Khomas steier onder informele nedersettings weens migrasie - June 9, 2025

Die Namibiese Statistieke-agentskap se data wys hoë vlakke van migrasie van landelike gebiede na stede, meesal deur jong werksoekers. Cirrus-ontleder Tannan Groenewald sê egter sowat 75 persent van hulle land in informele nedersettings, sonder werk. Die migrasie plaas ook beduidende druk op behuising in stedelike gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Groenewald gepraat, wat meer […]

Read More

GRN deel sy kwotas uit vir werklose vissermanne - June 9, 2025

Die visserye-minister, Inge Zaamwani, het aangekondig dat die regering se visvangkwotas onder die regering se Indiensnemingsherstelprogram aan sewe aangewese entiteite gegee is om betrokke werknemers te absorbeer. Die probleem het begin toe ongeveer 2 000 vissers in 2015 in ‘n massa-afdanking afgedank is nadat hulle onwettige stakings uitgevoer het in reaksie op maatskappysluitings en korrupsie […]

Read More

Pleitbedinging sal positief wees vir plaaslike regstelsel - June 9, 2025

Die Namibiese regstelsel gebruik nog nie pleitbedinging, of “plea bargaining” nie, maar dit wil voorkom of dit op die agenda is. Hoofregter Peter Shivute het die konsep op die voorgrond geplaas by ‘n konferensie oor alternatiewe geskilbeslegting in Windhoek. Shivute het sy oortuiging uitgespreek dat die konferensie die weg sal baan vir Namibië om die […]

Read More

Statistieke SA moet dringend sy poste vul - June 9, 2025

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Beplanning, Monitering en Evaluasie is bekommerd oor finansiële probleme en vakante poste by Statistieke Suid-Afrika. Die agentskap het sowat 72 vakante poste, ‘n leegstaankoers van 21,8-persent wat sy kernfunksies en databehoeftes vir beleidsbeplanning beïnvloed. Die statistieke-generaal, Risenge Maluleke, waarsku die situasie is kritiek. Die komitee doen ‘n beroep op StatsSA […]

Read More

Haïti steier reeds onder VSA-reisverbod - June 9, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se nuwe reisverbod tree vandag in werking en Haïti steier reeds onder die impak. Die land is oorval deur bendes en is afhanklik van internasionale hulporganisasies te midde van sy humanitêre en veiligheidskrisis. Met geweld wat daagliks uitbrei is daar talle inwoners wat nie sal kan vlug na die VSA nie. Die […]

Read More

LA-polisiehoof sê oor betogings, National Guard - June 9, 2025

Die ontplooiing van die National Guard deur president Donald Trump, sonder dat Kalifornië se regering daarvoor gevra het, bly in die nuus. Die goewerneur Gavin Newsom maak kapsie daarteen en sê dit hits geweld aan. Los Angeles loop sedert Vrydag deur onder betogings, wat gewelddadig geraak het, teen immigrasie-klopjagte. Die stad se polisiehoof Jim McDonnell, […]

Read More

NamRA sê onwettige voertuig-invoere daal - June 9, 2025

NamRA sê daar is ‘n daling in onwettige voertuig-invoere sedert die transito-regulasies in Maart 2023 ingestel is. Onder die maatreëls mag tweedehandse voertuie alleenlik op vragmotors ingebring word. Voorheen het talle van die voertuie die land binnegekom en is ingevoer sonder dat enige invoerbelasting betaal word. Kommissaris Sam Shivute sê nakoming het verbeter maar, skuiwergate […]

Read More

Klimaat het reuse-impak op oseane, en ons veilige voortbestaan - June 9, 2025

Nuwe navorsing in Brittanje toon die oseaan word donkerder weens klimaatsverandering, wat see-ekostelsels bedreig. Minder sonlig bereik die fotiese sone en beïnvloed seegras en plantaardige plankton wat noodsaaklik is vir seelewe en koolstofopname. Besoedeling en veranderde seestrome is die belangrikste oorsake. Kenners sê meer as 20-persent van oseane word geraak en spesies moet nou meeding. […]

Read More

Kenner sê oor Trump en Elon se bekgeveg - June 9, 2025

Spanning tussen president Donald Trump en Elon Musk het vir eers verlig, met assistente van beide kante wat Vrydag stil-stil gesprekke gevoer het, volgens amptenare van die Withuis wat deur Politico aangehaal word. Alhoewel die openbare vete tot stilstand gekom het, meen amptenare beide partye is steeds uiters ongelukkig. Bronne sê verder Musk wil ‘n […]

Read More

Bibberweer duur nog so bietjie voort, brei uit na die Noorde toe - June 9, 2025

Die bibberweer is nog nie verby en duur voort vannag met die koue wat na die noordelike dele versprei. Die Namibiese weerdiens sê temperature kan in die Suide begin herstel maar, sal steeds uiters koud wees. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More