NGV gaan massiewe belastinglas vereis - June 8, 2025

Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers sê ‘n persoonlike inkomstebelastingverhoging van tot 115 persent word benodig om die NGV in sy huidige vorm te befonds. Hulle het ‘n regsgeding teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering van stapel gestuur en waarsku dit is fiskaal onmoontlik en sal skade doen aan die ekonomie. Die vereniging se uitvoerende hoof, Thoneshan […]

Read More

Visstakers kry werk terug - June 8, 2025

Onderhandelinge tussen die regering, werkgewers en werkers is afgehandel om stakers wat in 2015 afgedank is, weer by vismaatskappye in te lyf. Ooreenkomste in dié verband is Saterdag op Walvisbaai onderteken. Volgens die minister van landbou en visserye, Inge Zaamwani, het al dié werkers, asook voormalige Namsov-werknemers nou weer werk.

Read More

Tenniskoors loop hoog oor Sinner vs Alcaraz - June 8, 2025

Daar was laas met die begin van die Rafael Nadal-era 20 jaar gelede by Roland-Garros soveel afwagting en opwinding oor ‘n mans-enkelspeleindstryd. Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, kom vandag te staan teen die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz. Die top-gekeurde Italianer Sinner het ‘n kragtoer gelewer sedert sy terugkeer verlede maand na ‘n dwelmverbod […]

Read More

Motorsport: Dippenaar, Swan maak Tara-geskiedenis - June 8, 2025

Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het geskiedenis gemaak deur die naweek se Shell V-Power Tara-tydren vir die derde opeenvolgende jaar te wen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die gebeure gevolg en doen verslag van die toneel:

Read More

Minste babageboortes in Japan sedert 1899 - June 8, 2025

Japan se geboortesyfer neem vinniger af as wat beraam is, met die jaarlikse syfer wat verlede jaar tot nog ‘n rekordlaagtepunt gedaal het. Volgens regeringstatistiek is meer as 686 000 babas in 2024 in Japan gebore. Dis ‘n daling van 5,7 persent teenoor die vorige jaar en die eerste keer sedert 1899 dat dit onder […]

Read More

Waterverliese in SA styg tot 47% - June 8, 2025

AfriForum bestempel die departement van water en sanitasie se oorlog teen lekkasies in Suid-Afrika as ‘n volslae mislukking. Lambert de Klerk van AfriForum sê die projek, wat in 2015 ten koste van 4,7 miljard rand van stapel gestuur is, het die krisis net vererger. De Klerk beweer waterverliese het vanaf 35 persent tot 47 persent […]

Read More

Kinders dood ná hulle cassava-wortels eet - June 8, 2025

Die goewerneur van Kavango-Oos, Julius Hambyuka, het ‘n beroep op inwoners van die streek gedoen om versigtig te wees wanneer hulle kos koop of voorberei. Dit volg ná verskeie gevalle van vermoedelike voedselvergiftiging. In die jongste voorval is twee kinders van die Korokoko-nedersetting dood ná hulle glo cassava-wortels geëet het. Altesaam 23 mense is sedert […]

Read More

Rugby: Bulle deur na VRK-eindstryd - June 8, 2025

Die Bulle is deur na die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap met ‘n oorwinning van 25-12 oor die Haaie voor 47 000 ondersteuners op Loftus Versfeld in Pretoria. Ten spyte van drie geel kaarte in die eerste helfte, was die Bulle met 15-3 voor teen rustyd. Beide spanne het in die tweede helfte 10 punte […]

Read More

Trump ontplooi National Guard in LA - June 8, 2025

President Donald Trump van Amerika het 2 000 lede van die National Guard in Los Angeles ontplooi om betogings oor klopjagte op ongedokumenteerde migrante te hanteer. Dit was Saterdag die tweede dag van betogings in die Kaliforniese stad toe inwoners en federale Immigrasie- en doeane-agente slaags geraak het. Altesaam 118, insluitend 44 op Vrydag, is die week in Los […]

Read More

Botswana staak diamantproduksie tydelik - June 8, 2025

Botswana se Debswana Diamond Company het produksie by sommige van sy myne tydelik gestaak en verminder produksie in reaksie op ‘n afname in die wêreldwye diamantmark. Dié mark beleef sedert die tweede helfde van 2023 ‘n afswaai, wat veroorsaak het dat Debswana se produksie met 27% tot 17,93 miljoen karaat in 2024 geval het. Debswana, wat […]

Read More