Landbouministerie stel STOSAR ll se 2de fase bekend - October 18, 2025

Die landbouministerie het Vrydag amptelik die tweede fase van die Ondersteuning vir Operasionalisering van die SAOG-streeklandboubeleid, of STOSAR II, in Windhoek bekendgestel. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se bydrae tot streekvoedselsekuriteit, mededingendheid en landbouvolhoubaarheid binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te versterk. Alfred Sikopo van die landbouministerie het meer.

Read More

AfriForum kla oor ‘Skukuza Nasionale Park’ op Google Maps - October 18, 2025

AfriForum het stappe gedoen om ‘n misleidende Google Maps-inskrywing reg te stel wat die Krugerwildtuin as die Skukuza Nasionale Park beskryf. Die organisasie sê slegs die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die regsgesag om nasionale parke te hernoem, en geen sodanige verandering is in die Staatskoerant gepubliseer nie. Marais de Vaal van […]

Read More

Geen waarborg Hamas sal ontwapen: Hamas-politburolid - October 18, 2025

Hamas is van voorneme om veiligheidsbeheer in Gaza tydens ‘n tussentydse tydperk te handhaaf, het ‘n senior Hamas-amptenaar aan Reuters gesê, en sê hy kan hom nie daartoe verbind dat die groep sal ontwapen nie. Mohammed Nazzal, ‘n lid van die Hamas-politburo, sê die groep is gereed vir ‘n wapenstilstand van tot vyf jaar om die […]

Read More

Labuschagne terug in Aussie ODI-span - October 18, 2025

Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne het die beseerde veelsydige speler, Cameron Green, in Australië se groep vir die eendagreeks teen Indië vervang. Hy is aanvanklik weggelaat, maar het beïndruk met vier honderdtalle in vyf plaaslike beurte, insluitend in eendagwedstryde. Die reeks van drie wedstryde begin vandag in Perth. Die Indiese kolfhelde, Virat Kohli en Rohit […]

Read More

Ministerie ‘probeer kragopwekkers aan elke polisiestasie verskaf’ - October 18, 2025

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement gesê ondanks begrotingsbeperkings maak die ministerie seker dat elke polisiestasie ten minste een kragopwekker het. Sy het gereageer op die Swapo-LP Martha Itope, wat gereelde kragonderbrekings by die Aussenkehr- en Karasburg-polisiestasies uitgelig het, en gevra het dat bystand-kragopwekkers by alle polisiestasies geïnstalleer word. Iipumbu sê dat alle […]

Read More

Cosatu verwelkom meer howe vir seks-oortredings - October 18, 2025

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se besluit om 79 howe vir seksuele oortredings landwyd in te stel, is ‘n belangrike stap in die bekamping van geslagsgeweld en die verbetering van skuldigbevindingsyfers. Die organisasie sê die gespesialiseerde howe sal geregtigheid bied vir slagoffers, insluitend vroue, kinders en kwesbare groepe. Woordvoerder Matthew Parks vra die Nasionale […]

Read More

Skrywer van ‘I Want To Die But I Want To Eat Tteokbokki’ oorlede - October 18, 2025

Die Suid-Koreaanse skrywer van die topverkoper-outobiografie I Want to Die but I Want To Eat Tteokbokki is op die ouderdom van 35 oorlede. Baek Se-hee se 2018-boek is ‘n versameling van gesprekke met haar psigiater oor haar depressie. Dit het ‘n kulturele fenomeen geword met die temas rondom geestesgesondheid wat by lesers regoor die wêreld […]

Read More

Bafana laer op FIFA ranglys na punte-straf - October 18, 2025

Sokker: Bafana Bafana het vier plekke na die 59ste plek op FIFA se wêreldranglys teruggesak ten spyte daarvan dat hulle ‘n plek by die 2026 FIFA Wêreldbeker-toernooi verseker het. Suid-Afrika het gekwalifiseer nadat hulle Rwanda met 3-0 geklop het om boaan Groep C met 18 punte te eindig, maar die drie punte wat hulle verloor […]

Read More

Deep Yellow-boorwerk vind uraan by S-Bend vooruitsig - October 18, 2025

Deep Yellow het bemoedigende resultate aangekondig van sy jongste boorveldtog by die S-Bend-vooruitsig in die Erongo-streek. Dit het nuwe uraanuitbreidings bevestig wat die maatskappy se hulpbronbasis kan uitbrei en die lewensduur van sy vlagskip Tumas-projek kan verleng. Die omgekeerde sirkulasie-boorprogram tussen Julie en September vanjaar het 452 gate van altesaam 3 361 meter voltooi binne […]

Read More

Cyril ‘het saamgestem met ontbinding van taakspan’ - October 18, 2025

Polisieminister Senzo Mchunu het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê president Cyril Ramaphosa het saamgestem met die besluit om die taakspan vir politieke moorde te ontbind. Hierdie verklaring weerspreek bewerings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, wat voorheen kommer uitgespreek het oor politieke inmenging in die sluiting van die eenheid. Mchunu sê hy […]

Read More