Karan Beef se veearts sê oor uitbreking - June 6, 2025
Die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer maak steeds opslae. Die siekte is egter net by een van sy drie voerkrale, die een by Heidelberg, geïdentifiseer. Dr. Dirk Verwoerd, die senior voerkraal-veearts by Karan Beef, het aan OFM radio in Suid Afrika gesê sover word net sowat 2 […]
‘Bro-manse’ tussen Trump en Musk breek op - June 6, 2025
Dit gons op internasionale nuuskanale na Elon Musk en Donald Trump se “bro-manse” opgebreek het en in ‘n venynige heen-en-weer geveg ontaard het. Musk het onder andere beweer dat Trump se naam verskyn in lêers rakende die pedofiel-finansier Jeffrey Epstein. Mark Stone, SkyNews se korrespondent in Amerika, lewer kommentaar.
Rekord beleggings in energie vanjaar - June 6, 2025
Die Internasionale Energie-agentskap sê wêreldwye belegging in energie gaan vanjaar tot ʼn rekordbedrag van 59 triljoen Namibiese dollar styg te midde van ekonomiese onsekerheid en kommer oor energiesekerheid. Hernubare bronne, kernkrag, kragnetwerke, energieberging, laekoolstof-brandstof en energiedoeltreffendheid sal die grootste beleggingsareas wees, terwyl beleggings in olie, aardgas en steenkool waarskynlik sal afneem. Die agentskap sê China […]
Schwenk moet onstlae raak van Ohorongo - June 6, 2025
Schwenk-sement nader die einde van die verkoop van sy Namibiese filiaal, Ohorongo. Die maatskappy, saam met die Namibiese Mededingingskommissie, bied ‘n konferensie aan om die samesmelting met Whale Rock Cement te bespreek. Gedurende 2020 na berigte oor die verkoop die nuus gehaal het is daar gesê dat daar min belangstelling is en dat die prys, […]
Padwoede een van die dryfvere agter Gauteng se moordsyfer - June 6, 2025
Die provinsiale kommissaris van polisie in Gauteng, Tommy Mthombeni, sê die moordsyfer het met 10,8-persent afgeneem tussen Januarie en Maart vanjaar, maar Gauteng loop swaar deur onder ‘n moordvlaag. Hy lys die grootste oorsake as rusies, misverstande, padwoede en uitlokking, met roof ‘n kortkop agter die ander oorsake. Volgens Mthombeni word moorde in Gauteng meestal […]
AU het kommer oor Trump se reisverbod - June 6, 2025
Die Afrika-Unie is bekommerd oor ‘n nuwe reisverbod teen die burgers van verskeie lande, terwyl Somaliërs verontwaardig is om een van die sewe Afrikalande te wees wat die Trump-administrasie uitgesonder het. President Donald Trump het ‘n bevel onderteken wat burgers van Somalië, Tsjad, die Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Libië, Soedan, Jemen, Afghanistan, Mianmar, […]
Oseane-ekonomie onder toenemende druk - June 6, 2025
VN Handel en Ontwikkeling, Unctad, het gewaarsku die wêreldwye oseane-ekonomie staar toenemende druk in die gesig weens omgewings- en politieke skokke. Die organisasie het in sy wêreldhandelsverslag vir Junie 2025 die belangrike rol van oseane in werksgeleenthede, voedsel, innovering en handel beklemtoon. Die sektor is 39-biljard Namibiese dollar werd en ondersteun 100-miljoen werksgeleenthede, maar verkeer […]
Dippenaar se regspan vra vir kondonasie in appèlsaak - June 6, 2025
Jandré Dippenaar se regspan sal vandag ‘n kondonasie aansoek in sy appèlsaak bring na hoofargumente nie op tyd ingedien is nie en hy verbied is om te pleit, ingevolge die reëls van die hof. ‘n Lang verklaring verduidelik die vertraging. Dippenaar wil appelleer teen sy vonnis van 15 jaar vir ‘n botsing wat hy in 2014 […]
Karan Beef geloof vir vinnige optrede - June 6, 2025
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou het sy kommer uitgespreek oor die uitbreking van bek-en-klouseer by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg. Daar is tans 120 000 beeste by die voerkraal en slegs 2 persent is met die siekte besmet. Komiteevoorsitter, Jaco Mulder, loof Karan Beef vir hul vinnige optrede om belanghebbendes te waarsku […]
Lula sê wat in Gaza gebeur is volksmoord - June 6, 2025
Die Brasiliaanse president, Luiz Inacio Lula da Silva, beskuldig Israel van volksmoord met voorbedagte rade in Gaza. Hy het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Franse president Emmanuel Macron in Parys gesê dit wat in die besette Palestynse gebied gebeur, is nie ‘n oorlog nie. Hy noem dit ‘n volksmoord wat deur ‘n hoogs voorbereide […]