Riviere daal skerp, maar steeds hoër as verlede jaar - June 7, 2025
Die land se groot riviere het almal skerp begin daal, maar is steeds bo die vlakke wat verlede jaar dieselfde tyd gemeet is. Volgens die Hidrologiese Diens van Namibië vloei die Zambezi by Katima Mulilo 26cm laer as Maandag, op 4,61 meter. Die Okavango by Rundu het met 15cm gesak tot 5,18 meter, en die […]
Goodyear SA se aanleg-sluiting bekommer Numsa - June 7, 2025
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê die Oos-Kaap staar ‘n groeiende arbeidskrisis in die gesig met die buitebandvervaardiger Goodyear South Africa wat sy aanleg in Uitenhage gaan sluit. Meer as 900 werkers sal na verwagting geraak word. Die vakbond waarsku dit sal werkloosheid in die provinsie, wat reeds op 42-persent staan, nog erger maak. Numsa sê hulle […]
Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd - June 7, 2025
Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor ‘n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin om die Glasgow Warriors te […]
Daar’s nou 21 000km van Namibië op Street View - June 7, 2025
Google het sy Street View-platform aansienlik uitgebrei om meer as 21 000 kilometer van Namibië te dek, wat gebruikers virtuele toegang gee tot die land se stede, dorpe en belangrike landmerke. Die opdatering bevat hoë-resolusie 360-grade-beelde van stedelike sentrums soos Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai, asook streeksdorpe insluitend Otjiwarongo, Grootfontein en Karasburg. Landmerke wat nou op […]
DA veroordeel massaskietery by Mfuleni-taxistaanplek - June 7, 2025
Die DA in die Wes-Kaap het die dodelike massaskietvoorval by die Mfuleni-taxistaanplek veroordeel, waarin vier mense dood en drie beseer is. Die gewapende aanvallers het volgens berigte taxi-eienaars geteiken. Thomas Walters van die DA sê openbare moorde soos hierdie vereis ‘n sterker polisieteenwoordigheid en ‘n gespesialiseerde taakmag om taxigeweld te bekamp en misdaadsindikate te keer. […]
Eurosone se groei in eerste kwartaal hoër as verwag - June 7, 2025
Die ekonomie van die Eurosone het aansienlik vinniger gegroei as wat geraam is in die eerste drie maande van 2025. Dit is danksy beter as verwagte groei in Duitsland en sterk produksie in Ierland. Ekonome het onmiddelik gewaarsku dat die data misleidend is en gewaarsku oor probleme weens die wisselvallige Amerikaanse handelsbeleid. Die EU se […]
Staan opsy, hier kom Sir David Beckham - June 7, 2025
Sokker: Die voormalige Engelse sokkerkaptein, David Beckham, gaan glo tot ‘n ridder geslaan word. Koning Charles se verjaardag-eerbewyslys van die ontvangers word volgende week gepubliseer. Beckham is in 2003 met die Orde van die Britseryk bekroon. BBC Sport berig hy kom nou in aanmerking vir verdere erkenning vir beide sy sokkerloopbaan, sy liefdadigheidswerk en bydrae […]
Tussenverkiesing-beamptes se opleiding begin - June 7, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië het aangekondig dat die opleiding van stembusbeamptes vir die komende tussenverkiesings Maandag sal begin. Die tussenverkiesings is geskeduleer vir 17 Junie in die Grootfontein, Kabbe-suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein-kiesafdelings. Die kommissie se uitvoerende hoof, Peter Shaama, sê die vyf dag-opleiding vir geselekteerde amptenare sal tot 14 Junie in die kiesafdelings plaasvind. […]
FW de Klerk se weduwee steun families van Cradock-Vier - June 7, 2025
Oudpresident FW de Klerk se weduwee het ‘n boodskap van steun aan die families van die Cradock-Vier gestuur voor die heropening van die derde geregtelike ondersoek na die moorde. Die vier is in 1985 deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie ontvoer en wreed vermoor. Die seun van een van die slagoffers, Lukhanyo Calata, het sê Elita de […]
Tsjad staak Amerikaanse visums na Trump-reisverbod - June 7, 2025
Tsjad in sentraal-Afrika sê hy het alle visums aan Amerikaanse burgers opskort uit vergelding vir ‘n reisverbod, nadat hy verneem het hy is een van die lande wat toegang na die VSA geweier is. President Mahamat Idriss Délby sê Tsjad het geen vliegtuie om aan te bied of miljarde dollar om te gee nie, maar […]