Trump dien weer lastersaak teen New York Times in - October 18, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weer sy lastersaak van 260-miljard Namibiese dollar teen die New York Times ingedien. Trump het sy langdurige vyandigheid teenoor die media verskerp sedert sy terugkeer na die Withuis en die saak is een van talle aanvalle op nuusorganisasies wat hy van vooroordeel beskuldig. Die klagte is in September uitgegooi […]

Read More

Verstappen voor vir Amerikaanse Grand Prix-snelren - October 18, 2025

Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het McLaren se titelaanspraakmakers, Lando Norris en Oscar Piastri, in die laaste oefenronde geklop om die voorste wegspringplek vir die Amerikaanse Grand Prix-snelwedren later vandag te verseker. Die Nederlander het albei McLaren-jaers in die laaste drie gewone Grands Prix geklop, maar bly 63 punte agter die kampioenskapsvoorloper, Piastri. Met […]

Read More

Meatco belê groot in Kavango-streke - October 18, 2025

Meatco en sy stigting het sedert 2020 meer as 8 miljoen Namibiese dollar in gemeenskapsontwikkeling en werkskeppingsinisiatiewe in die twee Kavango-streke belê, wat sy verbintenis tot inklusiewe groei en volhoubare veeproduksie versterk. Die Meatco-stigting het die geld gekanaliseer na programme wat gefokus is op kapasiteitsbou, markontwikkeling en droogtebestandheid. Die belegging is aangevul deur die skep […]

Read More

SA ongeluk-bus was oorlaai, sonder remme - October 18, 2025

Die vervoerdepartement het sy voorlopige bevindings vrygestel oor dié week se busramp in Limpopo waarin 43 mense dood is. Die bus met 62 sitplekke wat onderweg na Zimbabwe was, was oorlaai met 91 passasiers, en slegs die helfte van sy remme het gewerk terwyl die sleepwa geen werkende remme gehad het nie. Die bestuurder het […]

Read More

Polisie staak soektog na vermiste vierjarige in Aussie Outback - October 18, 2025

Die Australiese polisie het die soektog na ‘n vierjarige seun wat vir amper drie weke in die Outback vermis word, gestaak nadat hulle niks kon vind nie. Gus Lamont is laas gesien toe hy buite sy huis op ‘n afgeleë skaapplaas sowat 300 kilometer van Adelaide af gespeel het. Sy ouma het hom vir ‘n […]

Read More

Djokovic wil soos James, Brady en Ronaldo sy loopbaan verleng - October 18, 2025

Tennis: Die Serwiese veteraan Novak Djokovic beplan geensins om af te tree nie en sê atlete soos LeBron James, Tom Brady en Cristiano Ronaldo inspireer hom om sy loopbaan te verleng. Die 38-jarige het pas in skoon stelle verloor teen die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner van Italië, in die Six Kings Slam in Saoedi-Arabië, en daarna […]

Read More

Telecom knap toerusting op vir beter internetdiens: Theofelus - October 18, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het die Nasionale Vergadering ingelig dat Telecom Namibia begin het om die meeste van sy oudste en oorwerkte toerusting op te knap om netwerkdiens te verbeter. Sy het gereageer op die PDM-parlementslid Diederik Vries, wat kommer uitgespreek het oor konstante diensonderbrekings en lae internetspoed. Sy sê dat Telecom met ‘n mobiele kernopgradering […]

Read More

Siviele dagvaardigings vir skuld daal met 7,4% - October 18, 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die aantal siviele dagvaardings vir skuld het met 7,4-persent in die drie maande tot Augustus gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse het met 8,7-persent gedaal teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar. Onica Mushwana van Statistieke SA sê die data toon dat minder skuldsake verwerk word, maar die finansiële impak […]

Read More

Venezuela ontplooi duisende soldate na grens - October 18, 2025

Venezuela het duisende soldate naby die Colombiaanse grens ontplooi na aanleiding van die Amerikaanse militêre opbou in die Karibiese See. Amerikaanse media berig ook oor ‘n nuwe aanval op ‘n beweerde dwelmsmokkelboot. Die Verenigde State het verskeie militêre vaartuie na die gebied gestuur en die afgelope weke ‘n reeks dodelike aanvalle op bote geloods. Minstens […]

Read More

Vroue-Proteas het een voet in Vrouewêreldbeker-halfeindrondte - October 18, 2025

Krieket: Suid-Afrika het een voet in die halfeindronde van die 2025 Vrouewêreldbeker nadat die openingspaar Laura Wolvaardt en Tazmin Brits gister ‘n sprankelende vertoning gelewer het en mede-gasvroue Sri Lanka met 10 paaltjies in Colombo afgeransel het. Die Proteas het met foutlose spel ‘n hersiene oorwinningsteiken van 121 gemoker, met 31 balle oor van hul […]

Read More