Princess Cruises skort dagverlof vir Zim-personeel op, hulle klim af in Kanada - June 5, 2025
Princess Cruises het dagverlof vir al sy Zimbabwiese personeel by Kanadese hawens opgeskort. In ‘n verklaring sê die maatskappy die vlakke van verlating deur die spesifieke groep van sy personeel op sy vaartuie wek kommer. Dit vind net plaas wanneer die skepe aandoen in Kanada en plaas die maatskappy se diens aanboord en sy verhouding […]
VSA veto Gaza-skietstilstand resolusie - June 5, 2025
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad kon nie ʼn resolusie aanvaar vir ʼn onmiddellike en permanente skietstilstand in Gaza nie, omdat Amerika dit geveto het. Die resolusie eis ook die vrylating van alle gyselaars wat Hamas aanhou, en die veilige en ongehinderde verspreiding van humanitêre hulp aan Gaza. Die waarnemende Amerikaanse ambassadeur by die VN, Dorothy […]
Groot bibberweer volgende week op pad - June 5, 2025
Die winter sal oor die naweek sy afwagting begin maak en volgende week sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees. Volgens Van der Merwe is dit ‘n week van binnelandse winter met somer aan die kus […]
Kleinhandel se lae salarisse onder die loep - June 5, 2025
Plaaslike media het onlangs berig oor die swak salarisse van kleinhandelwerkers. Statistieke toon dat 302 210 werknemers in Namibië se arbeidsmag maandeliks minder as 5 000 Namibiese dollar betaal word, terwyl kleinhandelwerkers ‘n maandelikse salaris van ongeveer 1 500 dollar kry. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging.
Veeartseny verskerp maatreëls in NCA - June 5, 2025
Die Veeartsenydiens het dieregesondheidsmaatreëls in die noordelike kommunale gebied verskerp. Dit kom om bek-en-klouseer, longsiekte en knopvelsiekte te beheer. Alle boere wat hulle diere in die suidelike dele van Angola laat wei moet amptenare in kennis stel indien hulle beplan om hulle diere terug te bring sodat toetse uitgevoer kan word en diere ingeënt kan […]
Afskeiding van Zambezi: UDF is verban, en laat Muyongo dan terugkeer - June 5, 2025
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het nie veel kommer oor die eise van die United Democratic Party dat die regering die streek onmiddellik ontruim. Die party, onder leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 ‘n onsuksesvolle poging geloods om die streek van Namibië af te skei. Die party is al in […]
Kenners verras oor reuse planeet wat om pieplein ster wentel - June 5, 2025
Sterrekundiges het ‘n massiewe planeet ontdek wat om ‘n piepklein ster wentel, ‘n bisarre verskynsel wat wetenskaplikes verstom. Die meeste van die sterre in die Melkweg is klein rooi dwerge soos TOI-6894, wat slegs 20-persent van die massa van ons son het. Daar is nie gedink dat sulke klein, swak sterre die toestande kon veroorsaak […]
Plaaslike pluimvee bedryf presteer al hoe beter - June 5, 2025
Namibië se pluimvee bedryf se produksiewaarde het in 2024 1,74 miljard Namibiese dollar bereik, 13 persent meer as die 1,5 miljard dollar wat in 2023 aangeteken is. Die sektor, wat goed groei, is nou die tweede grootste bydraer tot landbou, naas beesvleis, wat 3,2 miljard dollar verlede jaar aangeteken het. Die land is reeds onafhanklik […]
Rampahosa se NGV-appèl is agterdogtig - June 5, 2025
Die VF Plus doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om te verduidelik hoekom hy die Nasionale Gesondheidsversekeringswet kort voor verlede jaar se verkiesing onderteken het. Dit volg na die president appèl by die Konstitusionele Hof oor die Hooggeregshofbeslissing dat hy redes moet verskaf. Philip van Staden van die VF Plus sê Ramaphosa se appèl […]
Tanzanië blok X oor pornografie - June 5, 2025
Tanzanië het toegang tot die sosiale media platform X geblok oor pornografiese inhoud, twee weke nadat regeringsrekenings gekaap is. X het verlede jaar aangekondig hy sal nie meer “konsensueel vervaardigde en verspreide” volwasse inhoud blokkeer nie. Die minister van Inligting in Tanzanië, Jerry Silaa, het aan ‘n plaaslike TV-stasie gesê hierdie is ‘n weerspreking van […]