Gaza: Vier dood toe hulle kos kom haal - June 9, 2025
Minstens vier mense is Sondag in Rafah dood op pad na ʼn voedselverspreidingsentrum wat deur die Gaza Humanitêre Stigting beheer word. Die Israelse weermag sê soldate het waarskuwingskote afgevuur nadat hulle ʼn groep wat hulle genader het en as ʼn bedreiging beskou is, mondelings gewaarsku het. Die Gaza Humanitêre Stigting se bedrywighede in die kusgebied […]
Marquez wen Aragon Grand Prix - June 9, 2025
Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsryerskampioenskap vergroot ná sy vierde oorwinning van die seisoen by die Aragon Grand Prix in Spanje. Sy jonger broer, Alex, is tweede en Francesco Bagnaia is derde. Die Suid-Afrikaner, Brad Binder, kon nie ʼn plek op die podium haal nie. Marquez, wat ʼn voorsprong van […]
Jongste oor Baba Z na naweek se behandeling - June 9, 2025
Baba Z van die Rauch Elohim-stigting is uit ‘n private hospitaal in Windhoek ontslaan ná hy die naweek ‘n nuwe dreineringspypie in sy brein moes kry. Ronel Peters, die stigter van Rauch Elohim, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Belangstellendes wat sou wou help, kan Rauch Elohim en Peters op Facebook volg, waar inligting […]
Honderde skole sonder voedselprogram gelaat - June 9, 2025
Ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag ontvang. Die Republikein berig die skole wat geraak word is in streke wat die meeste deur armoede […]
Katima is in krisis gedompel, herstelwerk van hoofrioolpomp is stadig - June 9, 2025
Verouderde infrastruktuur wat nie met die behoeftes van die stygende inwonertal van Katima Mulilo kan tred hou nie, het tot ‘n rioolkrisis op die dorp gelei. Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die hoofpomp op die dorp gebreek […]
Unam-studente skryf nog, kan nie Woensdag koshuise ontruim nie - June 9, 2025
Die herrie het losgebars na Unam-studente by die hoofkampus in Windhoek opdrag gekry het om koshuise teen Woensdag hierdie week te ontruim om plek te maak vir deelnemers aan die komende Streek 5 Jeugspele, ten spyte van die voortgesette eksamentydperk. Talle studente sê daar is geen alternatiewe blyplek nie. Studente het Sondag op die kampus […]
Israel neem 12 ongewapende aktiviste in internasionale waters in hegtenis - June 9, 2025
Israelse soldate het aan boord van die jag, Madleen, van die Freedom Flotilla Coalition gegaan wat humanitêre hulp en menseregte-aktiviste soos die klimaat-aktivis, Greta Thunberg, aan boord het. Die vaartuig het Vrydag uit Sisilië vertrek op pad na Gaza. Israel se ministerie van buitelandse sake sê die jag is beveel om koers te verander omdat […]
Vrou, 54, verskyn vandag na sy poog om dwelms by polisiestasie in te smokkel - June 9, 2025
‘n Vrou van 54 jaar is Vrydagaand in die polisiestasie op Aroab in hegtenis geneem toe sy vermoedelik dwelms in die stasie probeer insmokkel het. Sestien ‘bankies’ dagga en ‘n halwe Mandrax-pil is ‘n haar koelsak gevind terwyl sy ondersoek is. Sy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn. Nóg vyf mense […]
UDM-vroue ontstoke oor Pistorius wat aan Ysterman-driekamp deelneem - June 9, 2025
Die UDM Vroue-organisasie sê hulle is geskok om te hoor dat die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius op 1 Mei aan die Isuzu Ysterman 70.3-driekamp in Durban deelgeneem het. Die party sê dit is sy eerste openbare sportbyeenkoms sedert hy in Januarie verlede jaar op parool vrygelaat is. Thandi Nontenja van die UDM sê sy prokureur, […]
Indië open wêreld se hoogste spoorwegbrug - June 9, 2025
Die wêreld se hoogste spoorwegbrug oor ‘n vallei is in Kasjmir deur die Indiese premier Narenda Modi geopen. Dit was Modi se eerste besoek aan Kasjmir wat deur Indië bestuur word, sedert ‘n kortstondige dodelike konflik tussen Indië en Pakistan in April. Die Chenab-boogbrug is 359 meter bo die rivier en 29 meter hoër as […]