SA staan op randjie van waterkrisis - June 5, 2025

Die direkteur-generaal van die Departement van Water en Sanitasie, Sean Phillips, sê Suid-Afrika staan op die rand van ‘n ernstige waterkrisis, met verouderde infrastruktuur, swak regering en onderbelegging wat kommer wek. Inwoners verduur steeds landwyd droë krane en onbetroubare watertoevoer. Phillips waarsku dat dringende optrede nodig is om ‘n volskaalse krisis te voorkom met die […]

Read More

Viëtnam-polisie arresteer YouTubers oor kritiek van die staat - June 5, 2025

Die polisie in Viëtnam het die stigters van ‘n YouTube-kanaal met twee-miljoen volgelinge in hegtenis geneem vir die beweerde verspreiding van vals inligting oor staatsamptenare. Burgerregte-voorstanders sê die regering in die eenparty-Viëtnam het die afgelope paar jaar die onderdrukking van burgerlike samelewing verskerp en wetgewing ingestel om kritici stil te maak, veral diegene wat plasings […]

Read More

Djokovic verwag taai stryd teen Sinner - June 5, 2025

Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner gaan in die Franse Ope se halfeindronde kragte meet. Die 38-jarige Serwiër het verlede jaar se finalis, Alexander Zverev van Duitsland, verslaan in sy poging om die rekord te verbeter met ʼn 25ste Grand Slam-titel. Sinner het gemaklik afgereken met Alexander Bublik van Kasakstan, en […]

Read More

Okh-inwoners sal betoog teen borg vir dwelmbeskuldigdes  - June 5, 2025

Gemeenskapslede op Okahandja beplan ‘n vreedsame betoging op 23 Junie teen die toestaan van borg aan David van der Linden, Armand Schultz en Johannes Kamati. Die drie sal dan ‘n formele borgaansoek bring. Dit kom na hulle op 30 Mei in die hof verskyn het na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. […]

Read More

Pluimvee-invoere moet heropen word  - June 5, 2025

Die Vereniging van Vleis-In- en -Uitvoerders doen ‘n beroep op die regering om pluimvee-invoere uit lande wat vry van voëlgriep verklaar is, te heropen. Dit sluit Frankryk, Swede, Denemarke en België in. Invoere uit Brasilië bly opgeskort weens ‘n uitbreking in Rio Grande do Sul, maar ‘n gedeeltelike opheffing van die verbod word binnekort verwag. […]

Read More

Trump stel reisverbod op verskeie lande op  - June 5, 2025

Amerika se president Donald Trump het ʼn bevel onderteken wat van 9 Junie af 12 lande se burgers verbied om na Amerika te reis en voer sekerheidsredes aan. Die lande is Afghanistan, Mianmar, Tsjad, die Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Haïti, Iran, Libië, Somalië, Soedan en Jemen. Mense uit sewe lande het gedeeltelike beperkings: Burundi, […]

Read More

Boisson se sprokiesverhaal duur voort  - June 5, 2025

Die Franse sprokiesverhaal vir die 22-jarige wêreldnommer 361 Lois Boisson duur voort nadat sy gister die sesde-gekeurde Mirra Andreeva met 7-6, 6-3 geklop het om die halfeindronde van die Franse Ope te haal. Sy speel vandag teen die tweede-gekeurde Coco Gauff. In die ander halfeindronde kom die topgekeurde Aryna Sabalenka teen die vyfde-gekeurde Iga Swiatek […]

Read More

Klagtes dat hotelpersoneel manlike gaste ‘hustle’  - June 5, 2025

Klagtes het in die openbaar opgeduik oor die personeel van ‘n sekere hotel wat na bewering gaste se privaatheid skend, veral dié van manlike sakelui. Daar word berig gaste word per WhatsApp gekontak vir afsprake of, daar word laataand op hul kamerdeur geklop om te vra of enige dienste benodig word. Daar is egter nie […]

Read More

Goeie nuus oor komende repokoers - June 5, 2025

Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee se repokoers aankondiging sal op 18 Junie gemaak word. In die vorige aankondiging het die komitee die repokoers onveranderd op 6,75 persent gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie gepraat, wat sy voorspelling gee.

Read More

B2Gold verdubbel mielieoes - June 5, 2025

B2Gold Namibia het begin met die oes van mielies op die plaas Erhardshof, geleë langs sy Otjikoto-goudmyn, met die maatskappy wat ‘n opbrengs van byna 2 000 metrieke ton witmielies uit sy besproeiingskema voorspel. Die myn se landbestuurder en direkteur, John Roos, skryf die sukses aan B2Gold se fokus op langtermyn volhoubaarheid. Hy sê hulle […]

Read More