Omgewingsministerie lig post-Covid prestasies uit - June 5, 2025
Die omgewingsministerie het vanoggend ‘n inligtingsessie aangebied om met Wêreldomgewingsdag saam te val. Die ministerie se prestasies is uitgelig, veral die toerismebedryf se herstel na Covid-19 in 2020. Lynminister Indileni Daniel het ‘n paar statistieke gedeel. Die heffings op plastieksakke en ander projekte het ook bygedra.
DA kap versuim om grondeise af te handel - June 5, 2025
Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het versuim om bestaande grondeise te verwerk, ondanks die feit dat hulle die wetlike raamwerk, tyd en befondsing gehad het om dit te doen. Tot op hede is meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand aan grondteruggawes bestee. Sonja Boshoff van die DA sê meer as […]
Merz en Trump vergader, Rusland op agenda - June 5, 2025
Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, vergader vandag met die Amerikaanse president, Donald Trump. Dit word gesien as ‘n poging om persoonlike bande te bou ten spyte van hul verskille rondom Oekraïne en ‘n dreigende handelsoorlog. Merz is nou ‘n maand in sy amp, en hoop sy beloftes om Duitsland se besteding op NAVO-verdediging te verhoog, […]
Feinberg-Mngomezulu is SA se VRK-speler van die Seisoen - June 5, 2025
Rugby: Die veelsydige Springbok- en Stormers-agterspeler, Sacha Feinberg-Mngomezulu, is gekroon as Suid-Afrika se Speler van die Seisoen in die Verenigde Rugbykampioenskap. Dis die 23-jarige, wat ook al ook al aangewys is as SA Rugby se Jong Speler van die Jaar, se tweede groot rugby-eerbewys. Lede van die media van al vyf VRK-nasies het opgetree as […]
Jeugraad se Swartz-Gowases waar sy moet wees: PDM jeugleier - June 5, 2025
Die direkteur van die Nasionale Jeugraad, Calista Swartz-Gowases, wat op 17 Maart ná ‘n jaarlange skorsing heringestel is, is ná ‘n raadsvergadering op gedwonge verlof geplaas. Volgens bronne is die verlof bedoel om billike, onpartydige en onafhanklike ondersoeke na griewe wat teen haar geopper is te fasiliteer, asook om die aanbevelings van ‘n onlangse interne […]
Welwitschias hard aan’t oefen voor besige program - June 5, 2025
Die Namibiese Rugby-unie het sy Welwitschias-oefengroep aangekondig vir die komende Junie-kamp en opwarmingswedstryde. Namibië sal teen Uganda en die Airlink Pumas te staan kom voor ‘n toets teen Italië. Hierdie voorbereidings is vir die Rugby Afrikabeker 2025 in Julie in Uganda, wat dien as ‘n direkte kwalifiseerder vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië. Skrumskakel […]
Gerugte oor Swapo-leiers se tweestryd ‘ongegrond en vervaardig’ - June 5, 2025
Swapo het ‘n perskonferensie by die party se hoofkwartier gehou om onlangse mediaberigte aan te spreek dat sy president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en sekretaris-generaal Sophia Shaningwa nie meer om dieselfde vuur sit nie. Die president het die berigte “ongegrond en vervaardig” genoem. Nandi-Ndaitwah is aan die woord.
Karan se bek-en-klouseer moet les wees vir Namibië - June 5, 2025
Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
ReconAfrica bied C$10 miljoen aandele aan om eksplorasie te befonds - June 5, 2025
ReconAfrica het ‘n 10 miljoen Kanadese dollar oornag aanbod van aandele aangekondig. Die primêre eksplorasie-projek wat met ‘n deel van die opbrengs befonds sal word, is boorwerk by Prospect 1 in noord-oos Namibië, wat hernoem is na die Kavango-Wes 1X put. BW Energy, wat reeds ‘n 20 persent belang in PEL 73 in noordoos Namibië […]
Oud-Zambiese president Lungu sterf op 68 - June 5, 2025
Die voormalige Zambiese president Edgar Lungu is op 68-jarige ouderdom oorlede. Sy party, die Patriotic Front, sê in ‘n verklaring hy het “gespesialiseerde behandeling in Suid-Afrika ontvang” vir ‘n ongespesifiseerde siekte. Lungu het Zambië vanaf 2015 vir ses jaar gelei en die laaste verkiesing met ‘n groot marge teen huidige president Hakainde Hichilema verloor. Hy het […]