Alcaraz vat Franse Ope in epiese eindstryd - June 9, 2025
Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het ná twee stelle agter herstel en drie kampioenskapspunte afgeweer om die Italianer Jannik Sinner in ʼn epiese Franse Ope-eindstryd te verslaan. Die 22-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer een in vyf ure en 29 minute met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 7-6 verslaan in die langste Franse Ope-eindstryd in […]
China roep tydelik halt by Tsumeb-smelter - June 8, 2025
China se Sinomine Resource Group het kopersmelting by sy Tsumeb-aanleg tydelik opgeskort weens ‘n tekort aan konsentraat wat spruit uit die vinnige uitbreiding van smelterkapasiteit wêreldwyd. Volgens die uitvoerende hoof van Sinomine Tsumeb Smelter, Loggan Lou, het die verhoogde kapasiteit tot ‘n beduidende oor-aanbod in kapasiteit gelei. Die gevolglike tekort aan koperkonsentraat plaas druk op […]
Veediefstal kos SA R200m per kwartaal - June 8, 2025
AfriForum sê veediefstal het Suid-Afrika se landbousektor alreeds meer as 200 miljoen rand van Januarie tot Maart vanjaar gekos. Terwyl die polisie ‘n effense daling in veediefstalsake aangemeld het, waarsku Hennie Bekker van AfriForum dat die finansiële skade veel erger is, aangesien meer as 43 000 diere in die laaste kwartaal alleen gesteel is. Bekker […]
Tete Dijana wen derde Comrades - June 8, 2025
Die Suid-Afrikaanse ultramaratonatleet Tete Dijana het sy derde Comrades-marathon gewen. Dijana was eerste oor die wenstreep in die 89ste Comrades van Pietermaritzburg na Durban, met verlede jaar se wenner, die Nederlander Piet Wiersma, tweede. Die 37-jarige Dijana kom van Mahikeng in die Noordwes en het sy werk as sekuriteitswag by die Noordwes-Universiteit bedank en hardloop […]
Rugby: FNB Kudus opgewonde oor toekoms - June 8, 2025
Vreugdesvure op Walvisbaai brand steeds hoog ná FNB Kudus Saterdag vir die eerste keer die Namibiese Rugbypremierliga gewen het. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun White, die afrigter van die Kudus, gesels:
Driemanskap warm op vir Tour de France - June 8, 2025
Die driemanskap wat na verwagting die Tour de France gaan oorheers, kom van vandag reeds teen mekaar te staan. Tadej Pogacar, Jonas Vingegaard en Remco Evenepoel, ontmoet mekaar tydens die Critérium du Dauphiné. Met vier heuwelagtige skofte, ‘n tydtoets en die laaste drie dae in die Alpe, sal dit die soeklig plaas op die vorm van […]
Tientalle betogings teen Tesla in VSA - June 8, 2025
Betogings duur voort teen die tegnologie-miljardêr Elon Musk te midde van ‘n vete met Donald Trump oor die president se reuse-belasting- en binnelandse beleidswetsontwerp. Trump dreig om regeringskontrakte met Musk te beëindig en Musk beweer Trump sou die verkiesing sonder hom verloor het. Ten minste 60 betogings het Saterdag regoor Amerika plaasgevind as deel van […]
DA wil spes-eenheid teen landelike misdaad hê - June 8, 2025
Die DA sê die regering moet ‘n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid met opgeleide en toegeruste lede wat fokus op landelike misdaad, plaasaanvalle en veediefstal in die polisie stig. DA-lid Ian Cameron sê vir die eerste keer het twee sleutelportefeuljekomitees, Landbou en Polisie, die werklikheid van en styging in plaasaanvalle en die behoefte aan dringende ingryping erken:
Informele verkopers belangrik vir ekonomie - June 8, 2025
Informele handelaars speel ‘n rol in nywerheidsontwikkeling en geleenthede moet vir hulle geskep word om kreatief tot die ekonomiese groei in hul sektor by te dra, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdagaand tydens die fondsinsamelingsdinee vir die Ondangwa-handelskou die dorpsraad uitgesonder vir hul toewyding om die dorp as die middelpunt vir nywerheids- en […]
Tenniskoors loop hoog oor Sinner vs Alcaraz - June 8, 2025
Daar was laas met die begin van die Rafael Nadal-era 20 jaar gelede by Roland-Garros soveel afwagting en opwinding oor ‘n mans-enkelspeleindstryd. Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, kom vandag te staan teen die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz. Die top-gekeurde Italianer Sinner het ‘n kragtoer gelewer sedert sy terugkeer verlede maand na ‘n dwelmverbod […]