Kouefront bring reën, sneeu, sterk wind in SA - June 7, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ‘n kouefront met ysige toestande, reën en sneeu in dele van die land, van vandag tot Maandag. Die Wes-Kaap sal vandag eerste getref word, met sterk wind en verspreide buie. Sneeu word voorspel oor hoogliggende gebiede in die Wes- en Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge. Die weerdiens waarsku temperature in […]
Nederland gaan blitsverkiesing hou - June 7, 2025
Nederland gaan op 29 Oktober ‘n blitsverkiesing hou nadat die regse leier Geert Wilders uit die regerende koalisie onttrek het, wat die regering omvergewerp en politieke chaos veroorsaak het. Die stemming in die Europese Unie se vyfde grootste ekonomie en belangrikste wêreldwye uitvoerder sal noukeurig in Europa dopgehou word, waar regse partye beduidende steun verwerf […]
Dis Alcaraz teen Sinner in vuurwarm Franse Ope-eindstryd - June 7, 2025
Tennis: Carlos Alcaraz gaan die verdediging van sy titel by Roland Garros volvoer en het deurgedring na die eindstryd toe die agtste gekeurde Lorenzo Musetti gister in die vierde stel van hul halfeindstryd met ‘n besering onttrek het. Die 22-jarige Spanjaard het met 4-6, 7-6, 6-0, 2-0 voorgeloop toe Musetti ‘n dybesering opgedoen het. Die […]
Copps 94.1-span staan roofslagoffers by - June 7, 2025
Die Copps 94.1-span het ‘n stil Vrydagaand gehad, maar dat jongmense nie veilig kan uitgaan in die hoofstad nie is onderstreep. Francois Lottering was midde-in die aksie en doen verslag:
Giwusa besorg oor duisende sterftes weens lugbesoedeling - June 7, 2025
Die nywerheidsvakbond Giwusa is besorg oor die duisende sterftes in Suid-Afrika wat deur lugbesoedeling veroorsaak word. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, verwys na ‘n verslag wat vrygestel is deur Greenpeace Africa en die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug. Volgens die verslag het 42 000 Suid-Afrikaners in 2023 as gevolg van blootstelling […]
Amerika moet sanksies teen Internasionale Strafhof-regters ophef: VN - June 7, 2025
Die menseregte-hoof van die Verenigde Nasies, Volker Turk, eis dat Amerika die sanksies wat hulle teen vier regters van die Internasionale Strafhof opgelê het, moet ophef. Regters Beti Hohler van Slowenië en Reine Alapini-Gansou van Benin het deelgeneem aan verrigtinge wat gelei het tot ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van Israeliese premier Benjamin Netanyahu. Regters […]
Eerste en tweede gekeurdes in Franse Ope vroue-eindstryd - June 7, 2025
Tennis: Vir die eerste keer in meer as ‘n dekade sal die twee top gekeurde spelers teen mekaar te staan kom in die eindstryd van die Franse Ope by Roland Garros. Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, het die driemalige verdedigende kampioen, Iga Swiatek geklop en Coco Gauff, die wêreld se nommer twee, het Lois Boisson se […]
Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd - June 7, 2025
Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor ‘n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin om die Glasgow Warriors te […]
Direkte buitelandse beleggings skep derduisende werke - June 6, 2025
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uuandja, het ‘n onderhoud by die regering se inligtingsentrum gehad oor die impak van buitelandse beleggings op die Namibiese ekonomie. Sy het die aantal werksgeleenthede in Namibië as gevolg van direkte buitelandse beleggings bespreek.
SA geoloog vereer vir baanbreker fossielnavorsing - June 6, 2025
Die Suid-Afrikaanse geoloog, Tebogo Makhubela is aangewys as ‘n National Geographic-verkenner en die ontvanger van die 2025 Wayfinder-toekenning. Makhubela word gevier vir sy navorsing by die Wieg van die Mensdom en omdat hy help om antieke geheime rondom die mens en sy oorsprong te ontsluit. Makhubela is deel van die Rising Star-span by National Geographic, […]