Rugby: Bulle deur na VRK-eindstryd - June 8, 2025
Die Bulle is deur na die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap met ‘n oorwinning van 25-12 oor die Haaie voor 47 000 ondersteuners op Loftus Versfeld in Pretoria. Ten spyte van drie geel kaarte in die eerste helfte, was die Bulle met 15-3 voor teen rustyd. Beide spanne het in die tweede helfte 10 punte […]
Rugby: FNB Kudus dra Premierliga-kroon - June 8, 2025
FNB Kudus van Walvisbaai het Saterdag geskiedenis gemaak deur die Namibiese Rugbypremierliga vir die eerste keer te wen. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. FNB Kudus se Michael Koopman het vir 22 punte gesorg, wat twee drieë ingesluit het.
Neusie verby vir Musk, sê Trump - June 8, 2025
President Donald Trump van Amerika sê sy verhouding met Elon Musk is verby en hy het geen begeerte om die bande te herstel nie. Dit is volgens Trump se jongste kommentaar aan NBC News sedert sy epiese uitval met Musk. Die tegnologie-miljardêr, wat miljoene aan Trump se verkiesingsveldtog geskenk het en ‘n raadgewer in die Withuis geword […]
SA koop R70m se entstof teen bek-en-klouseer - June 8, 2025
Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en Mpumalanga sal ook hul roetine-inentings […]
Katima-inwoners moet wyk voor riool - June 8, 2025
Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die hoofpomp op die dorp gebreek het. Volgens die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo-dorpsraad, Raphael Liswaniso, vorder herstelwerk aan die pomp stadig. Liswaniso het die situasie as kritiek beskryf en gesê […]
Agribank skerp sakemodel op - June 8, 2025
Agribank is besig met die vernuwing van sy sakemodel met die spesifieke doel om kommunale boere se toegang tot finansiering te verbeter, sê die bank se uitvoerende hoof, Raphael Karuaihe. Die nuwe model fokus op innovering, inklusiwiteit en relevansie. Volgens Karuaihe gaan die hersiende benadering verseker dat Agribank se produkte en dienste in lyn gebring […]
China moet SA nie net as ‘n mark beskou nie - June 8, 2025
Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kiesewetter, doen ‘n beroep op China om in plaaslike vervaardiging te belê. Kiesewetter het in Pretoria op ‘n vergadering met die Chinese ambassadeur, Wu Peng, gesê hy wil hê Suid-Afrika moet nie bloot as ‘n mark vir Chinese produkte beskou word nie, maar ook as ‘n bestemming vir […]
Sluipmoordaanval op opposisiepolitikus in Colombia - June 8, 2025
‘n Colombiaanse presidensiële kandidaat weg vir sy lewe ná hy Saterdag tydens sy verkiesingsveldtog in Bogota drie keer geskiet is. Twee van die skote het die 39-jarige Miguel Uribe Turbay in die kop getref. Die polisie het ‘n man op die toneel in hegtenis geneem. Die linksgesinde regering van die land het die aanval ten sterkste […]
Op jul merke, gereed, Comrades! - June 8, 2025
Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop vandag. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het ‘n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes ‘n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van die veranderinge is ‘n […]
Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig - June 7, 2025
Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer ‘n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te danke aan ‘n toename in […]