Namibië maak plan met digitale veiligheid, KI - June 5, 2025

Nasionale Vergadering-speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibië is besig om wette te ontwikkel om kunsmatige intelligensie en digitale veiligheid te rig. Sy het by die 57ste plenêre vergadering van die SAOG Parlementêre Forum in Victoria Falls, Zimbabwe gepraat. Sy sê hierdie pogings vorm deel van ‘n breër strategie om bestuur te moderniseer en die risiko’s wat […]

Read More

Zim-boere verwag groot tabak-oes - June 5, 2025

Zimbabwiese boere het verlede jaar meer as 240 miljoen kilogram tabak geproduseer, wat meer as 1,4 miljard Amerikaanse dollars in uitvoere verdien het. Die land se tabakbemarkingseisoen het in Maart afgeskop, en belanghebbendes verwag vanjaar groter oeste weens gunstige reënval. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van die land se […]

Read More

Liggame van twee Hamas-slagoffers in Gaza herwin - June 5, 2025

Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê die liggame van twee Israeli-Amerikaners wat in die Hamas aanval op 7 Oktober 2023 dood is, is uit Gaza aan Israel terugbesorg. Hy het hulle geïdentifiseer as Judy Weinstein Haggai en Gad Haggai. Volgens ‘n gesamentlike verklaring deur die weermag en die Shin Bet-veiligheidsagentskap is die liggame tydens […]

Read More

Bulle-Sharks VRK-halfeindstryd amper uitverkoop - June 5, 2025

Die Verenigde Rugby-kampioenskap se halfeindstryde word hierdie naweek gespeel, met alle oë op Loftus Versfeld in Pretoria, waar die Bulls en die Sharks mekaar die stryd gaan aansê. In die ander wedstryd kom Leinster teen Glasgow te staan in die Aviva-stadion in Dublin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willem Strauss, president van die Blou Bulle.

Read More

NIP gaan laboratoriumverbruiksgoedere plaaslik vervaardig - June 5, 2025

Die Namibiese Instituut vir Patologie het ‘n moderne innovasiesentrum vir laboratoriumverbruiksgoedere in Swakopmund bekend gestel. Die NIP Innovation Hub, gerugsteun deur ‘n belegging van 15 miljoen Namibiese dollar vir die jaar tot dusver, sal noodsaaklike laboratoriumverbruiksgoedere vervaardig. Dr. Iyaloo Konstantinus, hoof van navorsing en ontwikkeling by die instituut, het meer.

Read More

Laer brandstofprys sal boere help - June 5, 2025

ʼn Senior FNB-ekonoom, Koketso Mano, sê met die oes van somergewasse in volle swang sal die jongste verlaging van die brandstofprys boere se winsgrens verhoog omdat dit ongeveer 13-persent van graanboere se insetkoste uitmaak. Albei grade petrol kos vyf-sent per liter minder terwyl die dieselprys met 37-sent per liter daal. Mano sê die sitrus-uitvoerseisoen is […]

Read More

Elton John vereer by eerste Global Power Players-geleentheid - June 5, 2025

Bekendes soos Elton John, die EMPIRE-stigter en uitvoerende hoof Ghazi Shami, en die afrobeats-superster Tems, is by Billboard se eerste Global Power Players-geleentheid in Londen vereer. Die geleentheid vier leiers in die musiekbedryf van reg oor die wêreld. John het die Skepperskampioen-toekenning ingepalm, omdat hy hom beywer vir die kreatiewe bedryf, en vra vir regverdige […]

Read More

Ierland kies 11 nuwe spelers teen Portugal, Georgië - June 5, 2025

Rugby: Die skrumskakel van Munster, Craig Casey, is as Ierland se kaptein vir volgende maand se toer na Georgië en Portugal aangewys. Die groep van 32 spelers sluit elf nuwelinge in. Onder hulle is Alex Kendellen, Darragh Murray en Paddy McCarthy. Nadat hulle nie vir die Britse en Ierse Leeus gekies is nie, is Jack […]

Read More

Gesondheid gedagvaar vir N$1,5m oor verlore oog - June 5, 2025

Nog ‘n skadevergoeding saak draai in die hoërhof teen die gesondheidsministerie. Werner Haufiku sê hy was op 9 Oktober 2021 in ‘n motorongeluk betrokke en het die Oshakati-staatshospitaal op 10 Oktober besoek met ‘n erge besering in sy linkeroog. Hy het teruggekeer op 14 Oktober en teen daardie tyd het hy gebruik van sy oog […]

Read More

TLU SA sê ANC gaan voort om eiendomsregte te skend - June 5, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA sê die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunste is niks minder nie as ‘n voortsetting van die sistematiese aanval op privaat eiendomsregte in Suid-Afrika. Die twee wetsontwerpe is deur die ANC by die Parlement ingedien. Bennie van Zyl van die TLU waarsku dat die wetsontwerpe, […]

Read More