KZN-polisie het baie vrae oor verdwyning van Comrades-atleet - June 9, 2025

Die KwaZulu-Natalse polisie stel tans ondersoek in na die omstandighede rondom die verdwyning van ‘n Comrades-atleet wat ná die wedloop as vermis aangemeld is. Moira Harding van Kaapstad het die 98ste Comrades-marathon voltooi, maar toe verdwyn. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê sy is vanoggend gevind, na afloop van ‘n intensiewe soektog deur die polisie se […]

Read More

Opskud, jy’t nog net tot Vrydag om insette in wetshervorming te lewer - June 9, 2025

Die publiek het nog net tot Vrydag om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder […]

Read More

Tennis: Loïs Boisson maak reusesprong op wêreldranglys  - June 9, 2025

Die Franse speler Loïs Boisson, wat onverwags die halfeindronde van die Franse Ope gehaal het, het 296 plekke op die wêreldranglys geklim tot 65ste. Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff is steeds in die eerste twee plekke nadat Gauff Sabalenka in die eindstryd verslaan het. Die driemalige verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, […]

Read More

Oshikoto se landelike water word onderbreek - June 9, 2025

NamWater het ‘n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Swart Ekonomiese Bemagtiging werk nie, Lamola – DA - June 9, 2025

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola om sy voortgesette bevordering van die ANC se mislukte ekonomiese transformasiebeleid te verduidelik. Die party sê in sy toespraak by die Black Business Council Donderdag het Lamola swart professionele persone versoek om die rewolusie te verdedig. Ryan Smith van die […]

Read More

Rwanda onttrek uit Sentraal-Afrika se ekonomiese gemeenskap - June 9, 2025

Rwanda sê hy sal onttrek aan die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State, wat die diplomatieke spanning in die streek na die M23 se inval in die DRK, beklemtoon. Kigali sou die voorsitterskap van die 11-lid-blok oorneem tydens ‘n vergadering Saterdag in Ekwatoriaal-Guinee. Rwanda het in ‘n verklaring die DRK se instrumentalisering van die blok veroordeel […]

Read More

Navo moet besteding met 400% verhoog - June 9, 2025

Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sal vandag ‘n toespraak in Londen gebruik om te sê dat die militêre alliansie ‘n toename van 400 persent in lug- en missielverdediging benodig, een van die prioriteite vir ‘n ledeberaad in Den Haag wat later vandeesmaand gehou word. Rutte dring daarop aan dat lede verdedigingsbesteding tot 3,5 persent van […]

Read More

Sardarov se skoolhoof gesels oor privaatskool - June 9, 2025

Die Russiese miljardêr en eienaar van Marula Game Ranch, Rashid Sardarov, het ‘n skool op een van sy lodges by Dordabis opgerig. Victoria Private School gaan nie net onderrig aan die kinders van Sardarov se werknemers verskaf nie, maar ook aan minderbevoorregte kinders. Kosmos 94.1 het met skoolhoof Frank Farmer gepraat:

Read More

Wat maak Brent met dollar wat verswak? - June 9, 2025

Die prys van Brent ru-olie het effe gestyg en verhandel rondom 66 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Amerikaanse geldeenheid is op die oomblik swakker wat beteken die prys van olie behoort te styg en volgens ekonoom Dawie Klopper, terwyl dit nog nie in werklikheid gebeur het nie, kan dit nou die eerste fase wees. Hy […]

Read More

Vandalisme, diefstal kelder Kalimbeza verder - June 9, 2025

Plaaslike media berig dat die Kalimbeza-rysprojek deurloop onder diefstal en vandalisme. Die projek sukkel reeds jare lank om produksie te verbeter en het vir twee jaar braak gelê. Nou kom berigte dat sonpanele by die projek herhaaldelik gesteel word. In die eerste geval is ses panele gesteel en daarna weer vier wat skade van 100 […]

Read More