Wêreldomgewingsdag word vandag herdenk, EIF sê oor plastiekheffings - June 5, 2025

Dis vandag Wêreldomgewingsdag onder die tema, Bekamp Plastiekbesoedeling. Die Omgewingsbeleggingsfonds sê dit sluit sterk aan by sy voortgesette pogings om omgewingsagteruitgang wat deur plastiekafval veroorsaak word, te bestry. Die fonds het verskeie inisiatiewe geïmplementeer wat daarop gemik is om plastiekbesoedeling te verminder en omgewingsvolhoubaarheid te versterk. Onder die maatreëls is die heffings op plastieksakke en […]

Read More

A-ha se Morton Harket het Parkinson se siekte - June 5, 2025

A-ha se voorsanger Morten Harket het bevestig hy het Parkinson se siekte. Die 65-jarige het die nuus op die groep se webwerf aangekondig en aanhangers aangespoor om nie oor hom te bekommer nie en eerder hulle energie en moeite gebruik om werklike probleme aan te spreek. Harket sê hy het stemprobleme ondervind as gevolg van die […]

Read More

UDP eis dat regering Zambezi-streek ontruim - June 5, 2025

Die United Democratic Party, UDP, eis weereens dat die regering die Zambezi-streek onmiddellik ontruim. Die streek is voorheen die Caprivi-strook genoem. Die UDP, onder die leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 ‘n onsuksesvolle poging geloods om die Zambezi-streek van Namibië af te skei. The Namibian berig dat UDP-lede in ‘n vreedsame betoging […]

Read More

AgriSA eis eie voedselsekerheidindeks - June 5, 2025

Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotze, sê Suid-Afrika benodig ‘n voedselsekerheidsindeks wat die werklike situasie intyds aandui. Voedselsekerheid word gedefinieer as ‘n toestand wat bestaan wanneer alle mense te alle tye fisiese en ekonomiese toegang tot voldoende, veilige en voedsame voedsel het om aan hul dieetbehoeftes en voedselvoorkeure vir ‘n aktiewe lewe te voldoen. […]

Read More

Vier miljoen ontheem in Soedan - June 5, 2025

Die VN-vlugtelingagentskap sê meer as 4 miljoen vlugtelinge het sedert die begin van die burgeroorlog in 2023 uit Soedan gevlug, en bygevoeg dat baie oorlewendes, weens befondsingstekorte nie voldoende skuiling het nie. ‘n Woordvoerder, Eujin Byun, het tydens ‘n mediakonferensie in Genève gesê die situasie is ‘n verwoestende mylpaal wat tans die wêreld se mees […]

Read More

Stormloop in Indië na IPL-oorwinning dood 11 - June 5, 2025

Elf mense is dood en tientalle beseer in ‘n stormloop buite ‘n krieketstadion in Bengaluru, wat ‘n oorwinningsparade aangebied het om die tuisspan se Indiese Premierliga-oorwinning te vier. Tienduisende mense het Woensdag die strate ingevaar om die Royal Challengers Bengaluru, wat die Punjab Kings in die IPL-eindstryd geklop het, te verwelkom. Die hoofminister van Karnataka, […]

Read More

Korrektiewe Diens geprys vir akkerbou-prestasies - June 4, 2025

Die Namibië Korrektiewe Diens het ‘n uitpasseer-parade vir 270 rekrute wat hul nege maande basiese opleiding voltooi het, by die Lucius Sumbwanyambe Mahoto Korrektiewe Diens Opleidingskollege in Omaruru gehou. Eerste minister Elijah Ngurare het ‘n toespraak van president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelees, en die diens geprys vir sy akkerbou-pogings wat nie net gevangenes nie, maar ook gemeenskappe […]

Read More

Saftu verwerp viering van 0,1% BBP-groei - June 4, 2025

Die vakbondfederasie Saftu sê hy verwerp die regering se oppervlakkige viering van die 0,1-persent groei in bruto binnelandse produk in vanjaar se eerste kwartaal. Hy sê die sogenaamde groei is nie insluitend of hervormend nie. Saftu-woordvoerder Newton Masuku sê fiskale, monetêre en handelsbeleid sal radikaal verander moet word om groeivlakke te haal wat genoeg is […]

Read More

Sentrale bank skets hoogtepunte, ekonomiese uitdagings - June 4, 2025

Die Bank van Namibië het sy jaarlikse diplomatieke betrekking gehou met hoofde van sendings en multilaterale instellings in die land. Die geleentheid het vanoggend plaasgeving teen die agtergrond van voortslepende onsekerheid in die mark. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab het die afgevaardigdes toegespreek en Josefina Oskar, die bank se woordvoerder het die hoofpunte van […]

Read More

Span Namibië kraai koning by swemkampioenskap in Angola - June 4, 2025

‘n Namibiese span van vyf swemmers het uiters goed presteer by Angola se 50ste Onafhanklikheidsviering Swemkampioenskap in Luanda. Die Namibiese Watersport-federasie se span het deelgeneem teen vyf ander nasionale- en klubspanne by die driedaagse gala. Die Namibiërs het as die beste span uit die stryd getree, met 22 goue medaljes, 10 silwer en vyf brons, […]

Read More