RedForce in Walvisbaai bly in die nuus - June 9, 2025

Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook ’n kontrak met RedForce om […]

Read More

Gewaagde gewapende roof op Karasburg - June 9, 2025

Sewe inbrekers het Saterdag ‘n man in sy huis in Westerkim op Karasburg met ‘n vuurwapen aangehou en hom van 10 000 Namibiese dollar in kontant en eiendom ter waarde van 4 500 dollar beroof. Volgens die polisie is vier verdagtes in verband met die voorval aangekeer en sal na verwagting vandag in die landdroshof […]

Read More

VSA, China vergader in Londen oor tariewe - June 9, 2025

‘n Amerikaanse afvaardiging onder leiding van die Minister van Handel, Howard Lutnick, vergader vandag met Chinese amptenare in Londen in gesprekke wat gemik is op die oplossing van die handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë. ‘n Negentig-dae handelsooreenkoms vroeër vandeesmaand het daartoe gelei dat die VSA sy algehele tariewe op Chinese goedere tydelik […]

Read More

Sneeu vandag in die Vrystaat voorspel - June 9, 2025

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê provinsiale rampbestuurspanne het gebeurlikheidsplanne opgestel in afwagting van sneeuneerslae vandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir matige sneeuval in die westelike en suidelike dele van die provinsie. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê sneeu sal waarskynlik ook oor hoogliggende gebiede en bergpieke […]

Read More

Stad Windhoek vra 4% verhoging in kragtarief - June 9, 2025

Stad Windhoek vra die Elektrisiteitsbeheerraad vir ‘n tariefverhoging van 4 persent vir krag. Volgens die munisipaliteit stem dit ooreen met NamPower se goedgekeurde gemiddelde verhoging van 3,8 persent. Indien wel goedgekeur sal dit ‘n verhoging van 3 persent vir normale residensiële kliënte beteken en ‘n verhoging van 1 persent vir pensioenarisse tot gevolg hê. Die Stad […]

Read More

DA dankbaar vir alle stappe wat Agoa beskerm - June 9, 2025

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom voortgesette pogings om landbou-uitvoermarkte te beskerm. Die party sê die Verenigde State bly ‘n kritieke handelsvennoot, veral deur die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat belastingvrye toegang vir ‘n wye reeks Suid-Afrikaanse landbouprodukte bied. Noko Masipa van die DA sê in 2024 alleen het die provinsie landbouprodukte […]

Read More

Kalifornië het nie federale hulp aangevra nie - June 9, 2025

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die ontplooiing van 2 000 lede van die National Guard in Los Angeles oor die naweek is doelbewus opruiend. Hy waarsku dat dit die spanning net sal laat toeneem. President Donald Trump het die soldate in Los Angeles ontplooi te midde van toenemende betogings teen klopjagte deur Immigration […]

Read More

Nuwe bloedtoets vir Alzheimer’s uiters akkuraat - June 9, 2025

Navorsers sê ‘n nuwe bloedtoets vir Alzheimer se siekte is 95-persent akkuraat om pasiënte te identifiseer met kognitiewe verswakking wat verband hou met die toestand. Die Amerikaanse studie het 509 pasiënte in ‘n geheuekliniek vir buitepasiënte in Florida betrek. Die toets, wat deur die Amerikaanse reguleerder goedgekeur is, was ook 82-persent onderskeidend akkuraat wat beteken […]

Read More

Minstens agt brande landswyd  - June 9, 2025

Die winter het skaars begin en die eerste veldbrande is hier. Op die oomblik sukkel bestryders om ‘n brand noord van Kamanjab, wat in die rigting van Grootberg brand, onder beheer te bring. Oor die naweek is ‘n groot veldbrand tussen Aroab en Karasburg naby plaas Williesputs langs die M26-pad onder bedwang gebring en so […]

Read More

SA woon Oseanekonferensie in Frankryk by  - June 9, 2025

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, woon vandag die derde VN-Oseanekonferensie in Nice, Frankryk, by. Die konferensie wil wêreldwye optrede versnel om oseane te bewaar en volhoubaar te gebruik Dit ondersteun Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 14: ‘Lewe Onder Water’. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê die tema van die konferensie is gerig […]

Read More