Sabalenka en Gauff is in Parys in eindstryd  - June 6, 2025

Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging beëindig het. Sabalenka is die […]

Read More

Rehoboth steier onder dwelms  - June 6, 2025

Die Rehoboth-gemeenskap sukkel al lank met toenemende dwelmmisbruik in die area. Inwoners het onlangs teen die euwel betoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender, wat sê dwelmgebruikers moet hulle na godsdiens keer om gerehabiliteer te word. Hy brei uit oor hoe die probleem die gemeenskap beïnvloed. 

Read More

Helfte van Khomas huishoudings woon in sinkhuise - June 6, 2025

Data van die Namibiese Statistieke-agentskap toon hoë vlakke van migrasie van landelike gebiede na stede, die groter meerderheid, jong werksoekers. Maar, volgens Cirrus-ontleder Tannan Groenewald, beland ongeveer 75 persent van hulle in informele nedersettings, werkloos. Hy meen die stad is nie in staat om geleenthede te bied wat by die toestroming van mense pas nie. […]

Read More

MEFT herstel 97km van 824km se Etosha heining, na 13 jaar - June 6, 2025

Die omgewingminister, Indileni Daniel, het op Wêreldomgewingsdag ‘n opdatering gegee van al die ministerie se aktiwiteite. Een daarvan was die opgradering van grensdrade en paaie in die Etosha Nasionale Park, wat steeds aan die gang is. Daniel is aan die woord. Die Etosha-grens is 824 kilometer lank en die werk het reeds in 2012, 13 […]

Read More

Tsumeb se smelter staak eers bedrywighede - June 6, 2025

Die Sinomine Tsumeb Smelter sal bedrywighede tydelik opskort en die aanleg onder sorg en onderhoud plaas weens uitdagende wêreldwye marktoestande. Die uitvoerende hoof Loggan Lou sê verhoogde smeltkapasiteit in groot koperproduserende streke het gelei tot wêreldwye oorkapasiteit. Dit het ‘n tekort aan koperkonsentraat veroorsaak, wat weer druk op smelters regoor die wêreld plaas, insluitend Tsumeb. […]

Read More

Herrie los in die VSA, Trump en Musk baklei, hard - June 6, 2025

‘n Openbare bekgeveg het tussen Elon Musk en Amerikaanse president Donald Trump uitgebreek nadat Musk Trump se sogenaamde “One Big Beautiful Bill” gekritiseer het. Musk het uitgevaar op X en Trump met Jeffrey Epstein verbind, gevra dat hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas word en ‘n peiling opgestel om ‘n nuwe party te stig. […]

Read More

Bipa beraadslaag oor intellektuele eiendom - June 6, 2025

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, het ‘n belanghebbende-werksessie in Windhoek aangebied oor die ontwikkeling van ‘n intellektuele eiendom-raamwerk. Die sessie het ook die voorgestelde kopieregheffingstelsel bespreek. Swapo parlementslid Fenny Tutjavi het gesê ‘n kopiereg-raamwerk sal ‘n inkomste aan skeppendes soos skrywers, musikante en uitsaaiers verskaf. Dit sal ook innovasie aanmoedig, die sektor […]

Read More

Cosatu verwelkom beskermende wet op oumense - June 6, 2025

Cosatu verwelkom die Parlement se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Ouer Persone wat nou vir ondertekening na president Cyril Ramaphosa verwys is. Die nuwe wetgewing sal die toepaslike owerhede in staat stel om kwesbare ouer persone sonder ‘n hofbevel na tydelike veilige verblyf oor te plaas. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die vakverbond is […]

Read More

Bibi bewapen bendes in Gaza - June 6, 2025

Israeliese media berig dat die regering van premier Benjamin Netanyahu wapens en steun aan kriminele bendes in Gaza aanbied, glo as deel van ‘n poging om gewapende groepe wat Hamas teenstaan, te versterk.Van die bendelede is na bewering verantwoordelik vir die buitmaking van humanitêre hulp in Gaza. Satellietfoto’s en videos wat deur die koerant Haaretz […]

Read More

Suid-Afrikaners neem voortou by Mopani Ope in Zambië - June 6, 2025

Die Suid-Afrikaners, Herman Loubser en Hennie Otto, loop saam voor na die eerste ronde van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub in Zambië na hul rondes van vyf onder baansyfer 67. Hulle is een hou voor hul landgenoot en verdedigende kampioen, MJ Viljoen, en die Sweed Fredrik From. Ander voorlopers sluit in nog ʼn […]

Read More