die Ulster-oorwinning was selfs meer indrukwekkend, aangesien dit teen ‘n Haai-span was wat hul ster-Springbokke teruggebring het, met die uitsondering van die beseerde Aphelele Fassi. Ulster was doeltreffend en klinies maar […]

Read More

Otjiwarongo kry biomassaprojek - October 19, 2025

‘n Biomassa- en boskos-projek word naby Otjiwarongo beplan. Dié projek van die Global Accelerator Joint Programme, gerugsteun deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, is veral gemik op werkskepping vir die jeug. Dit wil weerlose en gemarginaliseerde groepe bemagtig, en volhoubare ekonomiese groei bevorder. Die UNDP se omgewings- en maatskaplike beskermingskenner, Anthony Odongu, verduidelik:

Read More

Ramaphosa kap Israel oor ‘kos as wapen’ - October 19, 2025

President Cyril Ramaphosa het Israel veroordeel vir sy vermeende bewapening van voedsel in Gaza. Ramaphosa het tydens die 7de Maatskaplike Geregtigheidsberaad in Kaapstad beklemtoon dat voedsel nooit as ‘n wapen gebruik mag word nie en beklemtoon dit mag nooit weer aangewend word as ‘n wapen teen mense van wie ons nie hou nie. Die president […]

Read More

Trump, Xi gaan in Suid-Korea vergader - October 19, 2025

Die Amerikaase president, Donald Trump, het aan Fox News gesê hy sal samesprekings met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, voer tydens die komende APEC-beraad in Suid-Korea. Die Asies-Pasifiese beraad vind plaas op 31 Oktober en 1 November in die Suid-Koreaanse stad, Gyeongju. Trump het gedreig om die vergadering te kanselleer terwyl die handelsoorlog vererger deur […]

Read More

Rugby: ‘Ongelooflike’ reeks tussen Springbokke en All Blacks kom volgende jaar - October 19, 2025

Springbok-kaptein Siya Kolisi sê volgende jaar se reeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gaan ongelooflik wees, en iets wat hierdie geslag nooit sal vergeet nie. Die All Black besoek Suid-Afrika vir sewe wedstryde – drie toetse teen die Bokke, kragmetings met die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus, terwyl nog ‘n toets in die […]

Read More