Stad Windhoek, eens die skoonste Afrika-stad, gesels oor omgewingsdag - June 5, 2025
Wêreldomgewingsdag word vandag herdenk, teen die agtergrond van plastiek-besoedeling wat ‘n globale probleem is. Die Stad Windhoek bied ‘n geleentheid aan met ‘n paneel komende van verskeie omgewingsinstellings, wat tersaaklike kwessies sal bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya.
Fishrotters in die hof, soek steeds verskuiwing vanaf Echo - June 5, 2025
Die Fishrot-lot is terug in die hof vandag en sit hulle pogings om uit die algemene bevolking, of te wel, Echo-afdeling van die gevangenis, verskuif te word. Die aansoek vandag is teen die minister van veiligheid en sekuriteit. In die jongste hofdokumente wat deur James Hatuikulipi, saam met vyf ander, ingedien is, beweer hulle dat […]
Omgewingsdag: Rooibosblare moet ook herwin word - June 5, 2025
Rooibos-liefhebbers word op Wêreldomgewingsdag aangemoedig om hulle rooibosteeblare te herwin as deel van pogings om afval te verminder. Die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad sê meer as 3,5-miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink wat ‘n geleentheid bied om gebruikte tee in kompos, natuurlike skropmiddels of mot-afweringsmiddels te omskep. Adele du Toit van die raad sê slegs 10 persent […]
Mosambiek blokkeer die meeste lugrederyfondse - June 5, 2025
Die Internasionale Lugvervoervereniging het bevestig sewe van die top tien lande wat die repatriasie van lugrederyfondse verhinder, is in Afrika, met Mosambiek wat nou die voortou neem. Die direkteur-generaal van IATA, Willie Walsh, sê lugdienste het wêreldwyd met 23 miljard Namibiese dollar in geblokkeerde inkomste te doen, insluitend 3 miljard dollar wat in Mosambiek vasgevang […]
Trump se ‘big, beautiful bill’ sal N$47 triljoen by skuldlas voeg - June 5, 2025
Die Amerikaanse Kongres-begrotingskantoor sê president Donald Trump se Belasting- en Bestedingswetsontwerp sal oor die volgende dekade 42,73 triljoen Namibiese dollar by die federale regering se skuld voeg. Die wetsontwerp wat aansienlike belastingverligting en groter besteding op verdediging bevat, is verlede maand deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur en word tans in die Senaat oorweeg. Die […]
Infrastruktuur by Wagdaar vorder op Swakop - June 5, 2025
Onlangs het die Swakopmund-munisipaliteit amptelik die Wagdaar informele nedersettingsterrein aan Zero Six Five Trading en Mawila Technical Services oorhandig om die infrastruktuurprojek van stapel te stuur. Dit sluit in die voorsiening van munisipale dienste vir Uitbreiding 42 in die nedersetting wat 310 erwe dek. Linda Mupupa, die woordvoerder van die munisipaliteit, het die jongste met […]
Bushiri probeer uitlewering keer - June 5, 2025
Die selfverklaarde profeet, Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary Bushiri, het ʼn hersieningsaansoek by die Malawiese Hooggeregshof ingedien om die uitspraak oor hul uitlewering aan Suid-Afrika te verwerp. Die egpaar het in 2020 na Malawi gevlug nadat hulle hul borgtogvoorwaardes oortree het, wat tot Suid-Afrika se uitleweringsversoek gelei het. Hulle staar talle aanklagte in die […]
Gaza-oorlog is afgryslik – Starmer - June 5, 2025
Die Britse eerste minister Keir Starmer het die oorlog in Gaza beskryf as ‘n afgryslike en ondraaglike situasie. Ten minste 54 381 mense is in Gaza dood sedert Hamas se dodelike aanval in Israel op 7 Oktober 2023 met 4 117 mense wat dood is sedert Israel sy aanvalle in Gaza op 18 Maart vanjaar […]
Bevel wat buitelanders by Harvard beperk, onderteken - June 5, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om buitelandse studentevisas by die Harvard-universiteit te beperk. Die administrasie het verlede maand Harvard verbied om buitelandse studente in te skryf, maar ‘n federale regter het die stap tydelik geblokkeer. Die universiteit se internasionale studente verteenwoordig sowat 27-persent van die totale studentegetalle. Trump sê Harvard […]
Amper 14 000 gevangenes ontvang opleiding - June 5, 2025
Die Namibiese Korrektiewe Diens het sedert 2017 vaardigheidsontwikkeling na vrylating aan byna 14 000 gevangenes verskaf, met die doel om herhaling van oortredings te verminder en herintegrasie te bevorder. Volgens president Netumbo Nandi-Ndwaitwah is die inisiatief deel van breër hervormings om van strafopsluiting na rehabilitasie oor te skakel. Geteikende, bewysgebaseerde rehabilitasieprogramme is geïmplementeer wat die […]