Trump-administrasie loop deur oor voorkeur aan wit SA immigrante - October 31, 2025

President Donald Trump van Amerika se administrasie word gekritiseer oor sy besluit om die getal vlugtelinge na die land tot 7 500 per jaar te beperk. Dié syfer was verlede jaar 125 000 onder oudpresident Joe Biden. Trump sê wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige en onregverdige diskriminasie sal voorkeur kry. Die […]

Read More

Cran vorder stewig met elektroniese veiligheid - October 31, 2025

Cran sê dat hulle noemenswaardige vordering gemaak het met die finalisering van Namibië se Openbare Sleutel-infrastruktuurraamwerk. Die stelsel bied beduidende voordele deur veilige kommunikasiekanale te verskaf, beide persoonlike en besigheidsdata te beskerm, digitale identiteite te verifieer en die integriteit van elektroniese transaksies te handhaaf. Die owerheid se woordvoerder, Mufaro Nesongano, het meer.

Read More

Inflasie vir armes ‘veel hoër as vir rykes’ - October 31, 2025

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê Suid-Afrika het in Julie 2022 ‘n skerp inflasie-wanverhouding ondervind. Hy het in ‘n onderhoud met CNBC Africa gesê laerinkomste-verdieners het 9,8-persent inflasie ervaar vergeleke met 4,9-persent vir die rykes. Kganyago het beklemtoon hoe ongelykheid vererger namate stygende pryse laerinkomste-huishoudings die swaarste tref. Hy waarsku om inflasie te […]

Read More

Na-verkiesinggsbetogings in Dar es Salaam nou in 3de dag - October 31, 2025

Honderde mense is in opstand teen die polisie in Dar es Salaam, Tanzanië, met betogings wat ‘n derde dag betree ná ‘n betwiste en chaotiese verkiesing. Die betogers eis dat die nasionale verkiesingsliggaam ophou om verkiesingsuitslae aan te kondig. Die jongste ontwikkelinge Vrydag het gevolg nadat die regering die weermag ontplooi het en ‘n internet-afsluiting […]

Read More

Safa se Rocket League-span kwalifiseer vir FIFAe Wêreldbeker - October 31, 2025

eSport: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se nasionale Rocket League-span het gekwalifiseer vir die FIFAe Wêreldbeker, nadat hulle die Afrika-streekskwalifiseringsronde oorheers het. Die groep van ses het 13 nasies geklop, insluitend Seychelle en Egipte, voordat hulle teen Marokko as naaswenners uit die stryd getree het. SAFA se uitvoerende hoof, Lydia Monyepao sê die sukses van Rocket League […]

Read More

Handelministerie werk om sakemense reg te kry vir AfCFTA - October 31, 2025

Die regering gaan voort met sy landwye pogings om besighede te betrek om Namibië voor te berei vir deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Die 11de ministeriële sakebetrokkenheidsessie vind plaas in die Omusati-streek, gelei deur die ministeries van handel en industrialisasie. Hoofhandelsbeampte Linnox Mwiya doen ‘n beroep op plaaslike entrepreneurs om hul bedrywighede in lyn te […]

Read More

Giwusa woedend oor volksmoord, slagting in Soedan - October 31, 2025

Die algemene werkersvakbond Giwusa het die voortslepende volksmoord en slagting deur die Rapid Support Forces paramilitêre mag teen die mense van Soedan veroordeel. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die oorname van die stad El-Fasher het ‘n nuwe vlaag van gruweldade ontketen, insluitend teregstellings, arbitrêre arrestasies en etnies gemotiveerde moorde wat deur plaaslike mediese […]

Read More

Melissa-dodetal styg tot minstens 49 - October 31, 2025

Die dodetal weens Orkaan Melissa het tot minstens 49 toegeneem en sal na verwagting verder styg namate soek- en reddingsoperasies in die noordelike Karibiese Eilande voortduur. Owerhede in Haïti het minstens 30 sterftes aangeteken en 20 mense word vermis. Melissa het Jamaika Dinsdag as ‘n kategorie 5-orkaan getref. Die hoofstad, Kingston, is nie geraak nie, […]

Read More

Proteas, Pakistan tree aan vir 2de T20 - October 31, 2025

Krieket: Suid-Afrika se manspan pak Pakistan vandag in die tweede T20 in Lahore nadat hulle die eerste ontmoeting in Rawalpindi met 55 lopies gewen het. Geen veranderinge word verwag aan die besoekers se span nie. Donovan Ferreira is die kaptein terwyl Aiden Markram ruskans kry. Die ervare paaltjiewagter Quinton de Kock is terug nadat hy […]

Read More

Rundu steier onder skuld van N$588m - October 31, 2025

Rundu is die tweede grootste stedelike gebied naas Windhoek met amper 119 000 inwoners. Maar, die dorpsraad gaan gebuk onder skuld omdat inwoners nie hulle munisipale rekenings betaal nie. Die uitvoerende hoof, Olavi Nathanael, sê hulle word tans 588 miljoen Namibiese dollar geskuld met die syfer wat in Junie vanjaar bereik is. Hy voeg by […]

Read More