Krieket: Proteas vol moed vir stryd teen Aussies - June 9, 2025

Die Proteas se aanvangskolwer, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue in aanloop tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen die huidige kampioen, Australië, wat Woensdag op Lord’s begin, al het Suid-Afrika ses maande laas ʼn toets gespeel. Markram sê hulle weet hoe belangrik dit is om goed te begin en vroeg in die wedstryd […]

Read More

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop - June 9, 2025

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad Namibian Sun gepraat en sê […]

Read More

Onderwysministerie sê hoekom nuwe WHS-skoolhoof aangestel is  - June 9, 2025

Windhoek Observer berig die regering het dokumente by die Komitee vir Onderrigdienste ingehandig wat verduidelik hoe die nuwe skoolhoof van Windhoek Hoërskool aangestel is. Dit volg na WHS se skoolraad ‘n aansoek in die Hoërhof in Windhoek gebring het waarin hulle die hof versoek om die aanstelling van Teofilus Nuugulu tersyde te stel. Volgens die […]

Read More

Skole sonder voedselhulp, want mieliemeel te duur - June 9, 2025

Die onderwysministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag ontvang. Volgens die lynministerie kry […]

Read More

CoW wil elektrisiteitstariewe met 4% verhoog  - June 9, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het voorgestel dat elektrisiteitstariewe vir die 2025/26-boekjaar met 4 persent verhoog word – hoër as NamPower se goedgekeurde gemiddelde verhoging van 3,8 persent. Die munisipaliteit motiveer sy verhoging deur die bevolkingsontploffing in Windhoek en die gevolglike koste verbonde aan die voorsiening in die groter vraag.  

Read More

Diamante verloor glans, prys onder druk - June 9, 2025

Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die wêreldwye diamantmark. Dié mark beleef […]

Read More

Lesotho se OG boos oor Koninklike Paleis - June 9, 2025

Die Ouditeur-generaal van Lesotho, Paul Letlela, het vertragings en wanbestuur van twee groot projekte gekritiseer. Die Koninklike Paleis wat binne drie jaar voltooi moes wees, is na berigte 15 jaar later steeds nie voltooi nie. Die Lesotho-elektrisiteitsonderneming is intussen ook onder die loep geneem en het dringende regstappe gedoen om te keer dat die Openbare […]

Read More

Netanyahu ontketen argwaan van ultra-ortodokse Jode  - June 9, 2025

Die godsdienstige Shas-party in Israel dreig om die land se premier, Benjamin Netanyahu, tot ‘n val te bring deur ‘n mosie te ondersteun vir ‘n vroeë verkiesing. Netanyahu is onder druk oor beoogde wetgewing om ‘n jarelange instelling te skrap dat ultra-ortodokse Jode nie vir militêre diens opgeroep hoef te word nie. Die uitsondering wat […]

Read More

Nieu-Seeland se rugbybaas gaan uittree  - June 9, 2025

Nieu-Seeland se beheerliggaam sal van volgende jaar af ‘n nuwe uitvoerende hoof hê. Nieu-Seeland Rugby het Mark Robinson se vertrek bevestig en sê hy gaan by sy familie in Australië aansluit. Die beheerliggaam sê as ‘n trotse voormalige All Black het hy ‘n reusebydrae tot die spel gelewer. Robinson het in Januarie 2020 oorgeneem en […]

Read More

Tennis: Loïs Boisson maak reusesprong op wêreldranglys  - June 9, 2025

Die Franse speler Loïs Boisson, wat onverwags die halfeindronde van die Franse Ope gehaal het, het 296 plekke op die wêreldranglys geklim tot 65ste. Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff is steeds in die eerste twee plekke nadat Gauff Sabalenka in die eindstryd verslaan het. Die driemalige verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, […]

Read More