Navo-hoof stel 5% teiken voor vir verdedigingbesteding - June 6, 2025
Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, sê hy is vol vertroue dat lede van die Navo-alliansie Donald Trump se eis vir ‘n groot hupstoot in verdedigingsbesteding sal onderskryf. Dit kom na ministers van verdediging in Brussel bymekaar gekom het. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het ‘n bestedingsteiken van 5 persent van BBP voorgestel. Dit […]
SA Rugby verklaar R93 miljoen-verlies vir 2024-boekjaar - June 6, 2025
Rugby: SA Rugby is optimisties oor die toekoms op die kort tot medium termyn ten spyte van ‘n verlies van 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die 2024-boekjaar, soos voorspel is. Die verlies is grootliks te wyte aan deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap en die Europese Professionele Klubtoernooie. Vanjaar se verwagte inkomste is meer as twee-miljard-rand uit […]
Rössing bestee 84% van verkrygingsbegroting plaaslik - June 6, 2025
Rössing Uraan het 4,37 miljard Namibiese dollar by plaaslike verskaffers bestee in 2024, of 84 persent van sy totale verkrygingsbegroting van 5,23 miljard dollar. Johan Coetzee, besturende direkteur van Rössing, sê die plaaslike besteding, ‘n toename vanaf 3,88 miljard dollar in 2023, lewer ‘n beduidende bydrae tot die binnelandse ekonomie deur ondersteuning vir ondernemings en […]
Dank Batohi af, vra ActionSA - June 6, 2025
ActionSA vra dat die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, afgedank en ʼn volledige parlementêre ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag se mislukte vervolgings ingestel word. Die party sê die NVG se diepliggende wanfunksionering is weer ontbloot met die onwettige en onregmatige hantering van die uitlewering van Moroadi Cholota, Ace Magashule se gewese assistent. Matthew […]
Rubio stel sanksies in teen Internasionale Strafhof-regters - June 6, 2025
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het sanksies ingestel teen vier regters van die Internasionale Strafhof wat na bewering Amerika en Israel se soewereiniteit aantas. Die regters, Solomy Balungi Bossa van Uganda, Luz del Carmen Ibáñez Carranza van Peru, Reine Adelaide Sophie Alapini Gansou van Benin en Beti Hohler van of Slowenië is […]
Rob Walter nuwe hoofafrigter van Swart Pette - June 6, 2025
Krieket: Die voormalige witbal-afrigter, Rob Walter, is vir die volgende drie jaar aangewys as Nieu-Seeland se nuwe mansafrigter in alle formate. Hy het die Proteas na die halfeindrondes van die 2023-Wêreldbeker vir eendagreekse en die 2025-Kampioenetrofee gelei, en in 2024 na die T20-Wêreldbeker-eindstryd. Sy kontrak duur tot ná die T20-Wêreldbeker in 2028. Walter sê dis […]
Windhoek-burgemeester gee terugvoering oor vergadering - June 6, 2025
Die Windhoek Stadsraad het vergader. Die se burgermeester Ndeshihafela Lanrandja het verskeie kwessies geopper wat die stad as uitdagings ervaar. Dit sluit in die gesondheid van skoolkinders en hulle damprook neigings sowel as straatkinders. Sedert 2009 is die Stad Windhoek en die likwidateurs van Ramatex Textile Namibia in ‘n regsgeding betrokke maar die saak is […]
SA en VSA gesels weer later vandeesmaand, Cyril is optimisties - June 6, 2025
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa is optimisties oor die toekoms van Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die VSA. Suid-Afrika het ‘n handelsvoorstel aan die Amerikaanse handelsverteenwoordiger gestuur, en verdere gesprekke word vir later hierdie maand beplan. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan die media gesê die regering bly hoopvol om voort te […]
Ontbossing in Colombia daal met 33% - June 6, 2025
Ontbossing in Colombia het met 33 persent jaar-op-jaar in die eerste kwartaal van 2025 gedaal tot net meer as 27 000 hektaar. Dit kom danksy ooreenkomste met gemeenskappe en ‘n groter teenwoordigheid van die staat en die land se gewapende magte. Colombia is een van die mees biodiverse lande ter wêreld en is die tuiste […]
Hof blokkeer Trump se buitelandse student-verbod by Harvard - June 6, 2025
‘n Federale regter in Boston het president Donald Trump tydelik geblokkeer om toegang tot die VSA te verbied vir buitelandse burgers wat wil studeer of deelneem aan uitruilprogramme aan die Harvard-universiteit. Distriksregter Allison Burroughs het beslis dat Trump se opdrag wat buitelandse burgers verbied om die Verenigde State binne te gaan om vir die volgende […]