Meer as 3,1m kubiek in ‘n week uit Hardap onttrek - June 10, 2025
Die land se damme vertoon steeds goed met bronne vir die sentrale gebied op 82,3 persent. Net minder as 450 000 kubiek is van Swakoppoort oorgedra na Von Bach wat tans 84,7 persent vol is, na 1,3 miljoen kubiek ook uit Omatako oorgedra is. In die Suide is net meer as ‘n reuse 3,1 miljoen […]
Kenner sê oor NNN se besoek aan hospitale, dis simbolies - June 10, 2025
Volgens nuusberigte het president Netumbo Nandi-Ndaitwah onlangs ongeveer ses uur lank mediese fasiliteite geïnspekteer en pasiënte by Katutura- en Windhoek Sentrale hospitale besoek. Die besoek vorm deel van haar poging om te verseker dat alle politieke ampsdraers en lede van Psemas vanaf April 2026 staatsgesondheidsorgdienste gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, […]
Hoëvlak besoek vandeesweek aan China - June 10, 2025
‘n Hoëvlak-afvaardiging van Namibië, onder leiding van die minister van buitelandse sake en samewerking, Selma Ashipala-Musavyi, woon vandeesweek verskeie forums in China by om vennootskappe te bevorder. Plaaslike regerings- en sakelui gaan van Woensdag tot Sondag die Ministeriële Vergadering van die Forum vir Samewerking tussen China en Afrika bywoon, asook die Ekonomiese en Handelsekspo in […]
Onvoldoende beskerming vir kinders in die Wes-Kaap - June 10, 2025
Die DA in die Wes-Kaap sê hy sal sy pogings verskerp om swakpunte in die provinsie se kinderbeskermingstelsel te identifiseer. Die party beoog om praktiese aanbevelings te ontwikkel om kinderbeskerming te versterk en te verseker geen kind word kwesbaar gelaat nie. Die DA-lid, Wendy Kaizer-Philander, sê meer as 40 000 kinders is in pleegsorg, en […]
Frederick Forsyth sterf op 86 - June 10, 2025
Die Britse skrywer Frederick Forsyth, veral bekend vir sy boeke The Day of the Jackal en The Dogs of War, is op die ouderdom van 86 oorlede, het Jonathan Lloyd, sy agent, Maandag gesê. “Ons treur oor die afsterwe van een van die wêreld se grootste rillerskrywers,” het hy gesê. Volgens Lloyd is Forsyth Maandagoggend […]
Top-tien verander na Franse Ope - June 10, 2025
Die boonste gedeelte van die manswêreldranglys het heelwat verander na die Franse Ope. Kampioen Carlos Alcaraz van Spanje bly tweede na sy oorwinning oor nommer-een, Jannik Sinner van Italië, en die Duitser Alexander Zverev bly derde. Jack Draper van Brittanje het verbeter na vierde, gevolg deur Novak Djokovic van Serwië en die Italianer Lorenzo Musetti. […]
Die dag wat was, 9 Junie 2025 - June 9, 2025
Nanso hou voet by stuk oor gratis hoër onderwys - June 9, 2025
Reaksie is ontvang op onderwysminister Sanet Steenkamp wat sê dat gratis hoër onderwys gekoppel sal word aan die behoeftes en aanvraag van die land se sleutel-ekonomiese sektore. Sy het ook gesê dit sal die wanverhouding tussen gegradueerdes en arbeidsmarkvereistes aanspreek. Steenkamp het gepraat tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan Karas-goewerneur Aletha Frederick. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat […]
SA skitter op Forbes se Afrika-lys - June 9, 2025
Twaalf jong Suid-Afrikaners het Forbes se Afrika 30-onder-30-lys vir vanjaar gehaal. Hulle word geëer vir hul vernuwing, veerkragtigheid en leierskap in verskeie sektore, insluitend gesondheidsorg, onderwys, sport en musiek. Van hulle is die uitvoerende hoof van Quantumed, Avian Bell, die Springbok-ster Sacha Feinberg-Mngomezulu, en die voorstander vir menstruele gesondheid, Candice Chirwa. Hulle lewensverhale en prestasies […]
Hondestappies taboe in al meer Iranse stede - June 9, 2025
Iranse amptenare het ‘n polisiebevel van 2019 wat die stap van honde in die hoofstad Teheran verbied, uitgebrei na ten minste 18 ander stede. Owerhede verwys na openbare orde en gesondheids- en veiligheidskwessies. Honde-eienaarskap, die oortreding van Iran se verpligte hijab-wette, die bywoon van ondergrondse partytjies en drankgebruik is lank reeds vorms van ‘n stille […]